Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Waar gaan ekke wees volgende 8 dae? Op die Goue Kus - met jongste se twee kabouters onder ouma en oupa se waaksame oge. Woelige, soms erg befoeterde prinsie met gepaardgaande twee jarige vloermoere LOL, en sy  sesmaande oue sussie-prinsessie  :love7:

PM:
Sterkte met die woelwater Raaitjie.  Gelukkig kan prinsessie nog nie rondhol nie.  :icon_biggrin:
Dankie vir al jou werk by die konstruksiewerf matertjie. 
Hoop julle kry 'n ruskansie so tussendeur.  Geniet dit en kom veilig tuis.

Meraai vannie Baai:
Plesier mater. Gedink dan kan die ouens solank loer of daar ietsie is waarvoor hulle kans sien. Daar is heelwat 'vryer' strukture ook wat dalk in iemand se smaak sal val  :book1:

Skoondoggie is al dae lank besig om vir my dingetjies so gemaklik moontlik te maak siestog. Merk die laaie en kaste, maak lysies van moets en moenies - die ouma en oupa al soooo opgewonde!! Gaan julle mis maar ons kom weer terug! Dan is dit skouer aan die wiel vir onse boek no 2  :love7: :hello2:

Ah Willa:
Kan Theo nie ook saam kom nie - hy word in Junie 3 en het die 2jaarvloermoere mooi bemeester - veral as daai molars stoot!

Meraai vannie Baai:
Pak sy tassie Willa  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version