Author Topic: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...  (Read 7974 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« on: April 19, 2012, 12:19:08 AM »
Waar gaan ekke wees volgende 8 dae? Op die Goue Kus - met jongste se twee kabouters onder ouma en oupa se waaksame oge. Woelige, soms erg befoeterde prinsie met gepaardgaande twee jarige vloermoere LOL, en sy  sesmaande oue sussie-prinsessie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #1 on: April 19, 2012, 09:09:18 AM »
Sterkte met die woelwater Raaitjie.  Gelukkig kan prinsessie nog nie rondhol nie.  :icon_biggrin:
Dankie vir al jou werk by die konstruksiewerf matertjie. 
Hoop julle kry 'n ruskansie so tussendeur.  Geniet dit en kom veilig tuis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #2 on: April 19, 2012, 09:41:36 AM »
Plesier mater. Gedink dan kan die ouens solank loer of daar ietsie is waarvoor hulle kans sien. Daar is heelwat 'vryer' strukture ook wat dalk in iemand se smaak sal val  :book1:

Skoondoggie is al dae lank besig om vir my dingetjies so gemaklik moontlik te maak siestog. Merk die laaie en kaste, maak lysies van moets en moenies - die ouma en oupa al soooo opgewonde!! Gaan julle mis maar ons kom weer terug! Dan is dit skouer aan die wiel vir onse boek no 2  :love7: :hello2:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #3 on: April 19, 2012, 10:56:03 AM »
Kan Theo nie ook saam kom nie - hy word in Junie 3 en het die 2jaarvloermoere mooi bemeester - veral as daai molars stoot!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #4 on: April 19, 2012, 01:15:27 PM »
Pak sy tassie Willa  :love7:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #5 on: April 19, 2012, 01:23:11 PM »
Hy's oppad :-)

Hy wil weet of die dromme en klaverboard mag saam kom ook kan kom

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #6 on: April 20, 2012, 12:22:36 AM »
Kostelike foto! Beslis kan kleinman sy musiekinstrumente saamneem. Ons ry met die Jeep so daar is plek hoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #7 on: April 20, 2012, 06:57:37 AM »
Ek dag so ewe julle gaan by die kus kamp. Ha-ha.

Wag!  Wag vir my, ek kom ook saam.  Pak net gou vir my 'n villanelle-toebroodjie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #8 on: April 26, 2012, 07:00:39 AM »
Oeee ek onthou daai toebroodjie  :love7: Enige tyd welkom om saam te kom kuier hoor.

Ons is in die kinders se huis tuis - minder omwenteling vir kleingoed met alles nog bekend om hulle en veral kabouter wat swaar gespeen was om in sy kamer alleen te slaap is dit beter as hy in die roetine bly wat hy ken. Vandag slaap die tweetjies alte soet en ouma kon gou nuuskierig oral inloer en oge wys!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #9 on: April 26, 2012, 04:18:14 PM »
Eish! Ten tyd ek my toebroodjie klaar gemaak het was ek om en dom en
toe mis ek die bus!  :dontknow:    :icon_biggrin:

Dit is beter vir hulle, ek stem. 

Ek wil net vir jou sê, jy het gesê agt dae, en dit is nou sewe.  Ek tel die slapies. 
 :love7: Gelukkig nog net een!
« Last Edit: May 14, 2012, 08:34:19 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #10 on: May 14, 2012, 06:36:17 AM »
heheheh...en hier gaan ek alweer. Nou wel nie weg nie maar darem ook nie loshotnot om te gaan soos ek wil nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #11 on: December 06, 2018, 11:02:28 AM »
En ons tel nou die maande wat ons Amerikanertjies kom DV Julie of Augustus kuier vir 3 weke by ons en 3 weke by die ander ouma en oupa. Kry ons wonderlike verrassing want die oupa en ouma wil toe weet of ons nie in die 6 weke wat die kinders hier gaan wees, almal Fraser Eiland toe wil gaan nie dan kuier ons almal saam. Hulle is ook kamp mal soos ons. Hoe geseend is ons nie!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...
« Reply #12 on: December 12, 2018, 08:30:19 AM »
Wonderlik!  Ek weet sommer julle gaan dit 'n hond uit 'n bos uit geniet.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.