Author Topic: PM gaan Durban-area toe  (Read 11508 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM gaan Durban-area toe
« on: June 03, 2012, 08:48:01 AM »
Nou gaan ek gou die laaste goedjies pak en dan vertrek ons.  Vanaand slaap ons in die Drakensberge en more gaan ons Amanzimtoti (annemansetotti) toe.  Die projek sal plus minus drie weke duur.
Gelukkig is ons nie daar in die boendoes nie en ek sal so gou doenlik aanmeld vir "saamspeel".
 :love7:
 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #1 on: June 03, 2012, 02:36:23 PM »
geniet die oorslaap in die Dragensberge - baie van my spore en sweat le teen daardie berge en kranse ...  :love7:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #2 on: June 03, 2012, 03:05:43 PM »
geniet die oorslaap in die Dragensberge - baie van my spore en sweat le teen daardie berge en kranse ...  :love7:





is dit toe jy saam met die voortrekkers in 1838 daar oor die berge getrek het?

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #3 on: June 03, 2012, 04:32:28 PM »
nee -darem nie so lank terug nie - in die 80's toe ek as jeugleier die jonger jeug daar begelei het saam die dominee  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #4 on: June 04, 2012, 09:12:46 AM »
Verkrukkel ek my oor jou weergawe van die gewilde strand PM hehehehe. Geniet mater. Diekant sal ek sodra daar kansies is tussen alles deur loer wat vang julle aan  :love7:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #5 on: June 04, 2012, 07:28:52 PM »
PM, julle het verkeerde kant toe gery. Draai om, julle ry nou weg van die Kaap af.    :icon_scratch:


 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #6 on: June 05, 2012, 07:54:06 AM »
Jy is reg Trappies, my hart staan altyd Kaap toe, na my matertjies toe!  Hier is dit bedags net ek en ek alleen sonder die vooruitsig van 'n kuiertjie. 

Ons het toe by Little Switserland oorgeslaap.  'n Baie oulike eenheid met die mooiste uitsig oor die berge, vir R500.00 vir die nag.  Toe ons daar aanland seg die ou vir Hannes dit is R900.00 vir die aand.  Hy sê toe dit is te duur, toe bring die ou sommer die prys af.

Soos julle kon sien het ek nie opvangs by ons kamer hier waar ons bly nie.  Ek moet hier by die restaurant kom sit as ek wil gesels.  Dit beteken die son sit al hoog voordat ek toegang het.  Wie sou nou kon droom dat hier nie selfoonopvangs of internettoegang is sonder Wi Fi nie.  Mensig!  :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #7 on: June 05, 2012, 05:35:26 PM »
Mens besef net weereens hoe bevoorreg ons is met ons 24 uur toegang tot goeie bandwydte ...

daar kom darem binnekort nog meer kabels onder die waters deur ... meer servers tot ons beskiking en hopenlik sal telkom ook wakker skud en die landelike kables op datum bring

Hulle wou julle net gou gaan op warm in Durban, sodat julle heerlik warm hier aankom vir die winter ... anders gaan hulle warm wees as ek hulle klaar geklap het .. hulle is nou die besluitnemers oor waar Hannes se volgende projek is .... :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #8 on: June 06, 2012, 11:27:00 AM »
Daars dit nou!  Ek het klaar ingepak, oor gery en weer afgepak en uitgepak. 
Die plekkie waar ons nou is, is Sea Spray.  www.wheretostay.co.za/seaspray  as julle vir my wil kom kuier by High Tide, in Winklespruit.   :icon_biggrin: Die borde seg duidelik: Winklespruit. 
Die kamer is ruimer as die vorige plekkie en die see is nader.  Ek moet liewer sê ons is nader aan die see, want Dolphin Point lê heelwat hoër as Sea Spray. 
Dit was mos volmaan en daar by Dophin Point het die maanligbaan op ons voorstoep begin, waarmee jy oor die see tot by die maan kon opklim.  Dit was pragtig.  Dit was springgety en die branders het woes geraas teen die rotse.  Asemrowend!
Ons wag nog vir die transformator.   :sign10:  Vrystaat sê ons "papierwerk" is nie reg nie.  Hulle wil nie die trok laat ry nie.  Julle weet mos, die groen note moet in die "boekie" wees, anders is die papierwerk nie reg nie.  Die vorige transformator weeg ook net 83 ton, dit is deur sonder probleme.  Ons sal maar wag.  Daar is mos altyd iets in die drinkwater wat 'n twee weke program na 'n maand toe laat luier. 

Wils, in my wildste drome het ek nie gedink, ons sal nie hier in die middel van die "grand", met 'n Vodacomtoring, slegs 'n kilometer van die gastehuis af, geen opvangs hê nie.  Die Wi Fi was so swak dat ek etlike minute moes sit en wag vir die forum om oop te maak.  "Post" jy jou bydrae, dan wag jy vir 'n ewigheid sodat dit kan deurgaan. 
Hier lyk dit vir my nou sommer baie beter en Hannes bel daai "fountjie" van hom witwarm.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #9 on: June 06, 2012, 12:34:17 PM »
daai maan beskrywing het my in vervoering ...

omskep dit in 'n gedig of skets ...  :angel12:

ek hoop daai foontjie is warm oor die kaap toe kom ook  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #10 on: June 06, 2012, 01:47:33 PM »
PLek geboek vir daardie 'omskrywing' van die maan  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #11 on: June 06, 2012, 06:27:51 PM »
Dit was maar net die pragtige silwerbaan wat reg maanwaarts gekeer het wat my in vervoering gehad het.
Nou hier, vanaand, het die wolke my 'n slinkse streep getrek.  Dit reën ou meide met knopkieries en daar is nie 'n teken van die maan nie.
Ons het 'n pragtige vertrek bo-op ons kamer.  20 Trappies neem ons daarheen.  Dit is toegemaak met glaspanele wat ons beskerm teen die wind en weer, maar dit het 'n sinkdak!
Ons sit juis nou hier en luister na die oorverdowende lawaai wat die reën op die dak dans.  Hannes lag spottender gewys oor die "kiekienemers" wat tog net 'n foto van ons probeer kry!   :icon_biggrin:
Die weerlig trek strepe deur die hemelruim en virlig die omgewing. 
Nou het alles stil geraak en ons kan weer die see hoor bruis.  Die lug het in so 'n mate afgekoel dat ons nou elkeen gaan soek vir 'n baatjie.  Mag more se son vriendelik oor ons almal skyn! Mag die wind sy pad vind na nuwe wyvelde!  Wie sou nou kon klo dat die Kaapse wind ons gevolg het tot hier, in Kwa Zulu Natal! Ongehoord!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #12 on: June 06, 2012, 06:31:35 PM »
Ek bid ook vir helder sonskyn dag tyd want die reendrepressie hang swaar oor my kop - 'n donker mistige wolkie ....

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #13 on: June 06, 2012, 06:33:42 PM »
Mwah... jou mooi ding.
Ek verlang nou na Balkon 12.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #14 on: June 06, 2012, 06:48:39 PM »
O nee my lief Willa, ek geniet die reën, ek hou net niks van die wind nie.  'n Heerlike briesie kan werk as die son warm brand, maar ek en wind is nie regtig maats nie.  Dit is hoekom Hannes in die Kaap wil bly, maar ek wil nie in die wind wees nie.  Jy kon sien vandag hoe hy in sy element was toe die wind sy hare in alle rigtings gewaai het.   :icon_biggrin:
Skielik is ons stilte weer onderbreek met 'n harde sarsie reën.  Ek lag my stukkend, want ek het al die tyd gesê, ek kan nie hier in die oopte bly nie, sê nou dit reën?  Almal het my verseker dat dit nie gaan reën nie, maar ek sê steeds, jy stry nie met 'n "siener" nie en kort-kort kyk ek vir Hannes en sê: "Moenie komkommer  nie hoor, dit reën nie, dit stort!" :icon_biggrin:
Ek kan sien dat dit hier in Kwa Zulu bitter droog is.  Jy sê tereg dat die aarde water nodig het om te oorleef!  Dit is tyd!  Die reën is welkom!  Dit is segeninge van Bo! Drink en wees vrolik!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #15 on: June 06, 2012, 06:52:27 PM »
Engeltjie, ek sou nou wat wou gee om jou hier te hê.  Dit is nou nie balkon 12 nie, maar nooi, dit is baie mooi en jy sou jouself gate uit geniet het hier op die strand.  Dit is nou ook 'n plek waar ek saam met jou sou gaan stap het.  Wat is die kanse dat jy vir my kan kom kuier as ek die akkomodasie verskaf?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #16 on: June 06, 2012, 07:01:26 PM »
Die reen toor met my gemoed - dit kleur dit heel blou in - maar my verstand en hart aanvaar darem die nood van die aarde kom nou eerste  :love7:

ons wag vir julle hier innie kaap .. ek is nou nie 'n siener nie - maar ek sien hulle weet wat is goed vir hulle ... so .. ha ha ha - hulle gaan julle binnekort opstuur Kaap toe
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #17 on: June 07, 2012, 05:46:41 AM »
Onse Moeder Raaf....
Wil altyd die blink steentjies in haar nes vergader, onder haar vlerk.
Jy is 'n dierbare mens.  Dankie vir die uitnodiging. 
Don't wish for something, it might just happen.
Met Ouma onder my vlerk, sal ek dit ongelukkig van die hand moet wys.   :crybaby2:
Het lanklaas in die maag van die arend geklim om weer uitgetjorts te word in Durbs.
Jy en Hannes is twee platjies.  Julle hoort bymekaar, soos 'n pit in 'n perske.
Geniet jul tyd.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #18 on: June 07, 2012, 06:01:21 AM »
Julle hoort bymekaar soos 'n pit in 'n perske ....

Angelica hoe pragtig is dit nie beskryf nie  :book1: :notworthy: :icon_salut: PM mater hierdie erf is gemerk, ek liefff jou vertellings en wil dit beslis bewaar!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #19 on: June 07, 2012, 06:03:42 AM »
Meraai,  daai 'pit in 'n perske' kom uit een van my geskrifte:  Ons Hoort...  Het dit nog nie op die Forum geplaas nie.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #20 on: June 07, 2012, 06:16:39 AM »
Raaitjie ek hou ook van Engeltjie se : soos 'n pit in 'n perske 

te mooi!!

en ek lief hierdie beskrwying van Engeltjie ook : Het lanklaas in die maag van die arend geklim om weer uitgetjorts te word in Durbs.


Angelica hoekom is Ons Hoort... nog nie hier in die forum huisie waar jou forumfamilie dit kan geniet nie??

Hannes en PM is beslis 'n pit in 'n perske en hulle hoort hier in die mooie Kaap - nie daar in die warm Durbs nie ... ons wag  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #21 on: June 07, 2012, 06:26:28 AM »
Morning, Willa.
Dankie vir jou Like.
Het 'Ons Hoort' nou net geplaas.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #22 on: June 07, 2012, 06:29:18 AM »
Al die forumfamilie moet gaan lees ... http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1828.msg10988#msg10988

jo Engeltjie ... eendag as ek groot is gaan ek dig soos die meesters van hierdie forumfamilie  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #23 on: June 12, 2012, 06:37:43 PM »
Net toe julle dink julle is ontslae van my toe duik ek weer op en kom skep asem.   :icon_biggrin:
In Amanzimtoti, twee dae sonder krag. 
Die transformer moes terug kom om op 'n multi-as gelaai te word, en ons ook natuurlik. 
Ons het Sondagmiddag gery en toe ons gister tuis kom wou my dongeltjie niks weet van dongel nie.  Gelukkig is dongeltjie nou weer gedongle en hier is ek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #24 on: June 13, 2012, 12:20:43 PM »
Ek hoop met die volgende opduik vir asem pop jy en Hannes hier in die mooie Kaap op  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #25 on: June 13, 2012, 05:02:22 PM »
 :icon_biggrin: Dit sal darem gaaf wees.
Nou sit ons maar eers weer en wag om te sien wanneer die transformator weer vertrek. 
Dit is erg as 'n mens niks kan beplan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM gaan Durban-area toe
« Reply #26 on: June 13, 2012, 05:04:30 PM »
kom julle net - dan moet hulle rondom julle beplan  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w