Author Topic: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde  (Read 71525 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« on: May 14, 2012, 11:56:00 AM »
Kan nie onthou waar ek op die afgekom het nie - so twee jaar terug al - so dis nie meer so nuut nie ...

Ek kopië en plak dit sommer hier ... party is flou en ander heel oulik ... net dalkies kan julle van dit gebruik en kan Meraai dit in die Forum se woordeboek opneem ...
ongelukkig weet ek nie meer waar die oorsprong was nie - dit was nie Woes nie ...

Displaying all 18 posts.
Megan Nuwe Afrikaanse woorde:

Intelligensiemengsel
Dubbel Rum en Coke.

Vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestelletjie
'n lighter.

Boosdoos
Die Engelse noem dit die dogbox.

Rimpelkring
As iemand regtig 'n @rshole is kan jy hulle 'n rimpelkring noem.

Kombikraal
'n Ander woord vir 'n taxirank. 

Flaterwater
'n Mooi Afrikaanse woord vir Tippex.

Plooipleister
'n Minder mooi woord vir "makeup".

Strikkie griep
HIV/VIGS.

Bergieparfuum
Brandewyn.

Doefpoef
'n Plaas toilet of longdrop

skipants-sellulietsokkies
rapper-rymkletser
facelift- hysbakkies
make-up-jeug deeg

en my persoonlike gunsteling: stapler-papiervampier
woefkardoes of braksak

happy-go-lucky : geluk-in-'n-blik

one-track mind : eenlobkop

paw-paw (die ...het die fan gestrike) : pes is innie pastei

perfect match : room-en-ys-paartjie

plain Jane : Dooie Dorie

shopping spree : stroop-kopie

surf : web-wandel...of netpret hê

tip : moeite-geldjie

try (...my) : proef-en-troef

volunteer : bied verniet

Goodness gracious : Grote Griekse Koliek

Spick and span : alte klaar en agtermekaar

close dance : lyfvryf

big-shot : Donder-Daan

bar code : wondernommer

blockbuster (fliek) : bieliefliek

blues (die ...hê) : depressiesessie

all-rounder : hoela-hoeper

after all : rek of vrek

amazing : ama-sing-sing!
« Last Edit: May 17, 2012, 09:39:27 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #1 on: May 14, 2012, 11:57:34 AM »
ons moet so 'n afdeling he waar ons brain storm oor nuwe woorde vir Engelse uitdrukkings/woorde wat ons so gereeld gebruik en om ou woorde vars klank of betekenins te gee ... soos kreukelkammer van Woes se dae ... dit so 'n lekker word en ek gebruik dit so graag!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #2 on: May 14, 2012, 03:40:13 PM »
Willa, ek wil niks hoor voor jy nie daardie "kammer" van jou reg spel nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #3 on: May 14, 2012, 06:13:31 PM »
Ai - die brein hak vas ... ek hou van meervoudige goedte lyk dit my

KREUKELKAMER  :-)  nou kan jy verder hoor PM  ... gaan my bes doen om my kreukelkamer te kry om dit nou te onthou NET EEN M!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #4 on: May 15, 2012, 04:19:14 AM »
Daar het jy dit.   :hello2:

Ek dink dit is 'n baie goeie voorstel. 
Een so woord is "save".  Adéle gebruik 'n mooi Afrikaanse woord daarvoor, maar ek kan nou nie onthou wat dit is nie.

Ek stel voor  - Save - vasmaak - vasplak  of so iets. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #5 on: May 15, 2012, 12:14:56 PM »
maar nou moet ons sê na watter "save" ons verwys 

save a life = red a lewe

save a computer file/document/piece of work = Hou 'n rekenaar-lêer / dokument / stuk werk

Hoekom Vasmaak PM??  Vasmaak aan wat? Vasplak aan wat?  gie gie  :toothy4:

mens stoor dit mos op die hardeskyf .

ek dink aan 'n sin:  Stoor die lêer wat jy besig, gereeld oor na die bewaaringsskyf, om jou hoofbreekings te spaar.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #6 on: May 15, 2012, 07:40:20 PM »
Ja nê, ek dink aan "bewaring" met een 'a' om jou hoofbrekings met een 'e' te spaar!
Skuus matertjie, maar ek kon nie die versoeking weerstaan om jou siel uit te trek nie.  In hierdie geval dink ek dat "stoor" 'n ideale woord is vir "save". 
Stoor sat dit wees, tensy iemand anders met 'n beter woord vorendag kom!
Ek lief jou matertjie.  Sommer baie!!!!!!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #7 on: May 15, 2012, 07:50:23 PM »
ek het gewonder hoekom kreun bewaring en hoofbrekkings so onder my vinggers - ek het dit met 'n letter elke te vet gevoer ... gelukkig vir hulle is Ma-PM hier om hulle maggies leeg te maak :-)

Daar mag dalk 'n beter naam vir stoor wees .... bere ... veilighou

waar is ons ander slim maatjies dan ... Raaitjie slat windjies uit ... en die ander???
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #8 on: May 15, 2012, 08:15:52 PM »
Willa, is dit nou hoofbreeeeekings of hoofbrekkkkkings!  :toothy4:
Ek dink jy het "stoor" op die kop geslaan matertjie!  Stoor sê vir my alles!
Ek moet nou net gaan slaap, want ek is moeg geploeg!
Ek werk so hard aan Hannes Smit om nou met pensioen te gaan, dit is 'n voltydse werk!
Ek gaan sommer more saam met hom na daardie "moeese" vergadering toe, sodat ek al sy base in hullle maai kan stuur! Na 45 jaar behoort hy nou aan my, "boots and all", ek het hard gewerk daarvoor.  Dan, nadat hulle elkeen hul eie rigting gekry het, kom ons Kaap toe!  Ek beloof niks, ek beplan nog net!
Lekker slaap, kuier julle more weer raak!
« Last Edit: May 17, 2012, 09:40:53 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #9 on: May 16, 2012, 08:23:20 AM »
Dalk kan ons almal die vergadering gaan bywoon ....
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #10 on: May 17, 2012, 07:28:21 AM »
Die heel onderste klompie woorde het ek nog nie gehoor/raakgelees nie. Baie dankie vir die aandra Willa. Soos lankal moet ons nou probeer om vanuit dit weer ons eie woorde saam te flans  :book1: :notworthy: :icon_salut:
Die eerstes het ons ook daar doer in die begin van ons woordpret reeds bewaar in die woordskuur, sodra dit hier weer rustiger gaan sal ek hulle aandra, vergelyk met hierdie en vir ons 'n lys saamstel vir ons boekie van woorde hier.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #11 on: May 17, 2012, 10:09:37 AM »
Dis rof in JanDink se afdeling van TruSoft .. maar sodra dit rustiger is, sal hy die nuwe Afrikaanse Forum Woordeboek open :-) :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #12 on: May 18, 2012, 06:04:44 AM »
Baie dankie Willa & JanDink. Baie opgewonde oor die boekie van woorde en sal baie graag weer 'n afdeling daarin wil sien vir nuwe Afrikaanse woorde wat ons kan toepas in die alledaagse gebruik, om te kommunikeer. :book1: :hello2: :icon_salut: :notworthy:

Willa ek het ook gou 'n bietjie gaan graaf opsoek na 'n moontlike oorsprong van waaruit jou lys met woorde kom, heelaas kom hierdie woorde in verskeie weergawes op soveel erwe voor  :toothy4: Wat ek wel opgespoor het (wat ons baie sal help met plasing van die wat ons graag wil gebruik/of ander weergawes skep) is die toestemming wat ek gehad het met die plasing van sommiges van hierdie woorde vir ons ou woordeboek.

Iemand (onseker wie dit was  :icon_bigsmurf:) het om en by 4 jaar gelede, toestemming gevra om dit vir my aan te stuur om te mag gebruik met erkenning.
http://praat-afrikaans.co.za/index.php?option=com_kunena&Itemid=34&func=view&catid=7&id=102

In die stuk hier onder het ek heelwat van die (Neologismes) nuwe Afrikaanse woorde toegepas met 'n verduideliking wat elkeen beteken.

Brandgevaar tussen 18 en 81
 
Ons hele cowboydorp is oornag in beroering gebring. Kom hier toe mos so ewe 'n semelknaap met toutjies-hare uit een of ander Gamorra eiland met 'n sak vol dollars aan en koop die stuk grond net buite die dorp van oorle Hans. Die agentjie het nog skaars die 'for sale' bord  ingekap toe verf hy 'sold' so dwarsoor. Vryf sy hande aanmekaar en hou nie op met glimlag oor die maklike kommisie losgeslaan. As hy kon sing soos Bles het hy seer sekerlik 'n triltrolgesang aangehef van dankbaarheid.
 
Die oorhoekse tienermeisies van die dorp loop giggelend en vertel die nuweling is 'n oogplesiertjie soos nou lanklaas te vinde was op die gevrekte ou plek. Die verveelde lotjie kletskunstenaars by die vroue unie klink of hulle almal hom skelm sal aanhou as 'n lolliepappie en mevrou Dominies het haar leë hande skielik weer vol.

Sy loop net en waarsku teen die sesvoet-kiem. Die laat daar nou so beroering is want skielik onthou almal so helder soos gister, toe daardie loslit enetjie met die getiesde vierkleur-hare hier kom amok maak het op die dorp. Sy was nou vir jou 'n Alleman's Koekoekie.

Ek probeer natuurlik so in die stilligheid agterkom of hy nou die oorgewillige hennetjie se eweknie in manlike vorm gaan wees en sy eie bordjie by die ingang opslaan: Dompelpompie te huur! So ietsie vir die vrou se oog wat dwaal.
 
Ou Mien vertel sy het die nuweling onder bespreking net so skrams een of twee loere gegee en toe gedink hy lyk vir haar soos een van die bollie-patrollie of wit-troon-poetsers uit ons jongdae. Pure hanskakie.

Outop het die hele storie so beluister en toe ewe droog afgehak hy is nou geen kreukelkamer-kenner nie maar die knaap lyk vir hom altevol soos 'n vuurhoutjie onder die invloed van viagra - gaan 'n klompie lonte aan die brand steek en dit voorspel brandgevaar.
 
Nou sit ek die storie maar hier en inwag. Daar is heelwat boere met kaf op die lande. En soos ek die vroue so bekyk wat nou skielik nuwe haarstyl en genaderokkies aanskaf wissel die mannetjie se keuse so tussen 18 en 81.

© Meraai vannie baai
 
Proeswoorde se betekenis:
 * 'n Washout = semelknaap
 
* Yodel = triltrol-gesang
 
* Vroulike prostituut = Alleman's koekoekie (gewillige hennetjie onder al die hane van die dorp se erwe)
 
* Manlike prostituut = dompelpompie te huur
 
* Vigs = sesvoet-kiem
 
* Toiletskoonmakers = wit-troon-poetsers of die bollie-patrollie
 
* Sugardaddy = lolliepappie
 
* Vrouens = kletskunstenaars
 
* Hunk = 'n oogplesiertjie

*Breinspesialis = kreukelkamer-kenner

*Minirok = genaderokkie
« Last Edit: May 20, 2012, 01:59:00 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #13 on: May 18, 2012, 07:59:40 AM »
Baie dankie vir die moeite Raaitjie, ek het dit weereens baie geniet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: 'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde
« Reply #14 on: May 18, 2012, 04:33:52 PM »
Raaitjie jy is nie die doring op die roos-stokkie nie!
Jou blaartjie is sag pienk en geurig .... net so jou woordemandjie! 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w