Digkuns > Skryftegnieke

Riglyne vir die skryf van 'n Parodie

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
’n Parodie is 'n kreatiewe skryfproses en 'n baie goeie oefening! Die skrywer dryf die spot en herskryf die oorspronklike storie/feëverhaal met 'n kinkel in die kabel.
 
Wanneer jy jou hand wil waag aan hierdie pretstyl is die SCAMPER-tegniek wat gebruik word vir die ontwikkeling van kreatiwiteit 'n wonderlike maatstaf om in gedagte te hou beveel Muller aan.
 
 S - substiture / vervang
 C - Combine / kombineer
 A - Adapt / Adjust / maak aanpassings
 M - Modify (verander) / Magnify (vergroot) / Minimise (verklein) / Maximise (vermeerder)
 P - Put to other uses / gebruik vir iets anders
 E - Eliminate / neem weg
 R - Reverse / Rearrange / keer om / herrangskik
 
 Soos met alle skryfwerk is die 5 W's ook hier van toepassing:
 Wie?
 Waar?
 Wat?
 Waaroor?
 Waarom?

 Nog riglyne om in gedagte te hou: Verander aan die volgende:
 die karakters se name
 die tyd waarin die sprokie afspeel
 die gebeure van die oorspronklike sprokie
 die omgewing/milieu/ruimte waarin jou parodie afspeel
 die tema van die sprokie
 die vertelstyl (derde persoonsvertelling na eerste persoon bv.)

Naas:
Parodie

Hompie Kedompie sit op die wal
Hompie Kedompie het af geval.
Al die koning se mense
en al die koning se mans
Het roereier vir ontbyt gehad.

Engels:
Jack and Jill
went up the hill
to fetch a pail of water
Jill forgot
to take her pill
and now they got a daughter.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
My giggelpilletjie is in vir die dag.Nou sien ek kans vir als  :hello2: :notworthy:

Meraai vannie Baai:
Ek wou eers skryf eendag baie baie klanke gelede was daar 'n haas en 'n das en 'n kas en toe het ons nog goeie nuus gehoor, vandag is daar bobbejane en skobbejakke en padvarke en nou is die nuus glad nie meer so goed soos in die verlede nie; toe sien ek dit is nie 'n parodie nie dis die waarheid van die hede  :icon_bigsmurf:

PM:
Ek wonder of dit iets met ironie te doen het?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version