Author Topic: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!  (Read 8944 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« on: May 21, 2012, 12:12:22 PM »
Ek kopie en plak gou vanaf my Facebook wal:

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Skrywers-boekloos-na-lee-beloftes-derduisende-rande-20120519

Skrywers boekloos ná leë beloftes, derduisende rande
www.rapport.co.za
Verskeie skrywers wat deur ’n Suid-Kaapse uitgewer belowe is hul boeke sou van die winkelrakke vlieg, wag maande en duisende rande later steeds gretig dat hul boeke moet verskyn.
1Unlike ·  · Unfollow Post · Share · See Friendship
You like this.
Willa Potgieter-Truter Dis 'n baie hartseer saak - en dis hoekom mens maar baie mooi moet dink voordat mens nat enige iemand gaan.. Ouens soos Naledi - kontak Marinda Meyer - is baie reputable ... ongelukkig is daar nie 'n groot deur vir digters nie .. maar vir skrywers van boeke soos "Oudkol. Petrus Roux (72) van Villiersdorp wou sy ervarings as kompaniebevelvoerder in die Grensoorlog by Smith publiseer en het in Januarie R48 000 vir ’n drukoplaag van 2 000 boeke betaal." sou beslis nie hier in die steek gelaat gewees het nie ...
3 minutes ago · Like ·  1
Willa Potgieter-Truter en publiseerdes wat jou belowe jou boeke gaan van die rake afvlieg ... BLYWEG!!!! Boeke vlieg nie van die rakke af nie ... dis harde werk en deeglike bemarking wat dit op die regte hoekie vir die regte persoon plaas ... en niemand word ryk uit boek skryf nie ... so as hulle sulke beloftes maak HARDLOOP WEG!!! Enkele skrywers kan roem en rykdom dankbaar omvou ... meeste skrywers nie! Dit beteken nie ons moet nie skryf nie ... dit beteken nie ons boeke is nie noodig nie ... WEES VERSTANDIG, dis al :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #1 on: May 21, 2012, 04:08:48 PM »
Daar is baie skelms daar buite, ek stem.  Dit is een van die redes hoekom ek die skrywers in ons boek so dankbaar is.  Hulle het my vertrou en ek het maagsere gekry uit vrees dat ek een van hulle gaan teleurstel. 
MC Drukkers het my geld gevat nadat ek tevrede was met my boek.  Ek het 'n klein deposito betaal en die res nadat ek die boeke ontvang het.  Ek hoop van harte dat ek more Naas se boek kan uitsorteer.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #2 on: May 21, 2012, 04:13:39 PM »
Ek vertrou ook nog steeds vir MC drukkers. Soos met PM se boek gaan ons maar deur 'n leerkurwe.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #3 on: May 21, 2012, 04:16:55 PM »
Het jy al vir die boeke betaal Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #4 on: May 21, 2012, 04:51:03 PM »
Nee. Gaan ook nie voor dit nie klaar is nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #5 on: May 21, 2012, 05:02:04 PM »
MC Drukkers weet ons mos nou het 'n verwysing - wat die eerste boek is deur hulle gedoen ... en daar is nou wel 'n hik-up met Naas se boek ... maar mens kan mos nou sien hoe gaan dit uitgesort word ...

hierdie post was nou bedoel in dieselfde asem as met Naas se hik-up nie ... dit is net in die algemeen kom deel ...

daar is ongelooflik baie mense daar buite wat claim dat hulle drukkers of publishers is ...

kyk ook hoe het Blikemmer uitgedraai - die digters (Debbie sal weet) het hard gewerk - dis prag gediggies ... maar helfte van my boek se bladskye is nie eens leesbaar nie en van die blaaie is onderstebo ...

en mens so gereeld van sulke gevalle ...

mens moet net oop kop wees - dis al

Boek een is 'n prag voorbeeld van wat die resultaat van hardewerk en goeie beplanning is en OOPKOP wees ..
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #6 on: May 21, 2012, 07:38:00 PM »
ek is heel ontsteld oor jou BLIKeMMER, Willa, ek het nie geweet daar is enige boeke wat skeef uitgedraai het nie. ek sal vir jou 'n ander ene stuur, laat weet my seblief net jou adres.
my boks boeke was niks mee fout nie, inteendeel, almal is perfek gedruk en stewig gebind. ek kan glo daar is 'duds' in elke drukkery, maar ons BLIKeMMERS se drukwerk was puik. ek wil net graag weet indien enige bundels nie reg is nie, want dit moes dan teruggegaan het drukkery toe. sal jy vir my jou adres epos, seblief, en ook by wie jy joune gekry het sodat ek kan opvolg of dit net die een was, of dalk meer.
en skuus daarvoor, ek voel regtig sleg oor elke ene wat nie reg is nie.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #7 on: May 22, 2012, 02:30:45 AM »
Oops - ek het nie gedink dat ek dalk net 'n dut 'n 'n bondel goeies gekry het nie ...

sien mens moet ook dink as jy iets kry ... is dit nie dalkies net die enigste een nie ... ek het sommer net aangeneem ...

Ek kan nie verwag dat jy dit verwang nie - ek het dit by een van die ander digters gekoop.  Ek sal vir Trappies vra om dan net vir my 'n ander kopie te wys,
sodat ek die prentjie in my kop kan herstel ... skiesie Adele
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Voordat jy na 'n publiseerder gaan DOEN JOU HUISWERK!
« Reply #8 on: May 22, 2012, 08:17:50 AM »
Dit is goed so Naas, ek stem saam. 
Die eienaar van die besigheid is baie presies en hy duld nie swak werk nie.  Hulle doen baie werk vir Naspers.
Om te weet is om te verstaan.