Author Topic: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)  (Read 13304 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« on: May 01, 2012, 01:07:21 AM »
Die eerste weergawe van hierdie struktuur van Paul McCann het verskyn in die Colophon Magazine June 1999. Die struktuur is van so aard dat die gedig van bo na onder en weer van onder na bo gelees kan word.

Dit kan handel oor enige onderwerp maar moet ritmies lees en na beide kante nog woord vir woord 'sin' maak. Hierdie struktuur bied 'n wonderlike uitdagende skrywers-oefening aan ons.
 
Al wat Paul McCann vra as ons die hand waag aan hierdie vorm, dat ons terugverwys na die skakel:
 
http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html

Liefdesriviere
 
Eindeloos ...
vloei liefdesriviere.
 
Dag na dag
en keer op keer,
onbewus teer ons.

Ek en jy
smagtend - vasgevang
Onvervuld ...
 
***
 
Onvervuld ...
vasgevang - smagtend
Jy en ek.
 
Ons teer onbewus,
keer op keer en
dag na dag.
 
Liefdesriviere vloei
eindeloos ...

©
« Last Edit: May 03, 2012, 07:43:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #1 on: May 02, 2012, 07:52:19 AM »
Hierdie "omgekeerde" stukture smokkel met my brein.  :icon_biggrin: Dit is nie maklik nie, maar ek sal weer probeer. Ons eie "Naas Langkop" sal moet kom help. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #2 on: May 02, 2012, 08:14:15 AM »
Gewis nie maklik nie, ek stem saam! Maar sooooo groot vreugde as mens dit regkry!!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #3 on: May 03, 2012, 05:16:09 AM »
Reggekry!  oops! dalkies nie HELP!

Hier is my neederige probeerslag:


Sorgloos

Kinders speel
sorgloos

Hand aan hand
salig onbewus
grootmens vrees verteer

bang-bang
kindwees sing la-la
salig onbewus

***

salig onbewus
la-la sing kindwees
bang-bang

verteer vrees grootmens
onbewus salig
hand aan hand

sorgloos
kinders speel

© Ah,Willa!

http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #4 on: May 03, 2012, 06:46:08 AM »
Pragtig Willa. Vir jou eerste probeerslag is hierdie 'n wonderlike voorbeeld  :notworthy:
Let net op na waar jou gediggie van onder na bo gelees word dat jy die woorde reg inspan: salig onbewus/onbewus salig. En ook by eerste en laaste reels: kinders speel/speel kinders.

Ek sal graag voorstel dat jy leestekens gebruik (groot hulpmiddel met die soort van weerkaatsde verse) sodat, met die teruglees van dit - die reels nog sin maak. Soos bv.

Kinders speel
sorgloos.

Hand aan hand
salig onbewus;
grootmens-vrees verteer

bang-bang;
kindwees sing la-la,
salig onbewus.

***

Onbewus salig;
la-la sing kindwees.
Bang-bang

verteer vrees grootmens.
Onbewus; salig
hand aan hand,

sorgloos -
speel kinders.

© Ah,Willa!

« Last Edit: May 03, 2012, 07:39:19 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #5 on: May 03, 2012, 11:03:01 AM »
Hier's ek ook weer, uiteindelik! 
Raaitjie, help ook hier asseblief. Ek weet nie of dit ook kan werk nie. 

Ontberings

kort is vakansie
werk is lank
gewis pyn ons
eensaam en alleen
monde loop leeg
ons kerm en murmureer onophoudelik
op en af    af en op     wipplank ons
weer koud dan eers warm
water sonder krag dan krag sonder water
toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting
gewis pyn ons
werk is lank
kort is vakansie
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #6 on: May 03, 2012, 12:37:24 PM »
Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word. Ons lees dus agteruit aan dieselfde reels waar woorde so geplaas is dat dit nog steeds sin maak. As ons die gedig van onder na bo lees tot by die middelpunt, moet dit presies dieselfde lees as van bo na onder tot by dieselfde punt.

Kom ons kyk na hierdie kort kringloop Haiku voorbeeld van Naas wat ek in die woordskuur bewaar het, kan jy sien waar sy gedig 'draai'om van regs na links te lees?

Politiek. Waar?
 
 Waar politiek is
 Lieg hulle en hulle lieg.
 Is politiek waar?
 ©

Ek kan nie presies agterkom waar jou gedig begin reflekteer nie mater, wat ek wil kan sien is dat jy die eerste drie verse weer herhaal in geheel onder, maar dit lees nog steeds van links na regs.

Kom ons nommer jou reels:

1 kort is vakansie
2 werk is lank
3 gewis pyn ons
4 monde loop leeg
5 ons kerm en murmureer onophoudelik
6 op en af   af en op    wipplank ons
7 weer koud dan eers warm

*hierdie reels sal almal agterste voor gelees kan word

*met die volgende reels het jy reeds die woorde omgedraai


8 water sonder krag dan krag sonder water
9 toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

*hier het jy weer die sinne in geheel net herhaal van onder na bo

3 gewis pyn ons
2 werk is lank
1 kort is vakansie

In samevatting: Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word.

Ek gaan gou my gedig vir jou weer vassit hier en nommer:

Liefdesriviere
 
1 Eindeloos ...
2 vloei liefdesriviere.
 
3 Dag na dag
4 en keer op keer,
5 onbewus teer ons.

6 Ek en jy
7 smagtend - vasgevang
8 Onvervuld ...
 
*** Nou moet die reels se woorde (nie letters nie net woorde) agteruit geplaas word
 
8 Onvervuld ...
7 vasgevang - smagtend
6 Jy en ek.
 
5 Ons teer onbewus,
4 keer op keer en
3 dag na dag.
 
2 Liefdesriviere vloei
1 eindeloos ...

Ons kan met leestekens die omgedraaide woorde duideliker laat uitstaan indien nodig na die reflekteerpunt.

Hoop dit maak die struktuur bietjie makliker vir jou?
« Last Edit: May 03, 2012, 12:56:01 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #7 on: May 03, 2012, 03:05:06 PM »
Kaas oom Naas se politiek mooi in boek no 2!!!  WOW - hoekom kan ek nie so slim wees nie.

PM - hierdie challenge het my brein selle nou aan die gang hoor - dis nogal glad nie so maklik as wat dit lyk nie

Raaitjie dankie vir die verbetering op my poging ... ek het meer op die woorde as gevoel of leestekens gekonsentreer ..
ek gaan weer nog een probeer :-)

net dalk word ek so slim soos Naas :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #8 on: May 04, 2012, 12:46:56 AM »
Die weerkaatsde Kruis

 Ek kniel dankbaar
 -- Here my Here --
 Vergewe Vader Asseblief
 vra ek, verlore en gevlek, sondaar

 Golgota en Houtkruis - sinoniem - vasgespyker en deurboor was U
 Verag en verraai -  Onverdiend Doringkroon  - geslaan en gespoeg
 Dankbaar sondaarstem weerklink nou skoongewas

 Hallelujah Hallelujah
 -Ek is vry en gered-
 Hemels styg lofsang

***************
 
 Lofsang styg hemels
 -Gered en vry is ek-
 Hallelujah Hallelujah
 
 Skoongewas nou weerklink sondaarstem dankbaar
 Gespoeg en geslaan -  Doringkroon Onverdiend - verraai en verag
 U was deurboor en vasgespyker - sinoniem - Houtkruis en Golgota

 sondaar, gevlek en verlore, ek vra
 Asseblief Vader Vergewe
 -- Here my Here --
 Dankbaar kniel ek
 
© Meraai vannie baai


VARIASIE: HIER IS 'N VOORBEELD AS ONS REELS IN GEHEEL LAAT REFLEKTEER:
Hier draai my gedig by 'kan' wat eers uitroepteken, dan vraagteken word.

Spieëlbeeld van die groot K
 
 Kan een siekte soveel leed bring?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan dit die dood roep?
 Kanker se angels
 K die groot K
 Kan !?
 K die groot K
 Kanker se angels
 Kan dit die dood roep?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte soveel leed bring?
 
© Meraai vannie baai
« Last Edit: May 04, 2012, 01:03:41 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #9 on: May 04, 2012, 06:29:15 AM »
Dit is 'n pragtige gedig Raaitjie.  Tien uit tien vir jou!
Baie dankie vir jou inset, ek sal terugkeer na die skryftafel sodra ek 'n kansie het.  Pak eers vandag en trek.  Ons het nou genoeg gehad. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #10 on: May 09, 2012, 09:26:04 PM »
Raaitjie gaan braai in die warmplek, want sy lei my in versoeking om heeldag net mooi netjies hier te bly sit ...

WOW vir die K-spieelbeeld Raaitjie - nou wag ek vir die W spieelbeeld terwyl ek nog herkou aan die gewone spieelbeel ... MP waar is jou spieelbeeld??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #11 on: May 10, 2012, 02:42:50 AM »
Bly jy geniet Willa. Hier is twee pragtige Engelse voorbeelde te siene:
http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop_examples.html

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #12 on: May 10, 2012, 07:59:07 AM »
O liewe land, ek moet nog eers gaan kyk hoe ek die sirkeltjie kan regkry Wils.   :icon_biggrin:
Dinge gebeur nou te vinnig hier by ons, sal baie tyd moet maak en baie hulp kry voordat ek daai een sal regkry!  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #13 on: May 10, 2012, 09:41:48 AM »
Raaitjie, kom help 'n bietjie matertjie, asseblief. 

Die volgende twee versreëls het vir my verskillende betekenisse as jy dit in een sin lees:
water sonder krag dan krag sonder water
en ook
as jy sein het is daar nie krag nie dan werk jou toerusting (selfoon en rekenaar) nie, as jy krag het werk die toerusting maar dan het jy nie sein nie. 

8 water sonder krag dan krag sonder water
9 toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

wat stel jy voor, hoe ruk ek dit reg?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
« Reply #14 on: May 11, 2012, 01:21:21 AM »
PM, vir 'n ware kringloop gedig - waar ons eers van links na regs tot onder lees (tot by laaste woord) en dan vandaar van regs na links weer na bo lees (tot by jou eerste woord), sal die eindresultaat van jou pronkskepping so vertoon matertjie, jy moet nou net loer of die kopkrapsinne vir jou sinmaak so  :icon_scratch:

*was nuuskierig om te sien hoe dit gesentreerd gaan vertoon:

Ontberings

kort is vakansie
werk is lank
gewis pyn ons
monde loop leeg
ons kerm en murmureer onophoudelik
op en af      af en op      wipplank ons
weer koud dan eers warm
water sonder krag dan krag sonder water
toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

***

toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting
water sonder krag dan krag sonder water
warm eers dan koud weer
ons wipplank    op en af      af en op
onophoudelik murmeer en kerm ons
leeg loop monde
ons pyn gewis
lank is werk
vakansie is kort
©

ek lief jou gedig  :book1: :notworthy:
« Last Edit: May 11, 2012, 01:38:00 AM by Meraai vannie Baai »