Author Topic: Daardie nag.  (Read 14200 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Daardie nag.
« on: April 15, 2011, 11:27:57 AM »
Daardie nag het ons dwarsdeur gery.
Vir maande het ons beplan aan hierdie jaguitstappie van 7 dae na ‘n plaas in Namibie. Dit sou die droomvakansie van ‘n leeftyd wees.
Jagklere is gekoop. Jaggereedskap nagegaan, geolie en ingeskiet.
Die Vrydag na werk staan ons al vyf voor die huis.
Die Ford Fairlain is gediens, gewas en vol petrol.
Agter hom lê drie uitgesoekte hope bagasie. Lings die jaggereedskap versigtig uitgepak. In die middel ons klere en persoonlike goed netjies in tasse en sakke. Regs die vloeibare verversings in bokse. Met die oog is dit reeds duidelik dat hier vandag met oordeel gepak sal moet word om al die goed en hul vyf eienaars in die Fairlain te kry.
Toe begin die groot pak.
Eers die jaggereedskap en toe die tasse. Halfpad is die bagasieruim vol. Dit gaan nie werk nie.
Alles uit.
Begin met die vloeibare verversings. Daar word gemeet en gepas maar op geen manier gaan al die bokse in nie. Daar bly maar een of twee wat nie plek kry nie.
Gevolgtrekking: Die bokse mors spasie. Alles uit die bokse uit en los in die bagasieruim.
Na omtrent ‘n uur se gespook maak ons daai bagasiebak versigtig toe. Daar is nie meer plek vir nog ‘n halfjakkie nie.
Nou vir die jaggereedskap en die klere.
Elke man moet maar inskuif met sy tas en ander bagasie op sy skoot en sy geweer tussen sy bene.
Ons trek ‘n uur later as beplan weg maar ons geesdrif is voller as die bagasiebak. Dit skerts en gesels en die Fairlain vreet die teerslang kilometer vir kilometer op.
Net voor middernag maak ons weer die die tank vol petrol en verfris en vars pak ons die res van die rit aan.
Maar alles gaan nie so voorspoedig nie.
Hier teen halfeen die oggend kry ons ‘n pap wiel. Lings agter.
Vir vyf groot manne nie so groot probleem nie. Wat wel ‘n probleem skep is dat die domkrag en spaarwiel onder in die bagasiebak lê. Onder al die vloeibare verversings. En boonop is dit donkermaan en ons kan nie juis sien wat ons doen nie.
Daar word vinnig gekoukus. Laai ons alles uit die bagasieruim gaan daar dalk ‘n paar bottels breek en as ons gelukkig is en niks breek nie, kry ons dalk nie weer al die bottels in die donker nie. Dit is darem ook net te koud en ongemaklik om in die motor te slaap tot die son opkom.
Die beste uitweg is om ons pad oop te drink tot by die domkrag en die spaarwiel.
So gesê, so gemaak.
Ons spring daar aan die werk. Kwart voor twee vat Jan die domkrag raak in plaas van ‘n bottel en ons weet die einde is in sig. Twintig oor twee toe het ons die spaarwiel. Ons ruil daai twee wiele om, sit die pap wiel terug en maak die bagasiebak toe.
Almal terug in die motor. Tas en sak op die skoot en geweer tussen die bene. En daar gaan ons weer al singende. Die Fairlain se ligte boor wit gate deur die donker en die pad lê reguit voor ons uit.
Teen vyfuur die more sê Piet, wat bestuur, dat hy nou bekommerd raak oor die petrol. As ons nie gou by die volgende dorp uitkom nie gaan ons sonder petrol staan. Ons moedig hom egter aan om vinniger te ry want hoe nader ons aan die volgende dorp kan kom voor die petrol opraak hoe minder van ‘n probleem is dit.
Later is daar so ligte skynsel wat deurbreek in die weste toe die Fairlain se motor net so paar slukke gee en daar staan ons. Sonder petrol.
Ons klim uit en besef dadelik dat ons op ‘n plek gaan staan het waar iemand een of ander tyd een helse partytjie gegooi het. Die hele wêreld rondom ons is bestrooi van die bottels.
In die skemer loop ek rondom die Fairlain net om te sien dat hy nog steeds met sy een wiel in die lug op die domkrag staan.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie nag.
« Reply #1 on: April 15, 2011, 12:59:38 PM »
 :wav:  Pragtig! 

Ek weet hoe lyk moeilikheid, en ek dink hulle is kniediep daarin!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Daardie nag.
« Reply #2 on: April 15, 2011, 06:32:26 PM »
Dit sal nou 'n grootlieg storie wees as Stof seg hy hou nie hiervan nie.  Hou so aan Naas, ons hou daarvan as jy ons so uitstekend belieg!
« Last Edit: April 16, 2011, 10:56:07 AM by Stof »
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie nag.
« Reply #3 on: April 15, 2011, 09:30:37 PM »
 :sign10:  Ag nee!  Ek lag my 'n steek in die sy!   :sign10:

Skerp Stof!  Skerp!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Daardie nag.
« Reply #4 on: April 16, 2011, 08:57:03 AM »
Nou het Stof my seergemaak waar 'n disprin nie eers kan bykom nie.
EK? Lieg? NOOIT!




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie nag.
« Reply #5 on: April 16, 2011, 09:17:54 AM »
Sal 'n Aspro help?   :icon_biggrin:  Disprins is mos eintlik 'n voorbehoedmiddel dan nie?   :kermit:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Daardie nag.
« Reply #6 on: May 10, 2011, 03:36:29 PM »
O vrek lekker lag ekke! Ek is veronderstel om die knorpot hier te wees, nou staan, of is dit eerder sit en lag ek vir 'n skerm wat nie eers terug praat nie.  :icon_scratch:

 :angel12:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Daardie nag.
« Reply #7 on: September 24, 2021, 12:55:52 AM »
Hoe ry die boere
Sit sit so
Sit sit so
Hoe ry die boere
Sit sit so
Sit sit so
Die Kaap se nooi se
Kielie my gou
Kielie my nou
Die Kaap se nooi se
Kielie my gou
Kielie my nou hoera!!


 :mumum:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daardie nag.
« Reply #8 on: October 03, 2021, 10:57:49 PM »
Ja-nee, dit is die beste van vermaak.  Ek mis vir Stof.  Ons het jare se pret gehad. 
Om te weet is om te verstaan.