Author Topic: Sterre galore!  (Read 9181 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Mel

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 8
Sterre galore!
« on: May 12, 2011, 01:27:57 PM »
Ons was hierdie afgelope tyd baie bevoorreg om haarbreedte van drie kunstenaars te wees!

Met die African Bike Week het ek een aand verby Rajesh van Isidingo geloop en amper oor my voete geval toe ek hom herken. Hy is eintlik regtig korterig.  :dontknow:

'n Middag of twee daarna gaan kyk ons na 'n vertoning van so swartkop-outjie wat baie rondspring op die verhoog maar heel duidelik sy musiek geniet. So halfwe punk rock daarin gemeng?  :icon_scratch:. Inelkgeval, so besluit ek en my dogtertjie dat die outjie nogal mooierig is en dat ons 'n foto saam met hom wil neem. Te oulik. Eers later uitgevind dit was die ene Stefan Ludik! Hom wragtig nooit herken nie. En hy het daardie selfde aand in die pub waar ons 'n skemerkelkie  :angel12: geniet het ook aangekom.

Wel, kort op sy hakke word Pieter Koen ons buurman waar hy en sy gesin bietjie kom vakansie hou het. Die aangenaamste mense! Hul kinders kuier elke dag by ons en Pieter se oudste en my seuntjie is 'n rugbyspan wat wag om gebore te word!

Maggies ... show and tell!  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sterre galore!
« Reply #1 on: May 12, 2011, 02:21:07 PM »
Lekker om jou raak te lees Mel. 

 :icon_biggrin:  Daai twee seuns  gaan Sharks wees!   :icon_biggrin: 

Dit is nogal vreemd dat 'n mens die ouens in lewende lywe sien en dan besef hulle is nie so lank of groot as wat jy verwag het nie. 

Gaan dit goed met julle?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Sterre galore!
« Reply #2 on: May 12, 2011, 08:08:51 PM »
Ek is 'n 'celeb' fan. As ek 'n tydskrif of koerant op die net oopmaak, is dit wat ek heel eerste lees. Yip, hulle lyk nie altyd soos die prentjies in die boeke nie. En ja, ook maar net so mens soos die res van ons. Vertel ons van die African Bike Week. Klink lekker.
elle

Offline Mel

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 8
Re: Sterre galore!
« Reply #3 on: May 13, 2011, 01:14:27 PM »
Ek het gisteraand so gelag vir die kinders. Dit was hul laaste aand en het natuurlik gisteraand bietjie laterig by ons gekuier. So gee Pieter se vrou vir ons 'n CD van hom en toe ons dit opsit en "skud jou biscuit" begin, begin daardie jongste enetjie ook te skud. "Dit is my pappa!" Ek mis die kinders al klaar!

Dankie PM - gaan goed. Werk maar net voort! Baie bedruk by die werk, maar dit is lekker! Ek is mos by 'n nuwe firma en het weer doel voor oê.

Die African Bike Week was feeste! Elke jaar groei die affere. En die gees was wonderlik. En natuurlik die bikes! Toe die "mass run" die Sondag oggend begin, het ons hoendervleis vir ontbyt gehad!
 :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sterre galore!
« Reply #4 on: May 14, 2011, 08:29:58 PM »
Mel, ek is nog altyd mal oor jou uitdrukkings!  Jy gee my ook hoendervleis vir ontbyt!  Ek is oneindig dankbaar dat dit goed gaan met jou. 
As ek net dink aan daai "mass run" se gegrom, dan gly ek sommer van my stoel af!  Nee wag, ek dink dit is tyd vir my om te groet,  voor ek my naam heeltemal tottie maak! 
Lekker slaap,  gesels weer more!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.