Digkuns > Digformules of -strukture

Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)

(1/6) > >>

Meraai vannie Baai:
Die eerste weergawe van hierdie struktuur van Paul McCann het verskyn in die Colophon Magazine June 1999. Die struktuur is van so aard dat die gedig van bo na onder en weer van onder na bo gelees kan word.

Dit kan handel oor enige onderwerp maar moet ritmies lees en na beide kante nog woord vir woord 'sin' maak. Hierdie struktuur bied 'n wonderlike uitdagende skrywers-oefening aan ons.
 
Al wat Paul McCann vra as ons die hand waag aan hierdie vorm, dat ons terugverwys na die skakel:
 
http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html

Liefdesriviere
 
Eindeloos ...
vloei liefdesriviere.
 
Dag na dag
en keer op keer,
onbewus teer ons.

Ek en jy
smagtend - vasgevang
Onvervuld ...
 
***
 
Onvervuld ...
vasgevang - smagtend
Jy en ek.
 
Ons teer onbewus,
keer op keer en
dag na dag.
 
Liefdesriviere vloei
eindeloos ...

©

PM:
Hierdie "omgekeerde" stukture smokkel met my brein.  :icon_biggrin: Dit is nie maklik nie, maar ek sal weer probeer. Ons eie "Naas Langkop" sal moet kom help. 

Meraai vannie Baai:
Gewis nie maklik nie, ek stem saam! Maar sooooo groot vreugde as mens dit regkry!!

Ah Willa:
Reggekry!  oops! dalkies nie HELP!

Hier is my neederige probeerslag:


Sorgloos

Kinders speel
sorgloos

Hand aan hand
salig onbewus
grootmens vrees verteer

bang-bang
kindwees sing la-la
salig onbewus

***

salig onbewus
la-la sing kindwees
bang-bang

verteer vrees grootmens
onbewus salig
hand aan hand

sorgloos
kinders speel

© Ah,Willa!

http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html

Meraai vannie Baai:
Pragtig Willa. Vir jou eerste probeerslag is hierdie 'n wonderlike voorbeeld  :notworthy:
Let net op na waar jou gediggie van onder na bo gelees word dat jy die woorde reg inspan: salig onbewus/onbewus salig. En ook by eerste en laaste reels: kinders speel/speel kinders.

Ek sal graag voorstel dat jy leestekens gebruik (groot hulpmiddel met die soort van weerkaatsde verse) sodat, met die teruglees van dit - die reels nog sin maak. Soos bv.

Kinders speel
sorgloos.

Hand aan hand
salig onbewus;
grootmens-vrees verteer

bang-bang;
kindwees sing la-la,
salig onbewus.

***

Onbewus salig;
la-la sing kindwees.
Bang-bang

verteer vrees grootmens.
Onbewus; salig
hand aan hand,

sorgloos -
speel kinders.

© Ah,Willa!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version