Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (13) Page/layer Funksie

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek het my palet skoongemaak en die akriliese verf wat ek gebruik het, het toevallig in 'n paar 'happy accidents' losgekom. Die vorms het soos 'n kleurvolle atlasprentjie gelyk. Vir die  wit 'Plastiekland' was daar heel gepas so ewe ook die profiel van 'n vrou met haar geblomde kopdoek en serp! (In die spieĆ«lbeeldfotos het hierdie borsbeeld kompleet vir my weer gelyk soos 'n vrou met 'n hoed op en blomme in haar arms LOL)

Alles mooi neergesit op 'n agtergrond, het ek 'n foto geneem en besluit om dit te verewig in 'n 'kunswerk' voordat die blobse verf verbrokkel  :toothy4:

Die proses het begin deur die foto waarmee ek gaan speel, te raam met die program se 'black line'.
Foto gestoor en toe weer met 'pattern 16' geraam.



Vir die volgende stap: Gebruik hierdie foto en draai dit in drie ander rigtings sodat jy spieƫlbeelde na bo en onder het. Ek het die vier fotos langs mekaar gesit dat julle 'n idee het hoe om dit te draai. Dit maak alles eenvoudiger as jy elke foto merk bv. Linkerkant bo, linkerkant onder, regterkant bo en regterkant onder. Skuif die fotos so dat die rame weerskante eenders wys. Ek wou net die strepe aan die sykante hou. Dit lyk so:



Nou skep jy 'n foto vir die agtergrond waarop jou vier fotos geplaas gaan word. Vanuit die "Page" funksie, kies "square" en plaas twee fotos sy aan sy hierin. Kies 'edit' en raam die foto met 'black line'. Dan weer met 'pattern 16'. Dit behoort dan so te lyk:



Vanuit die "Page" funksie kies die "layer_base_d_3". Sleep jou agtergrondfoto (square weergawe) oor sodat die vyf vierkantige blokke in die layer voorgrond nog steeds leeg is. Nou trek jy die vier 'sy aan sy fotos' oor. Elkeen op sy plek. Alles sal gevul wees behalwe die vierkant op die voorgrond. Hierdie blokkie vul jy met die oorspronklike geraamde foto waarmee jy begin het. Slegs die witraam wys op die voorgrondfoto.



Volgende stap kies jy die 'edit' funksie en gebruik 'filter' (Region - Out of focus) Ek het sepia verkies en die 'size' was 40 persent, en 'feather' 50 persent. As jy tevrede is dat net jou voorste vierkant gekleur is, druk OK.

Raam jou saamgestelde fotokunswerk eers met 'black line' en stoor. Maak weer die foto oop en raam hierdie keer met 'Pattern 16'. (Op my program moet ek dit eers stoor en weer oopmaak anders hou dit nie die eerste swart raam nie.)

Die eindproduk het ek "Happy Accidents" gedoop en dit lyk so:














Meraai vannie Baai:
By die Vroue Dagboek was ek so ruk gelede gevra om 'n foto te neem van my voet op die strand terwyl ons langs die Goue Kus gekuier het. Die foto het ek vandag gebruik vir nog 'n voorbeeld waar ek die 'page/layer funksie' ingespan het. Dieselfde stappe gevolg as wat ek uiteengesit het maar i.p.v sepia het ek 'negative' gebruik vir die agtergrond fotos en hier is die eindproduk.

Ah Willa:
Kunstig vrou - en 'n baie mooi voet! 

Meraai vannie Baai:
Baie dankie Willa  :icon_bigsmurf: Ek is gaande oor die program. Hierdie metode sou maklik ingespan kon word vir vir die ontwerpe in loodglasvensters dink ek. Kan amper die riffel gevoel daarvan onder my vingers voel as ek na die foto kyk  :icon_biggrin:

Ah Willa:
die prentjie het ook by my kerkventsters opgeroep  :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version