Author Topic: Parallelogram de Crystalline  (Read 9064 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Parallelogram de Crystalline
« on: May 15, 2011, 07:08:30 PM »
Parallelogram de Crystalline

Karan Naidu het hierdie gedigstruktuur vir sy sielsmaat Crystal Rose, ontwikkel.
Hierdie struktuur bestaan uit vier strofes, (stanzas of verse) met drie versreëls elk.  (Hier, heel onder is ‘n kort opsomming van die terset.)

Hierdie gedigstruktuur het ook 'n vereiste van 3, 6 en 9 lettergrepe by die onderskeie versreëls.

Gewoonlik word die liefde of 'n geliefde besing deur vergelykings, met iets uit die natuur.

Voorbeeld:

Jy is my aarde.

Jou groen gras                      
reflekteer die koelte
wanneer ek  diep in jou  o-ë staar.

‘n Palmstam,
stewig, sterk, standvastig,
hou my stewig vas, sonder wankel.

Die digte
groen skadumat van jou
avoboom, bied my rus en vrede.

Uit die poel,
weerkaatsend, jou liefde,
laat my kragtig sterk en stewig staan.

Example:
Enlightened
By your tender beauty
Moon conceals herself behind the clouds

Shimmering
Upon the silent sea
Stars do admire your alluring smile

Glimmering
In the tranquil cold night
Fireflies dance on the beat of your heart

Fluttering
Prancing on gentle buds
Butterflies kiss your delicate lips

Copyright © 2009 Karan Naidu

Terset is ‘n stanza, (strofe of vers) wat uit drie versreëls bestaan.  Dit kan deel wees van ‘n gedig, of ‘n gedig in geheel vorm.   Byvoorbeeld, die Haiku is ‘n gedig wat uit ‘n terset bestaan.  (Geen rym nie)

Die terset, (enclosed tercet) is waar die  versreëls in die aba rympatroon toegepas word en
terza rima, waar die aba rympatroon van die strofe herhaal word in die volgende strofe,
deur die buite versreëls  van die volgende strofe te laat rym,
met die binne versreël van die vorige strofe, bcb.

Die “digterlike drieling” (poetic triplet) is ‘n terset waar al drie versreëls uit dieselfde rymskema, a a a, bestaan.  Dit word gewoonlik toegepas waar die skrywer ekstra nadruk op ‘n onderwerp wil plaas.
 
Die terset vorm ook deel van die villanelle, waar die aanvanklike vyf stanzas (strofes van drie versreëls elk) afgesluit word met ‘n kwatryn.  (‘n Stanza of strofe van vier versreëls)



Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Parallelogram de Crystalline
« Reply #1 on: May 15, 2011, 09:24:46 PM »
Jy is

Bloedrooi roos
met sy dorings en al
se skoonheid vervaag in jou menswees.

Waterstroom
se diepste kabbeling
murmer oor die stilte in my hart.

In fynbos
styg die aardse geure,
aromas van ons laaste saamwees.

Die landskap
in sy volle wydheid
omvou nie die skoonheid wat jy straal.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Parallelogram de Crystalline
« Reply #2 on: May 16, 2011, 07:49:59 AM »
Dankie vir die pragtige voorbeeld Naas. 

Wie gaan nog probeer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Parallelogram de Crystalline
« Reply #3 on: May 16, 2011, 11:53:22 AM »
Ek het Raaitjie se toestemming gevra om ook haar mooi voorbeelde te gebruik.  Met die nodige erkenning aan Meraai van die Baai,  ek is dankbaar vir die vergunning.   :love7:

Jou liefde
is my kleed teen die naak
van al die seisoene se kloue

'n Boomhuis
waar wolwe verniét blaas
want hierdie skuilte is soos 'n kluis

My anker
wanneer die storm skel woed
en getye my ru, mee wil sleur

'n Hawe
waar die seile van my
lewensboot, soms maar halfmas, mág hang
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Parallelogram de Crystalline
« Reply #4 on: May 17, 2011, 12:17:21 PM »
Liefdes kreet!

Blomme mooi.
Jou wange rooi getooi,
wanneer jy in my oor stout fluister.

Seesand brand,
my tone met liefde,
wanneer jy my oortuig van geluk.

As die son
helderskyn, oortuigend,
as jy vir my sê, Ek het jou lief!

Doudruppels,
voel ek op my wange,
as ons sorgloos die lewe aandurf!

©  :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Parallelogram de Crystalline
« Reply #5 on: May 17, 2011, 04:16:53 PM »
Jy is 'n ou doring!  Ek hou van hierdie struktuur, dit skryf lekker. 
Om te weet is om te verstaan.