Author Topic: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn  (Read 11009 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« on: May 03, 2012, 05:37:06 AM »
NB: Met die skep van gewone kwatryne (vierreël-verse) kan die digter na hartelus dig - daar is geen reëls aan verbonde soos met die Persiese weergawe  :icon_salut:

'n Persiese of Oosterse kwatryn is ‘n vierreëlige, alleenstaande gedig en word in sekere kringe geskep met ‘n pregnante rymskema: aaba.  Die derde versreël loop oor met enjambement na die slotvers (een van die eienskappe waarvolgens ons dan ook die kwatryn kan eien as ʼn Persiese Kwatryn).

Heelwat skrywers skep veelvuldige verse en kan hierdie verse dan ook as enkelverse uitgelig word -dus alleenstaande segmente wat elkeen vervul aan die voorgestelde riglyne.

Ek haal die volgende  uit Gert Strydom se riglyne aan, oor hierdie struktuur:
Gewoonlik kom die tema van die gedig in die eerste twee reëls voor,
met die mening van die digter in die derde reël
en die gevolgtrekking of konklusie in die vierde reël wat dan die samevatting van die inhoud daarvan is.

Die Persiese kwatryne van Omar Khayyam (11de eeu) het 'n sterk invloed uitgeoefen op die Westerse poësie. Hierdie struktuur neig om 'n wysgerige inhoud te bevat en handel dikwels oor lewe en dood; kortstondigheid van vreugde, skoonheid en dan ook die liefde en wyn
.

Uit die voorbeelde van verskeie groot digters is daar sommiges wat hou by tien lettergrepe per reël.
Ander wyk weer af soos te siene in hierdie voorbeeld van Fanie Olivier uit sy sesde bundel [A]postroof:

afwagting
 
en toe dit donker word die aand gee jy die gees:
jy hou, eenvoudig, asem op: dis klaar met kees.
en gegewe dié gegewe waarom sou jy
daarbuite later iets van jou, nou ‘n hiaat, wou lees?






« Last Edit: May 03, 2012, 05:43:38 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #1 on: May 03, 2012, 05:51:54 AM »
VOORBEELDE UIT ONS EIE GELEDERE:

Piet Magriet
 Wie weet of die haas in die maan
 nie deel is van my verstaan nie,
 deel is van die heelal se plan
 om my weë reguit te baan nie.
 
© PM

 Voorbeeld met tien lettergrepe:
 
 Wie weet of alle skoonheid wat vergaan
 nie deel is van ‘n plan, oud, onverstaan,
 van wat die nagtegaal miskien mag droom,
 van wat die aandblom fluister aan die maan?
 
© PM

NOG 'N VOORBEELD UIT DIE PEN VAN PIET MAGRIET

 Op een en twintig jaar word ons mondig.
 Sê hul mos die lewe is kortstondig.
 Is dit nou ‘n werklikheid of dink u
 hierdie oue ou stelling is grondig?

© PM

Naas: Strandgeveg
  
 Ry op ry soos geoefende soldaat
 spoel die branders bo-oor die sandsinkplaat
 om na die aanslae terug te val
 en die sand ongeskonde klam te laat.
 
 Male en male, male sonder tal
 word die weerlose sandstrook aangeval.
 Skuimperdbranders veg eindloos en verwoed
 maar die sand se riffellinies staan pal.
 
 Die geveg is spiesloos en sonder bloed,
 ‘n geworstel sonder durf, sonder moed
 word dag vir dag onkeerbaar weer hervat
 daar waar die seegetye daagliks woed.

© Naas

'n egte, opregte Suid-Afrikaanse Rubáiyát kwatryn deur onse eie Langenhoven aldus Meester Naas.

Bouverval
 
In die reghoeke van die parlement
 word wette van ‘n nasie in sement.
 Maar sonder begrip, met skewe troffel
 bou hul flytig saam aan ‘n land se end.
 
© Naas

En toe skep Naas hierdie pragtige vertaalde weergawe vanuit PM se Engelse Rubáiyát kwatryn wat sy gedeel het met ons:

 Ontwaak! Die son agter die Oosterkim
 verjaag die sterre in ‘n hersinskim.
 Slaan die koning’s toring met ‘n lig-swaard
 wyl hy die slagveld in die hemel klim.
 
© Naas

 Trapsoetjie:
 Ek lees van al die strukture,
 en dit dryf my teen die mure,
 want van tyd is daar geen sprake,
 tussen ‘n harde plek en baie vure.
 
 Help is altyd byderhand
 So staan hy met sy toon in die sand
 Weer ‘n wonder woord getoor
 Bouen ‘n sterker band.
 
 Moedertjie hart so sag,
 moet berge vermag.
 Hardekoppe -
 Gee haar asseblief die krag.
 
 So hol elkeen se woord
 Van liefde tot die groot moord
 Tussen mure en gange
 Bevind ons, ons in ‘n woorde oord...
 
© Trapsoetjie
 
En tong in die kies het ek die volgende kwatryne geskep:

Telepatie

 My lief, ek wou nog vir jou sê
 daar's ietsie wat ek graag wil hê;
 maar toe knipoog jy en nooi my
 om knussies by jou te kom lê!
 
© Meraai vannie baai

Dit is nou nie juis die perfekte voorbeeld van 'n kuise lewensbeskouing vir oues van dae nie; maar oud is nog lank nie koud nie, is mos 'n groot waarheid ne!

Kwatryne Pyne ♪♪ (in G-my-meer)

Jou kombers, my matras, daár lê K(w)atryn!
Ja daár lê Quatrain! ♪♪ Ja daár lê Quatrain!
Persies of plein? ♪♪ Wat van 'n Rubáiyát;
tel ons grepies? Oi! Net daar lê die pyn!

© Meraai vannie baai
 
*Met respekte en erkenning aan die groot geeste van toeka tot nou.
« Last Edit: May 03, 2012, 06:08:23 AM by Meraai vannie Baai »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #2 on: January 18, 2017, 12:55:02 PM »
Ek is vandag baie trots op my mentors/vriendinne/leermeesters hierso ....
Hennie van Hennie se Skryfhoekie en Hennie se Digkompetisie fb-blaaie het 'n uitdaging gegee oor persiese kwatryne en Meraai se inligting hiervanaf soontoe gedeel sodat daardie digters bietjie daaroor kan dig.   :toothy4: 
Dankie Raaitjie! julle mag maar, né!    :love7:   :love7:
nou ja, laat ek ook sommer my griffelbreinselle hiermee toets ....  :icon_study: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #3 on: January 18, 2017, 10:47:51 PM »
Wat 'n voorreg!  :love7: :notworthy:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #4 on: January 19, 2017, 07:22:32 AM »
Voorlopig het ek nog net die tweede een op daardie kompetisieblad gaan plaas. Ek toets nog 'n ander woordgedagte ...

Persiese kwatryne

Dit was in die oue kasteeltyd gewees,
geeneen kan ooit die seer genees.
Die verlies van hulle lewe saam is
in haar memoirs, vir enigeen om te lees.


In Ragab se lewe het sy haar ingeleef,
asof 'n rolmodel, haar voorbeeld nagestreef.
Te laat het sy die immorele nadele besef en
haar tussen slymslierte en diep waters in begeef.

©adéle theron


adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #5 on: January 19, 2017, 08:14:56 PM »
Rubáiyát, wat 'n skat!  Ja-nee kyk, ons weet hoe om die woorde te smyt! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #6 on: January 19, 2017, 11:17:21 PM »
Puik Adele! Ek glimlag wyd vir 'ja nee kyk - ons weet hoe om die woorde te smyt!"

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #7 on: January 21, 2017, 02:40:28 PM »
 :toothy4:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #8 on: June 11, 2018, 10:02:57 AM »
More julle. Ek sien julle het lanklaas iets hier geplaas. Ek het op 'n Blad opgeindig wat julle ook maar kan kom besoek. SA Digters. Joey se Skryd en digblaaie is ook nie te versmaai nie. Maar daar by Sa Digters het ons 'n kontrak met 'n uitgewer. Ek nooi julle uit om dit te kom uitkyk daar. Ek mis my ou vriende baie

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #9 on: June 11, 2018, 10:08:19 AM »
Hallo Ans ... lekker om jou hier te sien ... ons gesels gereeld en lekker oor kuiers en ander geselsies. Kom loer daar ook in.  :love7:
Ek is deel van SA Skrywers en Digters maar vir ons wat nie fereeld kan deelneem nie is dit moeilik. Hulle onderwerpe en sperdatums gooi my uit. Maar jy kan regtig jou skrywes hier ook plaas ... altyd kosbaarmooi dan kan ons dit ook lees.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Persiese Kwatryn versus die gewone kwatryn
« Reply #10 on: June 11, 2018, 12:42:38 PM »
Ek mis al die saam kuiers ongelooflik ook. Sal bietjie gaan loer wat julle doen mater.