Author Topic: Hoe lank moet mens wag?  (Read 6424 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Hoe lank moet mens wag?
« on: May 27, 2012, 10:58:17 AM »
Ek het al in januarie vanjaar 'n 2 klagtes telefonies by ABSA ingedien, een oor afskeep van Afrikaans en ander een oor die hoë bankkoste.

Die klagtes is telefonies opgevolg maar net gebelowe iemand sal my kontak daaroor, net dat die volgende persoon ook maar sê iemand sal my kontak daaroor. Die laaste van wie ek gehoor het was een van die hoof bankbestuurders van die hoofkantoor in JHB.

Toe begin ons pars en ons lewe word lekker deurmekaar gekrap met die huis wat gebrand het en op 4 Mei besluit ek om weer die saak aan te roer, die keer et e pos.

Iemand bel my toe en sê sy bel net om my in te lig dat die brief ontvang is en iemand sal my skakel. 3 dae later het iemand my geskakel oor die klagte van Afrikaans wat afgeskeep word  en hy sê hy sal die klagte aanstuur en iemand sal my kontak.

Dis nou 4 weke later en nog niks verder weer gehoor nie. O ja, hulle het darem met e pos bevestig dat die klagtes ontvang is en vir my 2 verwysings nommers gegee, een vir elke klagte.

Die brief lyk so:

Dankie vir u e-pos.

Absa bedank u dat u hierdie ongelukkige insident onder ons aandag gebring het.

Ons verhouding met u, ons kliënt, is waardevol vir ons en ons wil dit graag uitbou. Opbouende terugvoering van ons kliënte word altyd aangemoedig omdat dit verseker dat ons diensbelofte aan u gestand gedoen word en dit deurlopend verbetering aanmoedig.

Absa is verbind tot uitmuntende diens en ons vra opreg verskoning vir enige ongerief .

Ons het al u besonderhede aangaande u navraag op ons “Customer Care” Sisteem toegevoer.

Hiermee u verwysings nommers: xxxxx en zzzzzz

xxxxxx: Aangaande die klagte oor die bank kostes en rente
zzzzzzz: Aangaande die klagte oor die Kontaksentrum taal

Ons vra weereens opreg verskoning.


Hierdie brief is op 7 Mei aan my gestuur en steeds het ek nog niks weer van hulle gehoor nie.
Hoe lank moet ek wag voordat ek die saak weer aanroer? Hoe gouer ek maak hou gouer sal hulle dalk agterkom ek is ernstig en het nei van die saak vergeet nie, hoe langer ek wag hoe meer kan ek daarop klem plaas dat hulle seg my hulle is verbind tot uitmuntende diens maar ek beleef dit nie so nie.

Of is dit lelik van my om ABSA aan te vat oor die goed wat pla? Ek dink nie so nie.

Ek het by Capitec 'n rekening oop gemaak en doen nou al my betalings deur Capitec ipv ABSA en ek het in die week wat verby is ook al my debiedorders laat oordra om deur Capitec  betaal te word. Ek reken ek gaan so om en by R30 na R400 per maand spaar op bankkoste deur net dit te doen, o ja dan kry ek ook nog rente by Capitec ( spaarrekening) waar by ABSA kry ek geen rente op die tjek rekening nie. Ek kan die Capitec spaarrekening soos my ABSA tjek rekeing gebruik deur geld met internet oor te betaal en geld te trek by enige OTM en sommige winkels soos P&P ( teen minimale koste van R1 waar dit met ABSA kaart baie meer kos.)

Ek kan met my Capitec kaart by ABSA se OTM vir R7 enige bedrag geld trek waar ek minstens so iets soos R28 moet betaal en dit raak net meer vir meer kontant trek.
By Absa ka van my debiedorders tot R38 per keer en by Capitec kos dit R3 om dieselfde transaksie te laat doen.

Wag nou verdwaal ek. Ek het gevra hoe lank nog voor ek vir ABSA of is dit GRAPSA, moet vra wanneer ward my klagte opgevolg. 



 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #1 on: May 27, 2012, 12:37:25 PM »
Wat dink jy gaan hulle doen AB? Sommer die bankkostes sny of die taalprobleem aanspreek?  Hulle weet goed hoe om te hoor, maar luister val nou weer in 'n ander gleuf. 
Ek het ook vir my 'n Capitec rekening oopgemaak en kan glad nie oor die diens of die kostes kla nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #2 on: May 27, 2012, 02:41:00 PM »
Ek dink of verwag nie dat hulle iets gaan doen nie maar ek wil dit maar aanhou noem vir hulle om 'n vlieg in die salf te wees. as niemand kla nie gaan hulle niks doen nie, as 1 kla sien hulle dit as ek dink 50 ander wat ook so voel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #3 on: May 27, 2012, 04:29:16 PM »
Hannes is by FNB en sy bankkostes is ook nie te sleg nie, maar ek dink nog steeds dit is heeltemal te hoog.  Ek dink hulle sal eendag wakker skrik as hulle sien hoeveel kliente hulle verloor het.  Dan sal dit te laat wees om hulle mense met 'n "troosbriefie" te paai.  Gee hulle gas!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #4 on: May 27, 2012, 04:45:41 PM »
Vir my was die wonderlikste toe capitec my in maart ,aat weet hulle koste gaan verander en toe dink ek ja nou het julle my en nou gaan julle my ry. toe ek weer sien het die internet inbetaling van R2,50 afgekom na R1,50 per transaksie.

Ek het daai bankbestuurder geseg hulle hoef niks te borg of adverteer nie, halveer alle bankkoste en sien hoe sal die kliënte julle advertensie wees.

Ja ek het hom ook geseg: onthou as jy my bankkoste laat sak gaan ek dit vir al my pelle by ABSA vertel en dan moet jy hulle koste ook laat sak en as jy dit nie laat sak nie gaan ek al my pelle van Captec se bargain vertel en ek gaan daarvan op internet forums ook begin vertel....... hier is die begin. Dalk as meer mense kla help dit? Dis waar die 4 groot banke in die land verloor baie besigheid wat weggeneem word na Capitec toe. Ek vertel ook my pelle daarvan, sommige is nog skepties en ander seg hulle gaan probeer.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #5 on: May 28, 2012, 06:36:15 AM »
Ek gaan hulle en Sanlam aanvat oor Afrikaans.
Kom ons voeter hulle op. Sanlam is deur Afrikaners vir Afrikaners gestig maar geen Afrikaans op hul Webblad nie en my vriende wat binne werk vertel dat hulle binne gedwing word om in Engels te kommunikeer, veral Elektronies.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #6 on: May 28, 2012, 07:20:12 AM »
Naas dankie dat jy my attend maak daarop, die ing van sanlam. ek moet hoeka iewers in die week met hulle te doen kry oor my debietorder te laat skuif na capitec. capitec het nou wel 'n engelse naam maar ek het nog nie iewers by hulle in die tak of op die foon met enige werknemer gepraat wat nie goeie afrikaans praat nie.   

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #7 on: May 28, 2012, 12:23:18 PM »
ABSA is op die afdraende pad.  Die negatiewe publisiteit wat hulle die afgelope weke gekry het in die media, het hul kliente warm onder die kraag gehad.
Het nog nie met hulle sake gedoen nie. Weet nou nie van diens wat hulle lewer nie, maar dit klink nie goed nie.
FNB is my bank seders 1975 toe ek by hulle aangesluit het as werknemer in hul Plett tak.  Was maar nog altyd die Engelse bank vir die Engelssprekendes.  Volkskas was mos daar onder in die straat. Volkskas, die boerebank met sy skaarploeg as logo.
Diens aan my persoonlik, was nog altyd goed tot uitstekend by FNB.  As ek nie gekry het soos ek gevoel het ek moet nie, het ek hulle sommer online aangevat en spoedig 'n antwoord gekry, hetsy telefonies of per e-pos.
Iets wat ek hulle oor gaan aanvat binnekort, dit is nou wanneer ek 'n 40jarige verhouding met hulle sal he in 2015.  Hulle sal weet dat hulle van my gehoor het.  Ek soek iets meer as 'n goue pen.
Nail hulle, AB, dis omdat hulle senior bestuurslede het wat geen idee het van bankwese nie - selfs Transnet in die modder in bestuur.  Dan kry hulle sulke groot bonusse terwyl hulle personeel afle.  Bonusse vir wat gedoen?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #8 on: June 03, 2012, 08:43:00 AM »
Ons het ook besluit om my bankrekening oor te plaas na FNB.  Hannes kry goeie diens by hulle. 
Dit lyk vir my ook of ABSA nie 'n spieël nodig het om te sien wat hulle gaan sien nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoe lank moet mens wag?
« Reply #9 on: June 03, 2012, 09:35:24 AM »
ABSA laat my so aan die regering dink. Neuk net voort al sien hulle dinge is nie reg nie.