Author Topic: Metafoor  (Read 4784 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Metafoor
« on: April 27, 2012, 04:09:28 PM »
 Metafoor – me-ta-foor - Oordragtelike, figuurlike uitdrukking wat op 'n vergelyking of ʼn ooreenkoms berus. Waar ons die beeld in die plek van die eintlike voorstelling plaas, of die ooreenkoms tussen twee vergeleke voorwerpe suggereer; gebruik van 'n woord in 'n ongewone betekenis op grond van 'n vergelyking.
Bv. 'n Hart van klip.
Die oseaan van die lewe.
'n Wil van staal.
Die skip van die woestyn. (kameel)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #1 on: November 11, 2021, 04:16:51 AM »
Jou oë van saffier in die fleur van jou lewe
was die lig op my pad en jou vel, 'n fluweelkaros.
Jou stem, die hemelse musiek en balsem vir my siel
en vlindersag soentjies, die heuning op my lippe; 
jou arms, 'n veilige hawe teen warrelwind van chaos
maar nou's jou stem stil en my hart van ysterklip
klop, klop, klop vrugteloos aan die hemel se deur.

© Meraai vannie baai

« Last Edit: November 11, 2021, 04:36:25 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Metafoor
« Reply #2 on: November 11, 2021, 08:50:35 AM »
Dit is viskikkik mooi!  Uitmuntend.  :read:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #3 on: November 12, 2021, 02:42:49 AM »
Dankie baie PM. Hierdie gedig geskep is toe ek besig was om die bewusmaking vir Lewy Body Dementia saam te stel. Onwillekeurig het ek begin wonder wat bly oor as 'n mens nie meer kan kommunikeer nie? Die verlies wanneer jou taal onverstaanbaar geraak het en jy binne jouself toegesluit is, woordloos. Kon nie help om te wonder of 'n taal kan 'sterf' nie? Hoe sou dit my raak? My taal is my alles -  geliefd soos 'n beminde en so was die gediggie metafories gebore.
 :book1: :notworthy:
« Last Edit: November 12, 2021, 02:51:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Metafoor
« Reply #4 on: November 12, 2021, 03:31:52 AM »
Wat 'n verskil maak dit nie as 'n mens so 'n mooi uitleg kry.  Nou sien ek die gedig heeltemal in 'n ander lig. 
Ek kyk altyd eerste na die naam van 'n gedig om sodoende 'n beter begrip van die gedig self te kry.  Weereens, met die titel kan 'n mens die gedig op verskeie maniere vertolk.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #5 on: November 12, 2021, 04:03:13 AM »
Stem met jou saam PM, as daar 'n titel was sou die gedig slegs 'n beskrywing rondom dit wees. Ek het nie eers 'n gedagte gegee aan enige titel nie aangesien dit metafories geskep was - anders was dit te ooglopend en sou die impak verlore gaan. Ek het skandelik nagelaat om darem net 'n riglyn te gee dat hierdie afsterwe figuurlik beskou moet word en nie letterlik nie. Dan kon daar verseker 'n verskeidenheid van interpretasies wees...
:angel4:
« Last Edit: November 12, 2021, 04:05:31 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Metafoor
« Reply #6 on: November 12, 2021, 06:30:31 AM »
Dis pragstekend Ta Raaitjie.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Metafoor
« Reply #7 on: November 12, 2021, 07:02:58 AM »
Ta Raatjie los skelm spoortjies in my siel.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Metafoor
« Reply #8 on: November 12, 2021, 07:17:43 AM »
Jinne Raaitjie...
n pluk aan elke snaar van my hart's kamer...
Kan so min woorde so baie vertel...
Jy is n Meesteres!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #9 on: November 12, 2021, 08:24:36 AM »
Jinnetjie julle! Skoon droewig nou. Sulke mooi kommentare. Oi.  :love7:

Net gou vertel. Outop ook eers gou kom stilstaan vir laaaaank hier. Ek staan agter hom en wag... nog droewig oor die mooi reaksie op die gediggie. :icon_bigsmurf: Hy lees die gedig. En hy leeeeees. Vra ek naderhand of hy klaar is want dit vat arig lank lol. Toe skuif ek die pyltjie boontoe vir hom na die verduideliking van PM se uitleg. Getrou aan sy aard hak hy ewe droog af: "en daar dog ek 'n metafoor is iets aan jou oor!"

Agterna loer ek gou oor al die  'oor' wat voorkom in die uiteensetting van 'n metafoor:  Oordragtelik. Ooreenkoms. Voorstelling. Voorwerpe. Woord.
I rest my case djou honor.  Sy humorsin verras my nog steeds.
« Last Edit: November 12, 2021, 08:30:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Metafoor
« Reply #10 on: November 12, 2021, 08:33:00 AM »
Se tog vir Outop 'n metafoor is 'n ou met net een oor. Soos daai soldaat wat vir Jesus in hegtenis wou neem. Hy was 'n kort rukkie 'n metafoor.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #11 on: November 12, 2021, 08:39:02 AM »
 :sign10: Ek doet voort Naas  :headbang: As Van Gogh in die Bybelse tye geleef het, was sy oor ook weer heel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Metafoor
« Reply #12 on: November 12, 2021, 10:03:50 AM »
. . . of hy het geen oor meer oorgehad nie.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Metafoor
« Reply #13 on: November 12, 2021, 10:20:20 AM »
Metafoor sal nooit weer dieselfde wees nie PM. Terwyl ons aandete se skottelgoete deur die water sleep, kom die 'oor' weer te sprake. Outop se ek moet vinnnig se: 'metta-oor.' Dit klink pure metafoor vertel hy my. Nee wag, nou praat die wyntjie uit ons altwee se monde snoer ek verdere relaas en hang my vadoek op. Laat ons tot ruste kom diekant van die aardbol. Die son het gegroet in al sy glorie en binnekort knip-oog die liggies aan die hemelboog. Oi en daar loer die 'oog' alweer ...
 :icon_biggrin: :wave:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Metafoor
« Reply #14 on: November 12, 2021, 10:52:53 AM »
Heerlik saam gekuier.  Julle moet 'n lekker nagrus hê.  Praat weer later.
(Jy kan bly wees dit is nie 'n oor nie.  :icon_biggrin: )
Om te weet is om te verstaan.