Author Topic: Die byl  (Read 6680 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Die byl
« on: May 19, 2012, 03:38:16 PM »
“Nou waar gaan die oom dan met daardie byl?” vra Letitia vir haar mamma toe hulle van die ontbyttafel af opstaan en sy by die agterdeur gaan staan. Haar woorde fluister saam met die blare en word opgetel deur die wind. Sy onthou; dáárdie dag klou verbete aan haar verhemelte vas. Sy probeer dit uitspoeg, maar elke keer proe sy weer die vrees...voel sy die koue knyptang wat haar hart met doringdraad vasbind.

“Hy wil daardie droë stompe gaan opkap. Die kas langs die houtstoof is amper leeg.” Truia gaan staan langs haar waar sy net-net oor die onderdeur na buite kyk en voel weer waardering vir haar skoolvriendin se man wat vir 'n paar dae in die verwaarloosde rondawel kom wegkruip.
Letitia dink aan die oom se oë wat so min kere lag. Sy stem is grof, net soos sy vingers wanneer hy haar hand vat as hulle by die hek vir die skoolbus gaan wag.

Truia wonder weer oor die troebel waters in Letitia se oë. Onthou dat, vandat sy twee weke gelede in trane van die skool af tuisgekom het, sy al die gevoel gekry het dat daar meer agter haar kind se trane steek, as wat sy vertel het. Kwansuis deur 'n maat gepootjie en op haar knie geval.

Doef! Doef!

Letitia ruk toe die eerste houe val en kyk dan op na haar ma.
“Mamma, hoekom lag die oom dan nooit soos Pappa gedoen het nie?” Truia kyk verstom af na haar kind. Hoe is dit moontlik dat sy vergeet het hoe oplettend 'n kind kan wees? Sy gaan weer langs die tafel sit.
“Oom Schalk dra 'n seer onthou in sy hart, daarom dat hy so bot lyk.”
“Wie het hom seergemaak?” Sy kom staan langs Truia.
“Hy het ook 'n dogtertjie gehad...'n jaar ouer as jy. Maar sy en haar mamma leef nie meer nie.”
“Is hulle saam met Pappa in die Hemel?” Haar mamma glimlag treurig as haar oë 'n bietjie begin blink.
“Ja. Hulle is daar,” sê sy en gee vir Letitia 'n drukkie.
“Het 'n slang hulle ook gebyt...gepik?”
“Nee, iemand het by hulle ingebreek toe hy nie daar was nie. Die slegte mense het hulle toe baie seergemaak.” Letitia dink 'n rukkie.

Die bylhoue klink doef-doef-doef.

“Het die slegte mense hulle met 'n byl gekap?” vra die kind skielik.
“Met 'n byl? Nou waar sou jy nou aan so 'n idee kom?” Letitia draai terug deur toe.
“Sommer gewonder.”

En toe, ’n paar dae later lui die telefoon. Truia kom van die hoenderhok af en haas haar om te antwoord.
“Mev. Lange, kan jy asseblief skool toe kom?”

Haar palms is natgesweet. Letitia spring op en storm op haar af. Sy druk die snikkende kind styf vas en kyk vraend na die hoof en nog ’n man. Hulle groet. Laasgenoemde is Letitia se wiskunde-onderwyser.

“Mevrou, ons het hierdie in jou kind se boeketas gekry.”
Sy herken die kleiner byl waarna hy op die lessenaar wys. ’n Duisend gedagtes flits deur haar kop, maar sy is stom; haar verstand weier om haar te laat praat.
“Een van haar maats het dit gesien en aan Mnr Wietz hier, vertel.”

Truia gaan sit met Letitia op haar skoot.
Sy vee haar kind se trane met haar hand af en vra saggies:
“Hoekom?”

Hulle kan ’n speld hoor val.

Dan kom Letitia se fluisterstem:
“Ek wou sy hande afkap as hy my weer vryf waar Mamma gesê het niemand mag aan my raak nie.”

Truia voel naar. Die skoolhoof kyk van die een na die ander en wonder hoekom mnr. Wietz so verbleek.

“Wie?”

Stadig, maar met ‘n vaste handjie, wys Letitia in sy rigting... na die gesig van haar donkere vrees...
haar wiskunde-onderwyser.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die byl
« Reply #1 on: May 20, 2012, 01:37:22 AM »
 :crybaby2: Wens dat daar 'n byl was wat hierdie soort monsters verewig kon 'verwyder' uit ons samelewing. 

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #2 on: May 20, 2012, 01:45:17 AM »
mag hy vrek!

dis baie goed geskryf .. maar het sommer baie seer einas kom wakker maak - ek wens ek hte ook 'n byl gehad ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byl
« Reply #3 on: May 20, 2012, 09:14:36 AM »
Ek hang aan jou pragtige beskrywings Adéle. 

Haar woorde fluister saam met die blare en word opgetel deur die wind... en alles wat daarop volg!  Pragtig geskryf met 'n verrassende einde.

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die byl
« Reply #4 on: May 20, 2012, 10:33:15 AM »
Hierdie is so seer onderwerp dat mens gewoonlik twee, drie tot vier keer terug kom en weer weggaan sonder dat jy 'n woord kon los ter waardering vir die puik manier waarop die verhaal oorgedra is. Ek pleit skuldig mater. Amen op PM se kommentaar oor hierdie pronkstuk van jou  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byl
« Reply #5 on: May 20, 2012, 10:43:07 AM »
Dit is die waarheid Raaitjie.   Dit is hoekom ek die forum lief.  Elke keer as iemand 'n antwoord plaas dan lees ek weer die gedig of die verhaal en elke keer vang iets nuuts my oog:

Sy stem is grof, net soos sy vingers wanneer hy haar hand vat as hulle by die hek vir die skoolbus gaan wag.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #6 on: May 20, 2012, 06:45:44 PM »
Hierdie sin het my geruk :

Sy probeer dit uitspoeg, maar elke keer proe sy weer die vrees


dit beskryf dit wat binne my aangaan ... en toe is die einde van die verhaal baie na aan my eie ... net baie anders ...

Maar hierdie is 'n prag stuk wat gelees moet word ... Adele ... kan ons dit asb opneem in Hoop Fluister ....dis waarna ek soek vir die boek ... http://ajprojects.co.za/node/34

daar is ook 'n gediggie van Raaitjie wat reeds soontoe geneem is ...

en as enige van julle sou wou deel neem as skrywers/digters/editors/kunsternaars - laat my weet asb 

Daar is 'n hele paar oulike aansoeke wat al gekeur is ... maar ek soek nog ...


Hierdie verhaal se baie met min, maar kragtige woorde Adele ... en jou vermoe om die woorde meer as net woorde wat swart verink is te wees, om die woorde 3 dimensional na jou toe aangestap te laat kom, is ongelooflik ...

Jy, Naas, Raaitjie en PM is vir my werklik 'n groot inspirasie ... eintlik elkeen in hierdie forum ... hoe bevoorreg is ek nie om met al hierdie prag talent omring te word nie ... mens kan mos net maar groei!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die byl
« Reply #7 on: May 20, 2012, 07:34:02 PM »
haai Willa, sorrie dat dit jou raak, as ek gedink het, het ek dit nie hier geplaas nie. Maar jy mag dit regtig gebruik, my volle goedkeuring en dankie baie vir jou mooiste kommentaar en PM, Raaitjie, dankie vir julle mooi woorde ook   :love7:   

ek het dit op voorskrif geskryf, die verhaal moes begin met...
“Nou waar gaan die oom dan met daardie byl?” vra Letitia vir haar mamma toe hulle van die ontbyttafel af opstaan..."
en 6oo woorde maksimum hê ... ek het werklik net begin skryf, nie geweet waarna gaan dit lei nie. dit was een van daardie skrywes wat homself na die tweede paragraaf verder geskryf het.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #8 on: May 21, 2012, 12:47:09 PM »
Daar is niks om jammer oor die twees nie Adele - dis GESOND en dis wat ons wereld se stukkende mense nodig het .. BAIE DANKIE DAT EK KAN GEBRUIK .. ek wil jou gunsie vra ... as ek vir jou ware feite van ware mensies plaas ... sou jy dit in sulke kort stukkies soos die omkryf - so in verhaal form - maar tog feitelik ...

Jy het 'n ongelooflik talent ... en dan kan ons dit in Hoop Fluister opneem .. die projek is 'n global projek - so baie mensies gaan dit lees as dit klaar is .. dit gaan in Afrikaans, Engels, Chinese, Duits en nou ook moontlik Spaans en Portugees wees (vertaal word vanaf Engels)

Ek kan die deurmekaar-seer-feite hier kom laai - of daar in die Hope Whispers se forumpie (werk soos die een) n hoekie skep.

Onthou ook elkeen van julle - ons soek nog editors - digters, skrywers ... 

Adele dankie dat ek dit mag gebruik .. as dit so met my hart praat - weet ek baie mense sal hiermee kan een wees en dit mag dalk net 'n deur oopmaak om te begin praat oor die eina wat binne in secret gedra word   
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die byl
« Reply #9 on: May 21, 2012, 01:06:12 PM »
ek sukkel nou al heeloggend om in internet in te skakel en uiteindelik...nou moet ek eers terug kantoor toe, hoop ek sukkel nie namiddag ook so nie.
ek sal probeer, lief vriendin, maar waarborg niks nie en as ek iets geskryf het en julle dink dis nie goed genoeg nie, gaan ek gladnie omgee nie, soos julle as skrywers ook weet, woorde kom nie altyd wanneer mens dit so wil nie, soms begin jy 'n skrywe en draai die hele ding homself in 'n ander rigting. so, gee maar solank een of twee, dan probeer ek dat jy dit eers kan toets.  laat weet waar jy dit laai, ek sal gaan lees.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #10 on: May 21, 2012, 02:08:22 PM »
Dankie Adele - ek bou nog die ander forum op .. dalkies goed om daar te werk dan is alles mooi bymekaar :-)

 :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byl
« Reply #11 on: May 21, 2012, 03:15:26 PM »
Willa, ek sou baie graag wou sien dat jy dit hier plaas, of dalk hier ook.  Dit behoort goeie inspirasie te wees vir almal wat wil saam skryf. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #12 on: May 21, 2012, 05:05:35 PM »
Dit kan werk PM - dan kan ons van almal af in put kry ... waar moet ek dit plaas??
Ek het reeds so paar wat ek kan bring ... en dan gee ons almal wat wil 'n geleentheid om te skryf -
maar dit moet dan binne die lyne van die Byl van Adele wees :-)

Kort, Kragtig en spreek die ding aan ...

ek gaan net die ware mense se name uit haal ... my feite, kan julle maar weet dis oor my ...
en as iemand graag hier ook hulle verhaal wil deel om omskryf te word ... WELKOM dapper mens WELKOM

PM - ek sal dan in Hoop Fluister melding maak dat die verhale hier gebou is en dat die skrywers hier leer en groei :-)
« Last Edit: May 22, 2012, 08:19:35 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #13 on: May 21, 2012, 05:06:47 PM »
op my web recommend ek die Forum :-)  http://www.willa.co.za/node/17721
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byl
« Reply #14 on: May 22, 2012, 08:24:46 AM »
Baie dankie Wils.  Jy kan ook meld hoeveel woorde plus minus, dan kan die skrywers daarvolgens werk.
Plaas dit onder "kortverhale" 'n nuwe onderwerp wat jy kan skep.  Jy kan ook meld dat Engels ook aanvaarbaar is. 

Ek is mal oor die waterdruppeltjies wat so val op jou webtuiste.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die byl
« Reply #15 on: May 22, 2012, 09:01:26 AM »
Hierdie byl het diep gekloof by my. Dis goed ek is nie 'n regter nie want ek verstaan glad nie wat in mense wat kinders mollesteer se koppe raas nie.
Dankie Adele.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die byl
« Reply #16 on: May 22, 2012, 09:49:09 AM »
Sjoe Adéle, ek het geweet jy KAN goed skryf, maar dit was nog beter. Die storie het my so vas gehou tot die einde waar ek agter gekom het, dat ek my asem ophou. Waar is die mannetjie wat hande klap o daar's een..  :hello2:  :notworthy:

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die byl
« Reply #17 on: May 22, 2012, 11:10:36 AM »
  aai, Naas, Trappies, weet julle hoe staan ek toon inni sand, maar ook dankbaar vir julle aansporing.   :love7: 
ek geniet kortverhale al hoe meer, iets wat ek nooooit gedink het ek sal kan regkry nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die byl
« Reply #18 on: May 22, 2012, 11:15:36 AM »
met jou talent, boor jy nie met jou tone in die sand nie, vrou!

Jy staan vas op die aarde, jou voete stewig ge-anker en jy skryf nog meer!

Eendag as my talent groot is, gaan dit amper naby jou, Naas, PM en die ander forum-familie se talent wees ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die byl
« Reply #19 on: May 23, 2012, 10:51:26 AM »
ek is bly ek is deel van julle almal, alleenwees is eensaam

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die byl
« Reply #20 on: May 24, 2012, 08:17:48 AM »
Hierdie is vir my 'n pragstuk Adéle en ek sou dit regtig graag in die boek wil hê.
Om te weet is om te verstaan.