Author Topic: Rondeau Struktuur  (Read 3938 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Rondeau Struktuur
« on: May 30, 2012, 06:54:11 AM »
Hierdie gedigstruktuur bestaan uit drie verse en die vereiste rymvorm laat die skrywer behoorlik kopkrap, sodat die gedig nog vloeiend as eindproduk voorgesit kan word aan die lesers.

Eerste vers het 5 versreëls.
Tweede vers het 4 versreëls
Laaste vers bestaan uit 6 versreëls.

Die eerste versreël van vers 1 word beskou as die (R) oftewel 'Refrein'
Hierdie  R versreël word dan ook as laaste versreël in beide vers twee en drie herhaal.
Die skrywer kan ook net die eerste gedeelte van versreël 1 gebruik as refrein.
Ek het verkies om die hele eerste versreël as (R) te gebruik.

Die rympatroon wat gevolg moet word is as volg:

Vers 1: a (R), a, b, b, a

Vers 2: a, a, b, R

Vers 3: a, a, b, b, a, R

VOORBEELD:

Engele Stemme

Vandag het ek hul' weer sag gehoor:
engele stemme in 'n koor.
Verruk, maar tóg ook bang;
het ek geluister na hulle sang
en só het die duiwel, wéér sy stryd verloor.
 
Refreine, met waarhede wat deurboor.
Harmonie wat meevoer in 'n spiraalspoor
so brand die traanpad oor my wang,
want vandag, het ek hul' weer sag gehoor:

"Julle het hom teen die kruis vermoor"
weerklink die skalpelwoorde in my oor
en in elke hoek van my siel, smág die rou-verlang
om stoïsynse beelde uit te wis; die galsmaak wrang
tog was álles so beskik - sing die engele koor;
vandag het ek hul' weer sag gehoor.

© Meraai vannie baai

Hier is ons eie Trappies se voorbeeld:

Trapsoetjie: My liewe kleine Mossie. 15/01/2011 (Rondeau)
Met trots kom sy aan geloop
 Amper in die swembad gedoop
 Bewe van pure onnoselgeit
 Met ogies wat pleit
 So het sy amper haar lewe verkoop
 
Toegevou in hoop
 Senu ontknoop
 Bly dit nog ‘n feit
 Met trots kom sy aan geloop
 
Bou skuiling halfoop
 My hart is klaar verkoop
 Tot my eie spyt
 Sal ek myself seker nog verwyt
 Soos is prentjie in my vasgeknoop
 Met trots kom sy aan geloop
 
*Hy/sy het dit toe tog nie gemaak nie.
 
© Trapsoetjie
« Last Edit: May 30, 2012, 07:12:07 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rondeau Struktuur
« Reply #1 on: May 30, 2012, 07:06:05 AM »
PM se voorbeelde:

Ek het nie 'n naam vir hierdie gedig nie.  Help!

Daar heers ‘n stilte,
‘n magiese kilte,
dan klap ‘n knal van bowe,
eggo deur berge en klowe,
weergalm oor die bulte.

‘n Gil wat bloed laat stol
kom oor die vlaktes aangerol.
My siel word koud.
Daar heers ‘n stilte.

Ek bevind my voor ‘n ma
wat op haar knieë, kermend kla;
In haar arms toegevou
is  haar kind wat sy hou
en nog ‘n bliksemstraal!
Daar heers ‘n stilte.

 © PM

*Matertjie let net op na die vereiste rympatroon:

Vers 1: a (R), a, b, b, a

Vers 2: a, a, b, R

Vers 3: a, a, b, b, a, R

Jou (a) rymwoord is ..ilte
Jou (b) rymwoord is ..owe

Hierdie rymvorm moet deurgaans toegepas word.

Ek het hierdie uit die woordskuur gaan haal wat ek lankal bewaar het:
Piet Magriet: ‘n Liedjie vir my liefieding.
 
O my liefling, o my liefling
 jy bly nog my kosbaarste ding.
 So sal ek jou altyd vertrou,
 dig in my hart toegevou
 sal ek jou deug altyd besing.
 
Ek ag jou hoog en nie gering.
 Verseker’s jy my gunsteling.
 Ek bly steeds jou dankbare vrou,
 O my liefling!
 
Jare het ons nader gebring,
 vandag is ons soos ‘n eenling.
 Mag ek jou nog jare behou,
 my dag sal leeg wees sonder jou.
 Tog, ‘n sirkel loop in ‘n kring?
 O my liefling!

En een vir die grap.
 * Proboskis is die benaming vir 'n lang slurp (soos 'n olifant s'n of 'n lang neus, soos myne )
 
Slaap, o wondersoete ding!
 
 Ek sit hier en gaap
 Soos ‘n proboskisaap*
 Ek kyk twee rye spore
 Is moeg tot oor my ore
 ek moet nou gaan slaap
 
ek sit hier en ginnegaap
 moet myself nou opskraap
 my hande is al bevrore
 ek sit hier en gaap
 
 in die vêrte blêr ‘n skaap
 hy is honger en dors die knaap
 die ys lê dik op die vore
 daar is geen graan in die store
 vandag gaan ek beslis verslaap
 ek sit hier en gaap.
 
© Piet Magriet
« Last Edit: May 30, 2012, 07:10:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Rondeau Struktuur
« Reply #2 on: May 31, 2012, 04:14:43 PM »
Eggoknal

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Rondeau Struktuur
« Reply #3 on: June 13, 2012, 10:08:27 AM »
Dankie Raaitjie, hier het ek nou lekker uit die bus geval.  Ek wil nie die woorde verander nie, so ek sal hierdie een onttrek van die Rondeau Struktuur. Sal dit maar net 'n gewone ou skryfseltjie maak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Rondeau Struktuur
« Reply #4 on: June 24, 2012, 12:03:41 AM »
O ja!! Absoluut moet dit behoue bly  :love7: :hello2: