Author Topic: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde  (Read 71516 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #15 on: May 19, 2012, 02:37:02 PM »
haai oeee, PM, as ek 'n mooi woord vir 'save' gehad het, kan ek dit sowaar nie nou onthou nie, dalk tel Meraai'tjie dit iewers op.
maar nog 'n nuwe woord wat onlangs tot my gespreek het, is 'hormoniëring'.....soos in die twee tortelduifies hormonieër...

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #16 on: May 19, 2012, 02:41:04 PM »
Die  twee tieners is nou erg besig met hormoniëring,
al giggelende hou hulle handjies vas
smorens tot saans ....

dis nou 'n prag woord .... Adele jy rock!  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #17 on: May 20, 2012, 01:44:47 AM »
Ek lief die woord  :love7: :notworthy: sal bietjie gaan grawe in die ou boekie of ek Adele se woord bewaar het PM!
« Last Edit: May 20, 2012, 09:20:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #18 on: May 20, 2012, 09:19:32 AM »
Ek kan nou nie onthou of sy dit geskryf of gesê het nie Raaitjie.  My koppie is bietjie plat die laaste tyd.  Moet al die "ontberings" wees.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #19 on: May 20, 2012, 09:21:26 AM »
Moet glad nie sleg voel PM, ek moes nou ook eers weer ABC herstelwerk kom doen op hierdie ynste erfie. Glip daar 'n p deur waar 'n f moes wees heheheh.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #20 on: May 20, 2012, 10:28:11 AM »
Dit was seker ek my my ef-woorde wat jou be-invloed het.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #21 on: May 21, 2012, 12:11:51 AM »
Hiehiehie, moet wees! Lief jou platkoppie en al. Jou Bosswana ontberings dra die blaam toetentaal en al  daarvoor. Jy is 'n victim :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #22 on: May 21, 2012, 04:32:20 PM »
 :sign10: O goeiste, moenie laat my kinders dit hoor nie.  :sign10:
Hulle mag nie "victums" wees nie, net wenners!

Raaitjie, kan ek vra dat jy die ander plasings wat in die boek moet kom vir ons by die "Konstruksiewerf" plaas asseblief.  Hier by ons gaan dit doller as kopaf.  Hannes was weer by die dokter vandag en hy het nog 'n week gekry om te "herstel" en ek is so ver agter met alles wat nog gedoen moet word voor die volgende "volmaan".   :icon_biggrin:  Ek moet hom ook nou oral neem waar hy moet wees, want die arme ding kan nog nie bestuur nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #23 on: May 21, 2012, 05:15:42 PM »
en die koue is mos nie goed vir 'n afbeen nie - en so 'n af-rip kan vrek seer wees ... wees maar geduldig met ons lief Hannes!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #24 on: May 21, 2012, 10:56:01 PM »
Oe sterkte mater met Hannes se groot eina! Wou net vinnig kom loer wie dwaal deur die forumgange en skryf die ouvrou is alweer oppad vir paar dae en gaan vas wees tot na die naweek. Kom Vrydag weer tuis en dan kom ons kinders van die Goue Kus weer bietjie kuier. Dit is weer rodeo naweek diekant so al wat leef verkas met doekesak, pakkasies en al.   :toothy4:  

Sodra ek weer aan't huise is sal ons koppe bymekaarsit oor wat jy in boek 2 opgeneem wil he. Nie seker oor hoeveel strukture,woordbeitels en slypstene jy daarin wil plaas. Het gou probeer loer maar ek gaan droogmaak as ek nou so oorhaastig te werk gaan  :icon_bigsmurf:
« Last Edit: May 21, 2012, 11:40:16 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #25 on: May 22, 2012, 08:57:13 AM »
Dit is reg so matertjie, geen haas nie.  Al die voorstelle wat jy gemaak het is reg en ook dit wat jy nog dink is goed, kan daar geplaas word.
Die ouens kry dan daar by die konstruksiewerf 'n idee wat in boek twee kom en hulle kan nog bydraes lewer. 

In die laat sestiger jare het my ouboet in Amerika gaan kersopsteek oor rodeos en dit hier in SA kom doen.  Dit het goed gegaan totdat die DBV besluit het dit is dieremishandeling en dit gestop het. 
Vir my was dit meer "mensmishandeling" want daai klomp jong manne was wild en het gereeld beserings opgedoen.  Na my broer se dood het my twee ander broers gereeld nog boeresport aangebied. Ockert het nog 'n ryskool en sy seuns is net so aktief met die perdesport. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #26 on: May 22, 2012, 09:06:59 AM »
Ta Raatjie moetie my  :icon_bigsmurf: ydelik gebruik nie... Ek gaan my wange 2 bar pomp en deur my ore asemhaal... En dit wil julle nie belewe nie.





 :icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #27 on: May 22, 2012, 10:45:24 AM »
Naas ... ek wil sien hoe haal jy deur jou ore asem -  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #28 on: May 24, 2012, 09:40:11 AM »
Seker soos die spreekwoordelike bul in die rooi Sjinawinkeltjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #29 on: May 25, 2012, 01:17:38 AM »
Hiehie... ek het so pas my giggelpil kom sluk sodat ek al die huishoudelike pligte diekant met wye glimlag en swaaiende lyf kan afhandel. Grassny is uit, dit sous! Maar ons is almal dankbaar want die reenwatertenks gaan weer oorloop. PM volgende week is ek weer terug en sal dan begin woel met die inhoud vir boek 2 waarmee die maters met hulle bydrae by die strukture besig is hoor. Net gou kom loer wie doen wat hier op die familie-erf.  

PM die perdegedoentes kruip in die ouens se bloed en word weer voorgeplant deur die gene ne  :toothy4: sien maar nou met Meisiekind se nuwe familie. Cowboys and -girls voor die voet. Goeie mooi Afrikaans vir dit??

Gelukkig jaag hulle net om dromme dat die stof staan. (Anders moes ek sakke vol pleisters saamneem as hulle nerwe afval om kallers te probeer vang met die goed LOL). Nou wil ons kabouters selfde leer, so gaan die hele fondemelie na die stoffasies naweke wat daar samekomste in die omgewing is en dis 'n gesaal en toom vir 'n naarheid voor die tyd. Hier is Meisiekind se stiefdogter in aksie. (foto met toestemming geskaai)

 
« Last Edit: May 25, 2012, 07:06:23 AM by Meraai vannie Baai »