Author Topic: Ek is beswaard  (Read 19674 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ek is beswaard
« on: June 05, 2012, 08:40:06 AM »
So pas agtergekom vandat ek nie meer betrokke by die ou woordeboek is, het iemand die samestelling gaan verander. By die woorde wat ons gaan bewaar het, was dit vir my altyd belangrik om die persone erkenning te gee by wie ek geoes het .... daar is nou kale plasings. Sonder enige verwysing wie die skepper van die woorde was. Behalwe waar ek die persoon se naam deel van die plasing gemaak het is daar niks. Dit lyk of ek net woorde geplaas het onder my eie naam  en skielik voel 007 regtig soos 'n woorddief  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #1 on: June 05, 2012, 08:48:31 AM »
Dit lyk my iemand is besig om ons te besteel.  Jammer, daar is nie 'n ander mooier woord wat ek kan gebruik nie. 
Raaitjie, ons kan daardie werk in ons eie woordeboek plaas met die regte verwysings.  Dit sal die regte woorddief kortwiek. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #2 on: June 05, 2012, 08:50:24 AM »
PM ek kan nie onthou by wie ek die woord almal gekry het nie. Op FB is daar nou 'n man wat woorde bymekaar maak en Willa het my genooi om te gaan loer. Van die woorde wat ek bewaar het, het daar opgeduik en toe ek wou gaan loer wie sin was dit sou ek agterkom dit lyk of ek niemand erkenning gegee het nie!! Maatjie my hart is seer seer seer!!!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #3 on: June 05, 2012, 08:53:22 AM »
PM watter bydraes daar wil jy graag vir die nuwe boekie gebruik? Ek gaan more DV sodra Meisiekind vir kleinding kom haal het met 'n spoed ons goed wat ek met toestemming bewaar het, gaan 'haal'. Daar is jare se werk in daardie woordskuur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #4 on: June 05, 2012, 09:00:52 AM »
Man, ek gooi sommer al my speelgoed uit die kot uit!  Wie is hy en waar kry ek hom in die hande?  Hy kan nie sommer net kom gryp sonder om erkenning te gee nie!

Op hierdie stadium het ek nog nie 'n idee wat alles in die nuwe boek sal verskyn nie.  As jy 'n tydjie het kan jy dit wat jy voorstel in die konstruksiewerf plaas.  Van daar sal ons dan kies en ek belowe, hierdie keer  bly alles daar.  Sodra ek iets in die boek geplaas het sal ek net 'n slotjie daaraan sit. 
Intussen het die ouens nog kans om voorbeelde te skryf. 

 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #5 on: June 05, 2012, 09:04:28 AM »
Ek bedoel eintlik wat wil jy in die nuwe woordeboek laat opneem vanuit ons ou bydrae  :icon_bigsmurf: skiesie ek is so beswaard ek dink skoon  :color: bewolk
« Last Edit: June 05, 2012, 09:14:00 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #6 on: June 05, 2012, 09:16:47 AM »
Jy het carte blanche!  Alles wat jy daar wil hê.  Ek weet hoe hard het jy daaraan gewerk en dit sal 'n skande wees as elke ou net kom oes en wegdra sonder erkenning.  Wat is dit met die "mensdom"?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #7 on: June 05, 2012, 09:34:51 AM »
Die ouens wat hulle woorde aangedra het vir Eddie Davey op FB het ook  bygedra toe ons nog met die woordmandjie aan't oeste was. So dit is hulle eie woorde, ek was net nuuskierig om te sien presies wie dit was, want ek het dadelik van die woorde herken. Nogals daar 'n paar raakgelees wat ek nog nie voorheen teegekom het nie, en dit geniet. My van vooraf weer lus gemaak om te begin woeker met ons nuwe woordeboekie!!

PM ek vermoed Willem en sy span het die woordeboek se formaat verander. Dit is net vir my 'n teer saak dat hulle nie die persone se name gehou het nie. Daar is nie 'n manier wat ek al die goedgunstiglike 'skenkers' gaan onthou nie en nou is daar geen manier waarop ek die ouens se woorde kan beskerm as iemand dit vanuit die ou boek van woorde gaan haal nie! Gelukkig by die ander afdelings het ek die bydraes so bewoord dat die skrywers se name deel is van die plasings. So so so dankbaar vir dit hoor!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #8 on: June 05, 2012, 09:55:30 AM »
Dit is tog so jammer Raaitjie.  Hannes sê altyd, as iets werk, moenie daaraan peuter nie.  Ten minste weet ons dit is eiegoed en kan soveel moontlik weer terug plaas in hul oorspronklike vorm.  Baie dankie vir jou grootste liefde vir ons mooiste taal. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is beswaard
« Reply #9 on: June 05, 2012, 10:15:28 AM »
Ek het ook die siel se faceboek gesien en iemand het sommer namens my my naam daarby aangesluit. Dit gaan mos oral in die lewe so, iemand doen iets goed en dan spring almal op die orkeswa en speel hul eie deuntjie tot die goed later so afgewater is dan dit opgooilekker is om daarna te kyk.
Ek hoop die mense se anusse begin jeuk en hulle vingernaels verander is vishoeke.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #10 on: June 05, 2012, 11:16:07 AM »
ek vra nederig om verskoning, Naas, dit was ek wat jou by Eddie Davey se nuwe blad om woorde bymekaar te maak, ge'link' het. jammer daaroor. jy kan jouself weer daar kanselleer as jy wil.

mense, Eddie Davey het nie geweet van Woes se woordskuur nie en was nie van plan om alles daar te gryp nie. hy het Sondag uit sy eie die blad op FB begin omdat daar baie woorde en se'goed is wat hy wil bewaar. so het Willa daarop afgekom en ons ander ge'link'. hy het sy idee uitgespel en raad gevra en so het Willa hom van Meraai vertel. die eerste woorde wat hy gelaai het, het hy nogal die name by wie hy dit gaan uithaal het, bygevoeg.

http://www.facebook.com/groups/450415161637979/

Eddie Davey
Voeg by soos julle wil WOord/SInsnede/ Jou Naam . Veduideliking indien nodig. Sê aj jy dalk vwil help om ;n Adminstrateer/Bibliotkearis wil word - ek is no te stupid met die IT tegnologie en sal hulp BAIE WAARDEER. ♪♪♪
Like · · Unfollow post · Sunday at 17:36
« Last Edit: June 05, 2012, 11:17:46 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #11 on: June 05, 2012, 11:22:09 AM »
PM ek vermoed Willem en sy span het die woordeboek se formaat verander. Dit is net vir my 'n teer saak dat hulle nie die persone se name gehou het nie.

dit moes ure se werk gevat het om al daai name te verwyder... dinges, nog 'n punt teen Willem en sy span, ek kan nie glo hulle is so kortsigtig nie...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is beswaard
« Reply #12 on: June 05, 2012, 11:40:03 AM »
Dis in die haak Adele. Ek is in die laaste tyd bietjie kort van draad oor al die ouens wat met Afrikaans so mors. Ek se nie Davey mors nie maar ons Afrikaners het 'n leuse gehad van "eendragt maakt magt" Op die oomblik is dit asof elke ou sy eie ding wil doen met die taal en intussen raak ons net kwaad vir mekaar omdat ons so twee-rigting-donkie trek.
Plaas daarvan dat ons probeer saamstaan en 'n pragtige Afrikaanse tuiste skep. Maar nouja... die paradys is nie meer op aarde nie en in die vloek van adam sal ons mekaar mos nooit weer onder Babel se toring verstaan nie.

Ons is en bly maar die kinders van Moermekaar...



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #13 on: June 05, 2012, 11:50:50 AM »
is mos reg so, niks kwaad hierdie kant nie.
ek wou net verduidelik dat Eddie Davey sy idee uit, soos hy dit seker gesien het, geloods het omdat hy geensins geweet het van ons en woes nie. en daar is alreeds soveel gesegdes net uit daardie fb-skryfwerwe wat verlore gaan, wat hy wou 'red'

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #14 on: June 05, 2012, 02:41:29 PM »
Ons kan mos vir Eddy hierheen nooi.  Dalk sal hy belangstel in ons forum.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #15 on: June 05, 2012, 03:06:21 PM »
ek het aan hom 'n link gegee ... sal hom kans gee en hom dan amptelik nooi

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #16 on: June 05, 2012, 04:18:37 PM »
O SOPBONE! ... ek het Raaitjie en Adele en PM (Petra Smit) in die groep ingetrek en gese dis jammer ek het nie Naas in my Facebook kring nie ...

ek het gedink Eddie Davey het die groep opreg begin .. en ek het dadelik gedink hy kan met julle hulp doen ... maar woordesteel ... oi oi oi hoe het dit gebeur!

Ek sien ook ander goed behalwe woorde pop daar op ... nooi Eddie hierheen - hy dig ook baie mooi ... en dalk kan die groepie dan liefs toe gemaak word en hy hier help skep by skep nuwe woorde en al ons skeppings mooi in die Woordeboek geplaas word deur Raaitjie wat reeds so hard daaraan werk.

skiesie julle - ek het regtig gedink dis nou 'n goeie groep met 'n goeie ding ...

ek wil nooit niks doen om hierdie forumfamilie seer te maak of skade te berokken nie .. skiesie julle!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #17 on: June 05, 2012, 04:56:32 PM »
Ag nee matertjie, ons het dit nie sleg bedoel nie.  Eddy hoef ook nie sy groepie toe te maak nie, ons kan mekaar net aanvul. 
Jy weet nê, Afrikaners het nou juis die motto van "Eendrag maak mag" soos wat Naas sê, maar van die Voortrekkers se tyd af trek elkeen maar in sy eie rigting.  Elkeen wil haankraai op sy eie mishoop.
Hier op ons forum is ons 'n span en ons werk saam. Ek sou graag wou sien dat elkeen wat 'n bydrae het om te maak, dit ook hier doen.  Elkeen behou tog kopiereg op sy werk en kan dit in soveel bronne plaas as wat hy/sy wil.  Hoe meer blootstelling ons kry hoe beter. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #18 on: June 05, 2012, 05:28:37 PM »
 :icon_biggrin:  ons is maar dwars ja ...

maar ek verstaan nie hoe woorde gesteel is nie ..  dis vir my hartseer .. en as Woes die erkening weg geneem het - shame on them!!

As Raaitjie die woorde hier plaas kan ons dalk probeer help onthou wie die outeur was

ek weet julle bedoel dit nie sleg nie PM ... maar my hart is ook seer as woorde net so gevat word en erkening nie gegee word en nou lyk dit of van die erkening erase is ...

jy en Raaitjie het darem hard gewerk aan die nuwe woorde opraap en gaan bere ...  :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #19 on: June 05, 2012, 11:45:26 PM »
Willa mater, Eddie het niks te doen met die name wat afgehaal is by die woorde afdeling nie hoor. Enige iemand mag woorde bewaar en dit is kosbaar!! Hy het ook 'n passie waarmee hy dit aanpak, sien maar as daar woorde opduik wat sy hart steel is dit ook reguit na sy lysie toe  :toothy4:

Ek het plasings gesien daar wat ek weet ons ook al gaan bewaar het en was nuuskierig om te sien of dit dieselfde persone was wat dit vir ons ou boekie van woorde geleen het. Dit is hulle eie woorde en kan dit laat opneem waar hulle ook al voel.  Pure agiegeit wat my terug boekie toe gestuur het, en dit is toe ek agterkom maar daar is nie meer name by die woorde vir erkenning nie  :crybaby2:

Vir my kom ons forum en dit wat ons hier wil bewaar eerste, maar ek is SOOOO dankbaar vir elkeen wat nuwe woorde wil skep en bewaar, en ons gesegdes is kosbaar. Is inteendeel baie opgewonde vir Eddie se part en sal graag wil help waar ek kan om ons wonderlike taal op soveel moontlike plekke te 'bewaar'.

« Last Edit: June 05, 2012, 11:47:53 PM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #20 on: June 06, 2012, 09:47:49 AM »
Adele die name in die woordeboek wat nie meer beskikbaar is by die alfabetiese volgorde nie, het verdwyn weens die feit dat die uiteensetting van die woordeboek se formaat verander is sonder dat ek daarvan bewus was. Daar was spesiale plekke waar ek altyd 'n lyntjie geplaas het met erkenning aan die skrywers vir die leen van die woord. Nou lyk dit so:

Tuis » Woordeboek » A

Aardsplooie
Posted Mei 12th, 2008 by Meraai vannie baai

Aardsplooie - beskrywende woord vir heuwels.

*Juffrou Gawie vra my vandag wat gaan aan op die woesforum? Gaan loer ek, daar is soveel bollie geplaas by die woordbou afdelings, my mond het oopgehang! Die woordeboek en forum is oorval met Engelse advertensies as kommentaar nogals so ewe.  Ek kry skaam om enige iemand soontoe te verwys. Ons trots het 'n vuilgoedblik geword vir 'fake' advertensies.

« Last Edit: June 06, 2012, 09:51:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #21 on: June 06, 2012, 11:43:02 AM »
Raaitjie, ek het min toegang gehad in Bossanna, maar het tog 'n klomp van die gemors verwyder.
Aan die begin van die week het ek weer daar gaan skoonmaak.  Ek gaan sommer nou gou daarheen hol om te gaan skoonmaak.  Dit is die sisteem wat sommer enige tor daar toelaat.  Ongelukkig gaan dit daar om getalle en nie mense nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #22 on: June 06, 2012, 12:44:06 PM »
maar moet ek nou be... dag wees!!  Hulle kan mos nie net elke janrap en sy maat toe laat om op die woordeboek te werk nie ... dankie tog PM jy kan gaan skoonmaak ... maar dalk moet hulle daarna kyk ... ek verstaan die woes forum is nou helemal stil ... ek was twee drie jaar laas daar ... met Theo se geboorte en die eerste 2 en half jaar was rof ... en toe tyd weer vriendelik word het ek hier kom kuier ... en kan nie daar ook kuier nie .. dis vir my hartseer ...

ons moet asb ons forumfamilie op pas ... moenie dat dit 'n woeste woespad stap nie  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #23 on: June 06, 2012, 01:27:15 PM »
Ek stem saam Willa, ons familie hier is kosbaar. Ek voel vanaand minder beswaard  :toothy4: soos jy gesien het, op 'n klomp van ons bydraes afgekom by die ou forum waar ons heerlik gekuier het rondom die skep van woorde. Sommer ook al die kompetisie woorde ook bewaar. Sal weer moet gaan bedel vir toestemming by sommiges  :icon_bigsmurf:

PM duisend dankies dat jy nog steeds betrokke is daar  :notworthy: Ten minste weet ons dat daar nog waaksame ogie gehou sal word die tye wat jy in die beskawing is. Daar is 'n skatkis van woorde/gesegdes. My hart bons nog steeds (so lekker weer deur ons geskerts gegaan met die her-oes van ons skeppings daar  :love7:
« Last Edit: June 06, 2012, 05:56:14 PM by PM »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #24 on: June 06, 2012, 05:17:56 PM »
Dit is die sisteem wat sommer enige tor daar toelaat.  Ongelukkig gaan dit daar om getalle en nie mense nie. 

geld! mens kan nie mammon saam met enige iets anders dien nie. Willem het 'n wonderlike idee begin deur Afrikaans en Afr skrywers blootstelling te gee waar daar 'n paar jaar gelede glad nie iets was nie, maar hy het goed geweet sy paadjie bank toe gaan met goud geplavei word, en nou maak die skrywers en taal glad nie meer vir hom saak nie. as hy nog maar kieskeurig was wat die adverteerders betref het, maar toe die muntstukke note word....

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #25 on: June 06, 2012, 06:11:58 PM »
Dit is jammer dat geld altyd op die voorgrond is. Ek hoor dat die nuwe digkompetisie nie ver agter die vorige een was, wat ontevredenheid aanbetref nie.  Het iemand dalk 'n bietjie meer inligting?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #26 on: June 06, 2012, 06:21:34 PM »
Geld maak nie alles reg wat krom is nie - dit maak dit wat reg is heel stom .... hartseer!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #27 on: June 06, 2012, 06:34:28 PM »
ek het van lede op FB gehoor dat van die wenners weereens nie gereelde lede van woes is nie, sommige het geen plasing daar gehad nie, weet nie hoe waar dit is nie want ek het hulle nie gaan opsoek nie.

 :grommit: 
« Last Edit: June 06, 2012, 06:36:37 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #28 on: June 06, 2012, 07:02:38 PM »
verlede jaar se weners was ook onbekend .... die kompetisie is wel oop vir almal of jy woes lid is al dan nie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek is beswaard
« Reply #29 on: June 06, 2012, 10:01:26 PM »
As jy oor die woeskompetisies dink is dit 'n geval van dejavue (spelling)?  Dieselle ou storie oor en oor. Die girl wat 'n wengedig het, het haarself Maartmaand geban. Ek het nogal heel teen my aard, 'n bitsige koebaai by die skrywe gelos. Later het my gewete gepla en het ek amptelik om verskoning gaan vra. Gaan kyk - haar kommentaar is nog daar. Die skrywe van haar kant af is egter verwyder en nou kraai g'n haan daarna nie.

Vonnie het ons almal so aangepor en gemotiveer om tog deel te neem. Na rede wou sy nie luister as ons haar gewaarsku het nie. Na die kompetisie het sy duidelik haar misnoeë uitgespreek. Sy is oor die vingers getik en toe begin sy die wenbydraers "interview". Iets moes egter weer gebeur het, want gister kry ons 'n e-pos van haar. Gelukkig lees ek dit toe gou met my foon - weer 'n ongerymdheid en ongelukkigheid op die lappe gebring. Sy skryf nogals dat die betrokke skrywe haar seker van woes sal laat verdwyn en so by my kool! Gisteraand is Vonnie weg soos krismis se wyn.

Ek het myself van woesforum verwyder vanmiddag en al my skrywes van Woes. Ek weet dis nog op hul databasis, maar ek gaan dit 'n rukkie so los. Ek voel myself egter nie meer deel van woes nie en ek twyfel of enige woesfunksie vir Gawelina weer sal sien.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek is beswaard
« Reply #30 on: June 07, 2012, 05:26:48 AM »
Vonnie is weer terug by Woes - sy het my in die week 'n friend request gestuur - maar ek is ook glad nei meer betrokke by die forum nie - weer meer 3 jaar nou ... deel net nog van my gedigte by my profiel en inbox gepsrekke met van my maats daar ...

dis jammer .. Woes het so verander ....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #31 on: June 07, 2012, 05:59:55 AM »
 :glasses9:  :angel12:
And I couldn't care less.
'n Seder gaan nog val in Waterkloof.
« Last Edit: June 07, 2012, 06:48:14 AM by Angelica »
elle

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Ek is beswaard
« Reply #32 on: June 07, 2012, 06:19:02 AM »
Ek wens daai seder wil nou val en klaarkry.  Ek verpes so 'n wipplank besigheid.  Die dat ek nêrens meer kom nie.  Dis uitputtend om heeltyd te moet koes.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #33 on: June 07, 2012, 06:24:24 AM »
En elke keer wonder ek of die borge dan nie hul huiswerk doen nie.
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek is beswaard
« Reply #34 on: July 19, 2012, 10:09:23 AM »
Nou ja ek wil ook net 'n vraag vra.

Mag hulle ander se werk/woorde neem? Dis mos teen die kopie reg wet? of het ek nou die kat aan die stert beet!

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #35 on: July 20, 2012, 07:57:03 AM »
Toe ek by Woes aangesluit het was dit duidelik dat elke skrywer kopiereg op sy werk behou.  As dit intussen verander het en ons het nie toestemming skriftelik gegee nie, is dit onwettig. 
Dit geld ook vir bydraes wat in die woordeboek geplaas is. 
Ek is 'n voorstaander vir "opleiding" en as my werk daarvoor gebruik word, gee ek nie om nie.  Tog sou ek meer daarvan gehou het as iemand net my toestemming gevra het.  Seker net omdat ek ook belangrik wou voel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek is beswaard
« Reply #36 on: July 20, 2012, 09:47:51 AM »
 :notworthy: Ons kan ons sterre dank vir onse forummoedertjie wat die woordeboek 'n hele ruk gelede begin verpak het in rugstutvorm en vir my aangestuur het. Sonder dit was baie baie jare se liefdevolle oes en bewaar tot niet in 'n oomblik  :crybaby2: Nou is die groot taak om dit waarmee julle my vertrou het, weer terug te kry op die uitstalrakke in ons splinternuwe woordskuur. Maandag DV wil ek met dit begin.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #37 on: August 05, 2012, 10:18:57 AM »
So tussen die swem deur en die oorskakel na 'n nuwe rekenaar het ek 'n paar plasings gemis.  Nou kom ek hier en ek sien jy was hier en ek was weg.   :icon_biggrin:
Ons sal rustig vir jou wag Raaitjie.  Mag jy gou gesond word en weer die woordmandjie opneem.  Jou aandeel aan die woordskuur is magtig en ons kan dit net nie sonder jou doen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #38 on: September 08, 2013, 07:17:29 AM »
Terwyl ek kyk hoeveel gaste ons het vanoggend sien ek iemand lees hier en my nuuskierigheid het die oorhand gekry. 
Dit was heerlike dae, daardie dae toe ons so saam in die abc-sandput gespeel het.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is beswaard
« Reply #39 on: November 13, 2015, 01:00:54 AM »
En hier lees ek ook weer oor een van ons gaste se skouers en verlang arig na die goeie ou dae  :crybaby2: Genadiglik kon ek darem dit wat ons weer wou bewaar in die nuwe skuur, gaan uitstal. Jare se oeste is onnadenkend verwoes deur woes...

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #40 on: November 13, 2015, 07:41:14 AM »
ek het ook hierdie week weer daarna verlang en die verliese van wonderlike woorde betreur ... MAAR sowaar, ek weet nie waaroor ek die kwaadste is nie, die hele verlore 'woordeboek' of die manier waarop die woes-mense geen respek vir Afrikaans getoon het daardeur nie, maar so opgee dat hulle sooo lief is en omgee vir ons mooi taal.
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is beswaard
« Reply #41 on: November 13, 2015, 11:29:59 AM »
Ja wat. By woes het dit (gaan dit nog steeds) net oor geld. Mense sal enigiets doen en se om geld te maak.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is beswaard
« Reply #42 on: November 13, 2015, 05:18:36 PM »
Mag mense nooit dieselfde van ons forum sê nie.  Hier gaan dit regtig net oor die liefde vir die taal.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek is beswaard
« Reply #43 on: November 13, 2015, 08:04:03 PM »
ek is seker hulle sal nie tuis voel hier nie, lief Petra ... hier is te veel omgee tussen almal wat hier woordvroetel.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is beswaard
« Reply #44 on: November 14, 2015, 08:15:53 AM »
Stem saam matertjie. Geen geld of roem ter sprake.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is beswaard
« Reply #45 on: November 15, 2015, 06:21:00 AM »
Ja nee wragtag, hier loop die liefde op krukke om nie die omgee raak te trap nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is beswaard
« Reply #46 on: November 15, 2015, 01:21:25 PM »
Steel jy my hele menswees met jou woorde Naas  :toothy4: :love7:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Ek is beswaard
« Reply #47 on: November 17, 2015, 10:08:21 AM »
Sjoe. Nou is ek eintlik geskok. Nee nee hulle mag dit nie doen nie. Hulle noem dit plagiaat. En daar is 'n skrywersvereniging by wie julle kan gaan kla daaroor. Ek is net nie op hoogte van sake presies waar en hoe dit gedoen word nie.