Author Topic: Naani (Indiese struktuur)  (Read 3294 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Naani (Indiese struktuur)
« on: May 02, 2012, 08:54:20 AM »
*Hierdie struktuur was voorheen op maar ek sien dit nou nergens nie, so ek plaas weer.

'n Kortgedig-struktuur in Afrikaans, geleen uit die Indiese kultuur. Die eenvoudige struktuur word geskep met slegs vier reëls en 'n gesamentlike lettergreeptelling van 20 tot 25. Dit bied aan die digters ruimte vir die spreekwoordelike 'uitdrukking vir ieder en elk'.

Gewoonlik handel 'n *Naani oor menslike verhoudings/hedendaagse uitdrukkings/wyshede
maar 'n spesifieke onderwerp is nie 'n vereiste vir hierdie struktuur nie.

 Aangepasde strukture
 met nuwe riglyne
 baan die weg
 vir toekomstige skrywers
 :toothy4:
 

Hier is my eenvoudige voorbeeld:
 
Gekose woordsaadjies
 bewaar in die skuur;
 'n onuitputbare bron
 vir die nageslag.
 
©Meraai vannie baai
 
********

SKRYWERS SE VOORBEELDE:
 
Naas:
 
Die verdomde Indiane
 dryf my tot trane.
 Probeer maar hul kaani
 Naasi spelli
 
Piet Magriet:
 Skink maar vir hom 'n dop
 dit sal die brein reg skop
 hy sal gou sien gehaasi
 hoe spel 'n mens Naasi
 
Die volgende Naani's het 007 geskep uit die skrywers se woorde:
 
Meraai:
 Hier sit ek tussen die lyne
 gevul met woorddisse
 van vrinne, te kies
 en te keur

Piet Magriet:
 In die Kaap,
 as die wind so deur die gleuwe
 en om die hoeke huil,
 dan wil ek sommer saam huil.

Naas:
 Aai, mense, mense
 Daar is darem net niks
 wat by vriende kom
 wat jou aanvaar soos jy is nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naani (Indiese struktuur)
« Reply #1 on: May 02, 2012, 09:13:49 AM »
Dankie en skuus Raaitjie.  Dit was in die konstuksiewerf en ek het dit reeds in boek 2 geplaas.  Nou  gee dit kans vir nog skrywers om voorbeelde te skryf en ek sien ek kan nog bietjie skaaf en skuur aan myne.  Jammer dat ek die lewe vir jou so moeilik maak.  :munky2:
Ek sal probeer om uit my foute te leer.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naani (Indiese struktuur)
« Reply #2 on: May 03, 2012, 02:21:13 AM »
Alles reg matertjie  :notworthy: Ek kon nie onthou of ek dit by die strukture/boekvoorbeelde geplaas het nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naani (Indiese struktuur)
« Reply #3 on: May 04, 2012, 04:22:08 PM »
Ja jy het.  Ek het dit alles in die "bêreplek" geplaas, maar dit is nou weg.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.