Author Topic: hiers ek weer  (Read 3796 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
hiers ek weer
« on: April 14, 2012, 08:22:30 PM »
hallo almal

dit was en is steeds i besige tyd, erg besig.
ons het by my klaar geoes woensdag wat verby is, 2 de grootste oes wat ek nog gehad het ( dink ek) want daar is nie meer rekords ouer as 2003 nie, als uitgebrand.
Het afgesluit met 'n vol vrag druiwe en nie soos gewoonlik 'n klein bietjie nie en ook afgesluit met 'n blok colombar wat net so effe meer as 52 ton per hektaar gegee het. dit is vreeslik baie druiwe.

net halfpad klaar gepars want ons moet nog by buurman klaarmaak en hy het nog so effens oor die 200 ton maar hulle kelder is vol, kan net so 30 ton per dag pars. dit hou ons net 'n half dag besig en dan res van die dag ander werk doen. ek start skaars die masjien op en voor die olie ordentlik warm is is ons weer klaar.

dit gaan goed hier, ons kyk steeds vorentoe en raak al effens gewoond aan die omvergooi in ons lewe. die assesor is al moeilik met my dat ek hulle aanhou stop om nie te begin nie, ek seg net, los my uit ek oes nog, kan nie aan huisbou en pars aandag gee nie, en hulle verstaan dit gelukkig.

ek het ook agtergekom hoekom hulle so haastig is om te help, hulle wil die saak afhandel voordat jy tot verhaal kom en nugter kan dink, dit vat maklik 6 na 8 weke. en dan waneer hulle die saak afgehandel het en jy tot verhaal kom sien jy eers waar jy voel hulle het jou ingeloop.

ek kry al meer vrae wat ek hulle vra ivm met huis brand skade en hulle hou niks van my vrae nie maar hulle skiet dit ook nie af nie.

Hulle kan ook nei verstaan hoekom ek nie al enige eis ingedien het van my kant af nie, die week kom hulle met 'n moerse bedrag wat hulle uit hulle eie vir my aanbied om solank goed te koop wat uitgebrand het maar lyk my hulle verstaan nie....as ek die goe dkop waarheen gaan ek daarmee, daar is nie 'n huis om dit in te sit nie, dan moet ek nog stoorplek ook betaal intussen. hulle het toe die geld inbetaal en nou is my overdraft skielik skoongemaak met nog geld oor wat ek in die verband lening gaan sit tot waneer dit nodig is.

3 bouers het verlede week kom kyk en moet in die week wat kom kwotasie gee en oor 2 weke moet ons dan besluit op wat en wie ens. ek hou niks van bouery nie, ek raak sommer al op my senuwees as ek i sak sament gaan koop om beton aan te maak, wat nog te seg van stne op mekaar stapel.

ek het darem al vir my skoene bestel op tulbagh by tarzan fabriek en dit sal seker so oor 2 weke klaar wees, dan kan ek ook darem skoene aantrek kerk toe. tot nou was dit lekker om met kortbroek en sandale te gaan, maar dit raak nou koud sal seker iewers weer moet begin skoene dra. ek is ook maar dankbaar die een paar werk sandale het in my bakkie gelê tydens die huisbrnad anders het ek niks gehad nie, nie juis dat ek hulle dra nie, gaan gewoonlik kaalvoet dorp toe en op my plaas is minmaal dorings ek loop gewoonlik kaalvoet in die wingerd.

ons het nou oorgetek na ander huis op 'n plaas so 4 km vanons plek af, maar die vrieskaste en stoof is nog anderkant, sal dit later bring waneer ons klaar by buurman gepars het. vrou maak nog daar kos in die middag. dis maar neukery so ver van jou plek en ongemaklik as jou goedtjies op 2 plekke is. gelukkig is die huis wat ons gekry het en hopelik die assuransie gaan betaal vol meubels behalwe yskas en stoof. het al een yskas gebring.

hier is darem 'n 2 plaat stofie maar geen oond nie.

die huis het 'n king size bed, vek die ding is groooot, mens verdwaal op die bed as jy na mekaar soek in die nag.

sjoe hoe lekker smaak die rosyne en neute nou en rooiwyn laat dit lekker afspoel.


in elk geval behalwe 'n kraam geval, ek is nog met julle.
net 1 probleem ek kan nie als doen op die forum soos vroeër voordat ek my naam verloor het nie.

ek wil graag op PM se botsana skrywe en suidwes se fotos reageer want al 2 daai plekke lê my na aan die hart, maar daar is geen reply wat ek kan klik nie.
ek kan ook nie privaat boodskappe sien nie en ook nie my profiel nie. heel bo aan staan net home, help, calender, en logout.

ek het darem weer 'n kamera gekoop maar nog nie juis kans gand om fotos te neem nie, het nou die oggend so paar sonopkoms fotos in die wingerd geneem en maar weer besef ons woon in 'n pragtige omgewing, net so pragtig soos ander pragtige plekke wat elkeen'n bekoring van sy eie het.

ek kyk daai fotos wat die water nimf van suidwes opgesit het en verlang sommer weer na daai land. ek dink my nuwe kamera sal graag vir dooievlei wil gaan afneem, en dan ook natuurlik die okavango en vic valle en malawi meer en so paar mosambiek fotos. ek moet mos nou weer gaan fotos neem wat verlore gegaan het tydens die brand, wonder of assuransie vir my sal geld gee om weer daai plekke te gaan afneem. dis mos 'n verlies die klomp fotos wat weg is.

pm is julle nog in botsjoehannaland?

ek het nou eers genoeg gegorrel hier.

het die ou bure genooi om môre hie rte kom sirlion steak braai, het 3 kg vars sirlion gekoop vanoggend. die oudste student en sy meisie kom ook deur maar op voorwaarde dat pa 'n jerrykan petrol moet reg hou vir opvul. toe seg ek maar ja, dis seker meer werd om saam metd ie kinders te kuier as as om 20 liter petrol te koop.

wonder wat maak die jonger student môre, hy het nou ogies vir 'n pragtige griekse student wat ook in die bos studeer.

ek sal nou die rosyne en neute moet los anders knyp ek in die kerk môre dat my ogies traan.


die plek waar ek nou sit by die huurhuis, ons praat van die vakansie huis.....is die garage, die kar enbakkie staan ingetrek dan is hier nog plek vir nog 'n voertuig voor elkeen, maar hier is 'n groot ronde tafel met 8 stoele en 'n braai plek met matte onder jou voete. die dak se nok is 5 meter hoog en die kant mure 3 meter.

o ja ons het nou die dag 'n bargain op 'n meubel verkopping raakgeloop van mense wat huis opgee en ouetehuis te trek. geelhout en imbuia sidebord x 2 een vir R3000 en ander R2750, een het 4 deure met 4 laaie bo en ander een het 3 deure met 3 diep laaie aan die kant. ook 'n kantoor lessenaar en naaldwerk kabinet gekry vir r500 elk en 10 originpine riempie stoele met kussings vir r200 elk. dit word nou hier neffens my in die groot garage gestoor. sal maar ons breekgoed daarin pak waneer hulle begin werk in die huis bouery.




Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: hiers ek weer
« Reply #1 on: April 15, 2012, 12:52:08 AM »
Hallo AB.. :wave:

Jitte, het net gister gewonder waar julle is en hoe dit gaan.  So bly julle is nou op vakansie terwyl jy so hard moes werk om die pot aan die kook en die bottels vol te kry. 
Julle is baie wys, soos in slim, om die hele huisbouery stadig te vat.  Soos jy se, die ouens wil julle druk sodat hulle verby belangrike punte kan verbyskuur.  Nee a, dis mos julle plek, julle lewe. 
Sjoe, baie druiwe.  Ook baie werk. Maar werk hou ons koppe aan die gang en ons uit die moeilikheid. As die druiwe innie bottels is, is dit tyd vir kuier in al die plekke van die foto's wat gebrand het.
En die kinders is veilig. 
En julle is veilig en ok.

Groete by die huis.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: hiers ek weer
« Reply #2 on: April 15, 2012, 07:32:02 AM »
Angeliek

mee ons is nie met vakansie nie, ek is steeds aan die pars al is my druiwe op.....ek en buurman pars saam saam oorlat ons saam 'n masjien besit en hy is nog nie klaar nie. seker nog so 2 weke by hom besig wees oorlat hulle kelder vol is en nou gaan dit stadig.

die wat klink na vakansie, ons praat maar van die huis waarin ons nou bly as die vakansie huis dan weet ons darem van watter huis gepraaat word.
dis nogal vreemd om by ander mense op die werf te bly. sedert 1982 bly ek op my eie werf met niemand anders om of naby my nie en nou is dit vreemde werf en ek gaan vra aanmekaar vir die eienaar mag ek so of so maak want ek wil tog nie moeilikheid hê nie.

van nuwe wyn gepraat........ons kelder se 2012 saugvinon blanc is al in die bottel.

ek weet nie van of ek vanjaar vakansie gaan hou nie ek dink die huis besigheid gaan ons te vas hou. ek wou weer in mosambiek gaan duik het, sal maar volgende jaar gaan as die Here ons spaar.

ek wou vanjaar klomp mooi fotos van parstyd en kelder aktiwiteite neem vir PM se boek maar toe die huis met my kameras brand het dit nooit gebeur dat ek 'n pars foto neem nie, sal ook maar moet wag vir vlg jaar.


ek is seker Gawelina of iemand anders van julle wat woord vaardig is sal van die fotos kan bedig.

ek dink ek moet dalk in die winter begin afneem en 'n foto verhaal maak van waar dit als in die grond begin tot waar dit wat ons drink in die bottels en glas is.


Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: hiers ek weer
« Reply #3 on: April 15, 2012, 07:42:05 AM »
Morning AB,  nee ek het hom so verstaan dat julle nie op vakansie is in die buiteland op die oomblik nie, maar wel op vakansie is op die nuwe werf terwyl jy nog hard werk om die bottels vol te kry. 
Dis 'n blink idee om die hele proses van wingerd, oes, pars en uiteindelik die eindproduk in Boek3 in te sit. 
Goeie Sondag vir julle almal.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: hiers ek weer
« Reply #4 on: April 15, 2012, 07:51:14 AM »
ja nou moet ons ook praat van ou bure en nuwe bure.

ons het die ou bure genooi om vandag hier saam met ons sirlion te braai en die oudste student en sy girl kom ook deur.

kan voel die winter bekruip ons ek sal plan moet maak om skoene te kry want dalk gaan my voete een van die dae koud kry, ek hoop tarzan draai nie te lank nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: hiers ek weer
« Reply #5 on: April 15, 2012, 10:24:50 AM »
Baie welkom AB.  Ek en Hannes sit juis vanoggend oppad terein toe en wonder hoe dit met julle gaan. 
Ek het daar op jou profielblad gaan loer en 'n paar verstellings gedoen.  Laat weet vir my of jy nog by "Matroos" kan inkom en of alles nou reg is. 
Ek het gewonder hoekom jy nie kom saam gesels nie.  Het jou vreeslik gemis en was bekommerd oor julle. 
Geniet die braaitjie en eet tog so 'n stukkie sagte vleis vir my part ook.  Hier is nie die weelde van "ryp vleis" nie en die geel vet aan die vleis spreek van stokou diere.  Ons kry wel ryp beeshaas in Gabs, maar teen P190 per kilo, kom dit nie dikwels op die spyskaart voor nie.   :icon_biggrin:
Kom vertel vir ons van Botswana.
Om te weet is om te verstaan.