Author Topic: PhotoScape (13) Page/layer Funksie  (Read 8823 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« on: May 28, 2012, 01:50:10 AM »
Ek het my palet skoongemaak en die akriliese verf wat ek gebruik het, het toevallig in 'n paar 'happy accidents' losgekom. Die vorms het soos 'n kleurvolle atlasprentjie gelyk. Vir die  wit 'Plastiekland' was daar heel gepas so ewe ook die profiel van 'n vrou met haar geblomde kopdoek en serp! (In die spieëlbeeldfotos het hierdie borsbeeld kompleet vir my weer gelyk soos 'n vrou met 'n hoed op en blomme in haar arms LOL)

Alles mooi neergesit op 'n agtergrond, het ek 'n foto geneem en besluit om dit te verewig in 'n 'kunswerk' voordat die blobse verf verbrokkel  :toothy4:

Die proses het begin deur die foto waarmee ek gaan speel, te raam met die program se 'black line'.
Foto gestoor en toe weer met 'pattern 16' geraam.



Vir die volgende stap: Gebruik hierdie foto en draai dit in drie ander rigtings sodat jy spieëlbeelde na bo en onder het. Ek het die vier fotos langs mekaar gesit dat julle 'n idee het hoe om dit te draai. Dit maak alles eenvoudiger as jy elke foto merk bv. Linkerkant bo, linkerkant onder, regterkant bo en regterkant onder. Skuif die fotos so dat die rame weerskante eenders wys. Ek wou net die strepe aan die sykante hou. Dit lyk so:



Nou skep jy 'n foto vir die agtergrond waarop jou vier fotos geplaas gaan word. Vanuit die "Page" funksie, kies "square" en plaas twee fotos sy aan sy hierin. Kies 'edit' en raam die foto met 'black line'. Dan weer met 'pattern 16'. Dit behoort dan so te lyk:



Vanuit die "Page" funksie kies die "layer_base_d_3". Sleep jou agtergrondfoto (square weergawe) oor sodat die vyf vierkantige blokke in die layer voorgrond nog steeds leeg is. Nou trek jy die vier 'sy aan sy fotos' oor. Elkeen op sy plek. Alles sal gevul wees behalwe die vierkant op die voorgrond. Hierdie blokkie vul jy met die oorspronklike geraamde foto waarmee jy begin het. Slegs die witraam wys op die voorgrondfoto.



Volgende stap kies jy die 'edit' funksie en gebruik 'filter' (Region - Out of focus) Ek het sepia verkies en die 'size' was 40 persent, en 'feather' 50 persent. As jy tevrede is dat net jou voorste vierkant gekleur is, druk OK.

Raam jou saamgestelde fotokunswerk eers met 'black line' en stoor. Maak weer die foto oop en raam hierdie keer met 'Pattern 16'. (Op my program moet ek dit eers stoor en weer oopmaak anders hou dit nie die eerste swart raam nie.)

Die eindproduk het ek "Happy Accidents" gedoop en dit lyk so:














« Last Edit: May 28, 2012, 07:47:46 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (13) Page/layer funksie
« Reply #1 on: May 28, 2012, 07:37:02 AM »
By die Vroue Dagboek was ek so ruk gelede gevra om 'n foto te neem van my voet op die strand terwyl ons langs die Goue Kus gekuier het. Die foto het ek vandag gebruik vir nog 'n voorbeeld waar ek die 'page/layer funksie' ingespan het. Dieselfde stappe gevolg as wat ek uiteengesit het maar i.p.v sepia het ek 'negative' gebruik vir die agtergrond fotos en hier is die eindproduk.

« Last Edit: May 28, 2012, 07:48:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #2 on: May 28, 2012, 08:18:36 AM »
Kunstig vrou - en 'n baie mooi voet! 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #3 on: May 28, 2012, 08:24:55 AM »
Baie dankie Willa  :icon_bigsmurf: Ek is gaande oor die program. Hierdie metode sou maklik ingespan kon word vir vir die ontwerpe in loodglasvensters dink ek. Kan amper die riffel gevoel daarvan onder my vingers voel as ek na die foto kyk  :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #4 on: May 28, 2012, 09:10:06 AM »
die prentjie het ook by my kerkventsters opgeroep  :angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #5 on: May 28, 2012, 10:49:26 AM »
Pragtig Raaitjie, jy is 'n ou doring.  'n Mens moet sekerlik 'n gevoel vir kuns hê om sulke mooi goed te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #6 on: May 29, 2012, 02:13:53 AM »
Nie noodwendig nie mater, die program is so maklik dat 'n goeie foto die fondasie vorm - die res is slegs toepas en kombinering van funksies beskikbaar  :toothy4:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PhotoScape (13) Page/layer Funksie
« Reply #7 on: May 29, 2012, 11:53:20 AM »
om die program te kan gebruik het met begrip en kennis nodig
maar om die program aan te wend om die foto mooi te laat mooi wees - daarvoor het mens 'n kuns aanvoeling nodig ...

ek dink in elektoniese kuns het mens albei nodig - kennis van die software en 'n kuns talent/aanvoeling  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w