Digkuns > Digformules of -strukture

Eie Struktuur van Ah Willa: 5 5 4 2

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Die eeu: 2012

5  'n gebreekte traan,
5  afge-ets in smart -
4  ongemasker;
2  ontbloot!

5  'n weggooi liefde,
5  opgebruik, siedaar
4  toegeklapte;
2  seerhart!

5  'n verdwaalde kind,
5  verwaai deur die wind ...
4  koue-ouer
2  verraad!

5  'n oog knip styf toe
5  verskrikte hart snik
4  verlep lewe
2  misdaad!

© Ah,Willa!
Redigering Naas

PM:
 :hello2: Pragtig.  Dit kan boek toe Raaitjie.  Ek sal ook nog kom probeer. 
Geluk met jou eie struktuur Willa!   :notworthy:

Meraai vannie Baai:
Sal hom beslis gaan plaas matertjie  :notworthy: :book1: :icon_salut:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1793.0

Ah Willa:
Onthou net om te se dat Ah,Willa! hier in die forum tussen die meesters kom leer en groei  :love7:

Meraai vannie Baai:
Woorde tel

Geloof/hoop/liefde;
hierdie drie woorde
vir ewig 'n
anker.

Haat/twis/jaloesie;
hierdie drie woorde
nog altyd 'n
skerp swaard.

Vergewe/vergeet;
draai die ander wang,
die ses woorde
kan heel.

Help tog Liewe Heer
dat ons woorde tel
voordat ons dit
uitspreek.

© Meraai vannie baai

Willa hierdie is 'n pragtige struktuur met so baie potensiaal!!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version