Die Biblioteek > Nuwe woordskeppings

'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde

(1/8) > >>

Ah Willa:
Kan nie onthou waar ek op die afgekom het nie - so twee jaar terug al - so dis nie meer so nuut nie ...

Ek kopië en plak dit sommer hier ... party is flou en ander heel oulik ... net dalkies kan julle van dit gebruik en kan Meraai dit in die Forum se woordeboek opneem ...
ongelukkig weet ek nie meer waar die oorsprong was nie - dit was nie Woes nie ...

Displaying all 18 posts.
Megan Nuwe Afrikaanse woorde:

Intelligensiemengsel
Dubbel Rum en Coke.

Vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestelletjie
'n lighter.

Boosdoos
Die Engelse noem dit die dogbox.

Rimpelkring
As iemand regtig 'n @rshole is kan jy hulle 'n rimpelkring noem.

Kombikraal
'n Ander woord vir 'n taxirank. 

Flaterwater
'n Mooi Afrikaanse woord vir Tippex.

Plooipleister
'n Minder mooi woord vir "makeup".

Strikkie griep
HIV/VIGS.

Bergieparfuum
Brandewyn.

Doefpoef
'n Plaas toilet of longdrop

skipants-sellulietsokkies
rapper-rymkletser
facelift- hysbakkies
make-up-jeug deeg

en my persoonlike gunsteling: stapler-papiervampier
woefkardoes of braksak

happy-go-lucky : geluk-in-'n-blik

one-track mind : eenlobkop

paw-paw (die ...het die fan gestrike) : pes is innie pastei

perfect match : room-en-ys-paartjie

plain Jane : Dooie Dorie

shopping spree : stroop-kopie

surf : web-wandel...of netpret hê

tip : moeite-geldjie

try (...my) : proef-en-troef

volunteer : bied verniet

Goodness gracious : Grote Griekse Koliek

Spick and span : alte klaar en agtermekaar

close dance : lyfvryf

big-shot : Donder-Daan

bar code : wondernommer

blockbuster (fliek) : bieliefliek

blues (die ...hê) : depressiesessie

all-rounder : hoela-hoeper

after all : rek of vrek

amazing : ama-sing-sing!

Ah Willa:
ons moet so 'n afdeling he waar ons brain storm oor nuwe woorde vir Engelse uitdrukkings/woorde wat ons so gereeld gebruik en om ou woorde vars klank of betekenins te gee ... soos kreukelkammer van Woes se dae ... dit so 'n lekker word en ek gebruik dit so graag!

PM:
Willa, ek wil niks hoor voor jy nie daardie "kammer" van jou reg spel nie.   :icon_scratch:

Ah Willa:
Ai - die brein hak vas ... ek hou van meervoudige goedte lyk dit my

KREUKELKAMER  :-)  nou kan jy verder hoor PM  ... gaan my bes doen om my kreukelkamer te kry om dit nou te onthou NET EEN M!

PM:
Daar het jy dit.   :hello2:

Ek dink dit is 'n baie goeie voorstel. 
Een so woord is "save".  Adéle gebruik 'n mooi Afrikaanse woord daarvoor, maar ek kan nou nie onthou wat dit is nie.

Ek stel voor  - Save - vasmaak - vasplak  of so iets. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version