Author Topic: Geluk Angelica  (Read 4711 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Geluk Angelica
« on: April 05, 2012, 12:13:39 PM »
Hiermee dan die aankondiging van die wengedig vir die kompetisie! 

Baie geluk Elsabé, jou gedig is stunning!   :read:  :occasion14:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Geluk Angelica
« Reply #1 on: April 05, 2012, 04:41:29 PM »
Baie geluk Angelica  :icon_salut:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #2 on: April 06, 2012, 12:07:14 AM »
Baie dankie, PM en Willa.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geluk Angelica
« Reply #3 on: April 06, 2012, 08:31:30 AM »
Baie geluk. Dit is regtig 'n puik gedig.  :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #4 on: April 07, 2012, 02:34:26 AM »
Dankie Fransi, ek waardeer jou gelukwensing.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Geluk Angelica
« Reply #5 on: April 13, 2012, 01:40:45 AM »
BAIE BAIE geluk Angelica. Voorwaar geseend is ons met so groot talent in ons midde!!  :notworthy: :book1: :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #6 on: April 13, 2012, 06:37:38 AM »
Dankie Meraai. 
Die Groot Talent weet ek nou nie van, maar dat ek probeer, is gewis.  :icon_scratch:

Kom ons hoop die volgende kompetisie trek meer skrywers EN stemmers.
Dit was vir my naelbyttyd.  Ek voel altyd my skriwwe is sommer net dit:  skriwwe en ander se gedigte/verse  is puik teen myne.
Ons ander was ook gesamentlik in die tweede en derde plekke op die rostrum wat ook 'n prestasie is. 
Aan al die ander, ek weet nie wie ook ingeskryf het nie, ek het jul gedigte geniet en dink ook julle s'n is puik.  As PM en Meraai wil he dit moet Boek2 toe, dan is dit.
Kom ons ondersteun mekaar, dit is tog 'n positiewe handeling en almal kan baat daarby.

Mooi loop.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #7 on: April 13, 2012, 11:12:25 AM »
Elsabé, gee my kans om tuis te kom dan reël ek om jou prysie by jou uit te kry. 

Beslis gaan ons nou elke maand 'n "verkiesing" hou vir die gedig van die maand. 
Al die nuwe gedigte wat in ons eie plekkies verskyn sal in aanmerking kom.  Ongelukkig het ek nie pryse om uit te deel nie, maar sal sien of ons iets bymekaar kan maak vir die gedig van die jaar, wat dan uit die "gedig van die maand" gekies sal word. 

Nou sal ek gou gaan kyk na die ander gedigte voordat ek nie meer sein het nie. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #8 on: April 14, 2012, 03:31:17 AM »
Kry ek 'n prysie??
Wat het ek gedoen om so bederf te word in 2012 ?
Om nie te weet wat in die boks is wat gaan travel tot hier, is 'n groot lekkerte.  Dankie PM. 
Ek het ook gister 'n groot geskenk ontvang, sommer so helder oordag uit die bloute.
'n Koerier daag op by die kantoor vir 'n pakkie vir Me El sa be... Pi tout.  Dis ek.  Plse sign here.
En ek sign vir die platterige boks.  Thank you and Bi.. aaai.
Die sker wil nie gou genoeg die kleefband sny nie.. ek nuuskierig, sien en die boks is so lig, kan nie dink dat daar iets in is. 
Uiteindelik oop.  Ag himmel, net 'n klomp papiere, maar ek ruk dit nogtans versigtig daaruit, netnou is daar dalk 'n slang in, of 'n skilpad, of 'n lewendige vis, of....
En uit, tussen al hierdie papiere, kom twee stukke dryfhout.  Pragtig getemper deur die natuur.  Groot geskenk. 
Dit kry 'n plekkie op my 'stasie' tussen al die ander klippe en skulpe en haai-eiers en krapdoppe en.... 
Nou moet ek net besluit of dit in my huisie of in my kantoortjie uitgestal moet wees.
Dankie Louis, vir my baie spesiale geskenk.  (Die man weet ek is 'n versamelaar van see-goed.) 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #9 on: April 14, 2012, 08:27:28 AM »
Ai man, wat 'n groot lekkerte!  Daardie man is darem spesiaal nê!  Wonderlik om so 'n pragtige vriend te hê.   :love5:
Hannes vra ook noudie dag vir my wat soek die pienk kwarts op my tafel.  Hoekom sit ek dit nie in die tuin by die ander nie.  NIP, hierdie een is spesiaal!  Met liefde gegee!
Verduidelik asseblief daai "haai eiers".   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #10 on: April 15, 2012, 01:17:15 AM »
Lewieeees!!!!  vertel vir PM van haai-eiers, toe.
Sommige haaie (ek weet nie watter een) het so 'n klein sakkie, lyk soos 'n klein beursietjie, waarin die kleintjie.. ???  Nee, ek weet nie of ek reg is nie.
Lewieeeeessss!!  Kom praat hier, asseblief.
Yip, my spesiale vriend.  Een wat my ken, wat weet hoe my kop werk.  En dit is belangrik vir my, een wat weet hoe my kop werk.  Een wat weet wanneer om my terug te ruk na die werklikheid en wanneer om my te los dat ek kan vlieg.  Dit is baie luuks om so 'n vriend te he.  Dit is jammer dat hy so ver bly, maar ook goed.

O, BTW, ek moet 'n NUWE Rooiwyn, Kaggelvuur en Vers kry.  Het myne verkoop en die eerste uitgawe wat ek het, gaan na Ouma wanneer sy oor 'n paar weke opdaag.  So, as jy weer eendag drukkers toe en jy kry boeke gedruk, Ella sit haar bestelling in.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Geluk Angelica
« Reply #11 on: April 15, 2012, 04:25:22 AM »
daar is net n paar haai en rog species wat wel eiers le, die res dra die eiers intern en gee dan lewendige geboorte
die eiers wat op die seebodem gele word lyk amper soos n klein beursies met sulke harde gekrulde drade op elke hoek. die doel van die krulle is om die eier te anker teen enige ding wat dit op haak. die eiers staan bekend as 'mermaids purse' of 'devils purse' en word gereeld op die strande gevind. gewoonlik as dit op n strand le dan is dit reeds uitgebroei. die hele proses werk die selfde as n hoender eier behalwe dat die ding wat daar uitkom nie vere aan het nie.
die broei tydperk van die verskillende specie haai wissel ook redelik baie. dit vat vanaf sowat 9 maande na 2 jaar vir n eier om uit te broei. nogal n lang tyd om op n koue seebodem vas te klou en hoop dat een of ander simpel bliksem jou nie kom eet nie. dit gebeur soms dat jy n haai eiers op die strand vind wat nou nie opgedroog is nie en wat nog n lewendig is. as jy hom dan ophou teen die son kan jy die kleintjie binne in sien rondkriewel.

en net so van die os op die jas - daar bestaan nie so n ding soos iemand wat die werking van n vrou se kop ken nie. dis n myth - pie in the sky
(dog en klaar net daai een op)

die klok het gelui = dis nou pouse

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk Angelica
« Reply #12 on: April 15, 2012, 10:51:06 AM »
Lag ek nou vir pouse.  Ek is bly dit is nie huistoegaantyd nie.   :icon_biggrin:
Dankie dat jy kom verduidelik het.  Ons stadsjapies hier in die Transvaal mis so ongelooflik baie van die seelewe.  Ek sal gaan google om te sien hoe dit lyk. 

Sodra ek tuis is bestel ek weer nuwe boeke.  Ongelukkig is daar niks van die nuwe boeke oor nie, net 'n paar van die oues wat op bestelling was, wat nog nie afgehaal is nie.
Om te weet is om te verstaan.