Author Topic: Sommer net  (Read 3923 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Sommer net
« on: May 06, 2012, 09:31:13 PM »
sommer net gou hallo seg.
ja jammer dat ek laaste tyd so stil was. gedagtes is op baie ander plekke en lus vir skryf en selfs fotos neem is effe geblus maar ek glo dit sal weer optel.

Gaan goed hier met ons saam. Ons het nou uit die brand huis getrek in die vakansie huis in so 4 km van ons plaas af op 'n ander plaas, genadiglik nie in die dorp nie. Ek moet nou elke dag heen en weer ry en van môre af gaan ek middag etes ook moet ry om te kom eet want ek het vrydag middag die stoof ook hierheen gebring. Die vrieskaste en een yskas staan nog anderkant, sal nog sien wat ons daarmee gaan maak, plek hier is nie so ruim nie.
o ja, ons het toe uiteindelik klaar geoes verlede woensdag die 25 ste. dit was so laat orolat die buurman se kelder vol was en ons moes aanmekaar wag vir plek in die kelder.

Ek en vrou het tot nou toe nog nie tv gemis nie, en ons maak amper elke aand vuur in die braai kaggel hier neffens waar ons om die ronde tafel sit en kuier elke aand. ons braai soms net 'n stukkie brood.
Die winter kruip nader hier in die Boland.

Ons 2 seuns is op stellenbos om hulle kennis te verbreed, hulle is nou deel van die spesie wat student genoem word. hulle bly elkeen in 'n woonstel, selfde woonstel blok, en hulle woonstelmaats is 2 susters. burger slabbert vervoer se 2 dogters. ons het al die 1 suster ontmoet en nog nie die ouers nie. Verlede naweek ( langnaweek) bied die slabbert mense hulle strandhuis op yzerfontein gratis vir ons aan. ons was toe daar vir 3 nagte, heerlik gekuier al was dit heel tyd bewolk en koud en wind. in elk geval  na die naweek toe antionette met die burger vrou op de foon praat en dankie sê, seg sy ons moet sommer die sleutel by ons hou en ons mag enige tyd daarheen gaan soos ons wil. sjoe ja mens kry nog mense met goeie harte.

van oes gepraat...ja die oes was wonderlik en baie groot, 38% meer as verledejaar. die Here het ons baie geseën.

Ons het al so effe begin roer aan die bouery, planne word opgetrek en 'n bouer is aangestel, sal seker oor so 2 na 3 weke kan begin bou. wil so effens verander binne, nog 'n badkamer aan ons slaapkamer insit.

jammer ek so rond en bont skryf en vertel, maar dis maar soos my gedagtes loop, geen geordende skryf vandaand nie, gaan in elk geval nou nou stort en bed toe.

die naweeek waarin ons nou is oor 14 dae is ek DV by die see, visvang ekspedisie, ek en 2 ander manne wil sommer net weg gaan vir 4 dae en kyk of ons vis kry. ek vang swak vis maar ek gaan darem my se kamera ook saam neem. sal sien of ek darem i vis of 3 kan vang en of ek dalk i paar mooierige fotos kan neem. ek is ook al so uit oefening met fotos neem, maar sal sommer vir die lekkerte afneem.

ek en vrou het darem al so paar stukkies klere vir die winter gekoop en ek het skoene by Tarzan laat maak. my voete wil nie in winkel skoene pas nie. ek het donderdag na 3 maande vir die eerste keer weer toe skoene aangehad en my voete protesteer nogal erg daarteen.

die week wat kom is lekker warm en ek het 'n dam duikwerk dinsdag, sal maar net na middag ete doen dat dit effens warmer kan wees. my werkers en buurman se werkers gaan woensdag see toe vir die dag, het 'n bus gekry wat hulle sal neem. dan gaan hulle ook sommer hulle jaarlikse verlof kry vir 2 en half weke. ek sal maar kontrak werkers gebruik om met die werk aan te gaan soos nodig.

ek sal die maand seker 'n paar keer kaap toe moet ry waarvoor ek nie lus is nie, ek hou mos niks van dorp en stad nie, te veel mense, karre en geboue. daar is so baie geboue ek kyk daarin vas en kan dan nie vir kaapstad sien nie. as ek van kaap toe gaan praat bedoel ek enige plak van kraaifontein, kuilsrivier af tot blouberg, milnerton en tot by kaappunt in die suide.

ek plan om hanepoot wingerd uit te haal vanjaar en weer te hervestig met hanepoot. sal nog sien hoeveel ek gaan hervestig want dit hang af hoeveel stokkies wat geënt is,  gevat het. wil ook 'n nuwe manier van oplei probeer om meer tonne per hektaar te kry.

 o ja die toyota bakkie loop weer.......sy sleutels het mos saam uitgebrand in die huis en toe kon ons hom nie weer aan die gang kry nie want hy ( en baie ander toyotas) het 'n sleutel met 'n "chip" in en die kode is nodig om die enjin se rekenaar gerus te stel dat dit die regte sleutel is. op die ou end moes ek 'n nuwe ID boek kry ( ou een gebrand) en toe nuwe registraise papier vir die bakkie en toe  eers kon ons nuwe rekenaar en sleutels en deur slotte bestel. 'n hele R6500. maar nou ja dis maar die verloop van die lewe.


anton, 2 de seun, het ook nou so kort inlei kursus vir scuba gedoen en wil graag gaan kyk of hy dit geniet in die see. ek jeuk self vir duik weer i slag maar ek het nou nie eers 'n kamera om af te neem nie.

netnou het ek en vrou die laaste van die bottel pinotage van middag se steak braai gedrink maar nou raak dit koud, eers nou rooibos maak om te drink voor stort en bed tyd.

hier op die plaas waar ons nou woon is baie akkerbome op die werf en reg voor die voordeur 'n slaweklok. die son kom so kuins agter die klok op, sal een oggend waneer ek weer in die mood is vir moeite maak met fotos, kyk of ek i mooi kiekie daarvan kan kry. moes eintlik vannad die volmaan agter die klok afgeneem het maar toe vergeet ek mos daarvan. sinkdak en toe dit akker tyd was skrik ons gereeld in ons slaaptyd as daar 'n lekker groot vet akker met 'n knal op die sinkdak val. gelukkig is al die akkers nou klaar geval. die nou net die blare wat val.

Wingerd se blare begin ook nou verkleur en gereedmaak om af te val vir die winter.

die week wat kom die aarbeie plant en dan is dit snoeityd.

ek dink dis nou tyd om te gaan stort en die bed te gaan bekruip en die binnekant van my ooglede bestudeer.

so van bed gepraat, ons, dis nou ek en die vrou, is gewoond om op i gewone dubbelbed te slaap en hierdie huis het 'n king size bed in........sjoe dis groot, mens verdwaal eintlik op die bed soos jy na mekaar soek. my ouma het geseg als wat te by het is onnodig behalwe te voet, te perd en te..vrede. my neef het bygevoeg ja nou hoef hy nie groente en vrugte te eet nie want dit het ook te by. eintlik het ouma bedoel waneer die te vooraan kom.

nou ja toe julle almal, lekker aand en week vir julle, en mag idt 'n heerlike week wees vol lekker dinge in jou lewe.

laat die wiele rol.....















 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sommer net
« Reply #1 on: May 07, 2012, 09:08:02 AM »
Baie dankie vir 'n heerlike leesbriefie AB.  Bly om te verneem dat alles goed gaan met julle en dat die groot werk - oestyd - verby is.  Dalk kan "die druiwe is in die kuip" dien vir 'n goeie gesegde wat beteken "dit is afgehandel".  Ons is dankbaar vir 'n pragtige oes. Baie geluk!

Botswanna se weer is hierdie jaar baie wisselvallig.  'n Paar dae is dit erg koud en dan braai ons weer uit. 

'n Mens se gemoedstoestand skryf dikwels vir jou voor van wat om te doen en wat om nie te doen nie.
Ek is baie lief vir my kamera en maak dikwels aantekeninge van 'n sin of 'n frase.  Hierdie laaste twee volmane hier in "Bosswanna" het ek altwee baie afgeskeep.  As ons gelukkig is, word die projek vandag afgeteken en dan kan ons more dou voor dag, die pad slaan Pretoria toe. 

Ons het ook so 'n vuurmaakplekkie in ons kuierplek in die huis.  Daar braai ons ook ons etes en ek dink van alles het ek en Hannes dit die meeste gemis.  Ek het maar my bes probeer om die huis en die tuin uit my gedagtes te verdryf. Ons gaan ons blyplek met 'n passie waardeer as ons weer tuis is.
Ek hoop julle plek sal ook weer binnekort "up and running" wees.  Voor die volgende "akker-oes".
Neem asseblief net vanaand daardie volmaan af en ook die sonsopkoms by die slaweklok en kom deel dit met ons.  Ek wag ook in spanning vir daardie visvangfoto's. 

Dit is darem 'n geweldige som geld om te betaal vir nuwe sleutels!  Ek is ook bly die rompslomp van nuwe dokumentasie is afgehandel.  Nuwe skoene en nuwe klere neem ook maar 'n rukkie voordat julle weer gestel is.  Dit is nog 'n inkopiesaak waarvan ek niks hou nie. Kry maar een van jou werksmense om jou skoene 'n bietjie in te loop!  :icon_biggrin:

Voorspoed met die hervestiging van die hanepoot en die aarbeie en die snoeiery.  Moet net nie so hard werk dat ons jou nie hoor of sien nie.  Eet maar julle groente en vrugte, dit gee krag vir 'n nuwe dag.   :icon_biggrin:

By ons sal dinge ook weer binnekort normaal wees, dit is nou te sê as ek ooit "normaal" kan wees en na hierdie trippie sal ek nog lank soek na al my varkies.
 

Mag julle ook 'n wonderlike week hê en baie liefies ook vir Antoinette. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Sommer net
« Reply #2 on: May 08, 2012, 08:15:40 PM »
AB, amper wil ek bly word dat jou "lus vir skryf en selfs fotos neem is effe geblus"
want met jou vertelling hier lees en geniet ek so lekker aan jou skryfstyl. hoop jy gaan dit meer doen.
nietemin, baaaie sterkte, en dankie vir die deel van julle positiewe uitkyk op die lewe.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sommer net
« Reply #3 on: May 09, 2012, 02:46:23 AM »
Amen op jou versoek vir meer van die kuierlyne van AB matertjie!!
 

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Sommer net
« Reply #4 on: May 09, 2012, 05:06:39 AM »
gee kans dit sal weer kom, in oestyd staan als mos stil en admin raak agter, in 1012 se oes meer as ander jare oorlat die oetyd 4 weke langer was en oorlat al die rekords en dokumente nie meer bestaan nie.

ek dink ek sal meer nuus en fotos begin vertel waneer die bouery begin.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sommer net
« Reply #5 on: May 09, 2012, 05:14:21 AM »
My plek geboek Stoffel  :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Sommer net
« Reply #6 on: May 09, 2012, 09:32:35 PM »
net so lekker kom val ek by julle kuier lyne in ... my maggie prop-vol en my smile hemels breed  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sommer net
« Reply #7 on: May 10, 2012, 07:30:05 AM »
Julle sal nie weet hoe wonderlik dit is om hierdie dierbare matertjies van ons in persoon te ontmoet en saam te kuier nie.  Hulle word so deel van jou familie en as jy terug is by die huis dan kom die groot verlang en gemis en daarmee saam die bekommernis oor hulle welstand.  As iemand stil raak dan het jy so 'n beklemming om jou hart en as hulle weer saamgesels dan bring dit groot verligting. 
 :love7:
Om te weet is om te verstaan.