Author Topic: Roompatat  (Read 5364 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Roompatat
« on: May 01, 2012, 12:53:58 AM »
Moeg vir soet patat? Probeer hier die roompatat ene!
 
 Skil en kook patata's tot sag.
 Maak fyn.
 Meng met gebraaide uie, sout en peper na smaak.
 Voeg nou een houer volroom by en meng goed.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Roompatat
« Reply #1 on: May 02, 2012, 07:44:26 AM »
Dit klink baie lekker.  Ek het al patats soos ertappelskyfies gesny en dit in olie gebraai, dit is ook baie lekker. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Roompatat
« Reply #2 on: May 02, 2012, 08:24:52 AM »
Ons kry dit hier te koop soos wat jy warm skyfies (slapchips) sou koop. Heeeerlik. Veral met suurroom en chilli sous. Outop hou niks van dit maar ek en skoondoggie is gek oor dit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Roompatat
« Reply #3 on: May 02, 2012, 08:48:56 AM »
Gelukkig hou Hannes daarvan, maar ek is weer gek na Pizza en dit is nie sy gunsteling kos nie.
Nou maak ek sy gunsteling dis, kapokaartappels, en plak dit dik oor die rant van die Pizza, dan eet hy saam.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Roompatat
« Reply #4 on: May 03, 2012, 02:31:23 AM »
Sneppie groot sebliefie!!

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Roompatat
« Reply #5 on: May 11, 2012, 01:55:43 PM »
Sodra Slender WOnder klaar gewonderwerk het op my lyf en roompies weer bygevoeg mag word, gaan ek hierdie een probeer - klink heerlik vir so 'n familie fees byeenkoms :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Roompatat
« Reply #6 on: May 11, 2012, 08:58:18 PM »
Ag materjie, ek weet dit is bitter moeilik, maar steeds lig ek my hoed en knak my kniegies vir jou.  Dit wat jy en André doen, wil gedoen word!  Hou aan en hou moed!  Wie wil dan nou vet wees?
Ek onthou die dae!  Ek het 120kg geweeg.  Almal om my het vir my vertel hoe pragtig ek lyk! "Ag nee man" het almal gesê: "jy lyk gladnie so sleg nie".  Toe kom my boet eendag by my kuier en hy sê:
"Ag nee sies man, kyk hoe lyk jy!  Jy is so vet soos 'n vark en een van die dae sal jou man moet wielbelasting betaal want jy rol en jou kinders gaan nooit nie trots wees op jou nie!
Natuurlik was ek erg seergemaak, maar net daar en dan het ek besluit dit is die laaste strooi!
Tot vandag toe dink ek dat hy my enigste vriend was in my vetwees dae. 
Byt maar vas matertjie.  Daar is baie meer voordele as nadele. 
Onthou ook maar net, dat 'n mens mag jouself so nou en dan bederf.  Net so nou en dan en dan baie matig!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Roompatat
« Reply #7 on: May 11, 2012, 09:03:57 PM »
Ek het doelbewus wet word om die varkerige mans weg te hou - maar toe kom ek agter daar is maar 'n ander soort varkerige man wat vir jou aan die vetkant wag ..

nou het ek besluit - varke se gate ... te gaan oor hoe gesond of ongesond ek is en ek kies om gesond te wees terwille van my prag man en seun :-)

Jou broer het dit dalk nie op die mooiste manier oorgedra nie, maar hy was beslis opreg en eerlik ... ek laaik hom!   :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w