Author Topic: My vriend: Swart Nag  (Read 2654 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Suidwes

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 6
  • Gender: Female
My vriend: Swart Nag
« on: April 04, 2012, 08:11:58 PM »
Liewe Swart Nag, weet jy hoe haastig is ek dat jy moet aanbreek
ek wil so graag my kop diep onder jou blad insteek

Jy met jou lekker lang wegkruip ure
en digte vashou mure

Oneindig ver jou sterre wat wink
ek vra jou….is daar nie dalk net enetjie wat vir my ook blink?

Want ek het geen antwoorde op al die waaroms
die stille hoekoms of die ontwykende daaroms

Jy is soms by my maar so onbereikbaar hoog
jy brand my trane met al jou geheime kurkdroog

Saggies sluip jy weg en begin die dag se bekende ritueel
my vriend....ek is nog stukkend…alleen...en glad nie heel

Sal jy perdalks vanaand vir my ‘n geskenkie bring
emmers vol liefde, geloof en hoop toegevou in ‘n wolke-kring

Ag en as jy wil….so ‘n klein skeutjie oorwinning oor almal wat spot en lag
want nou na alles is selfs my binneste uitgeslag

Dit fladder sommer daar in die straat soos ‘n opgefrommelde liefdesbrief
en lucifer dans smeulend op die maat van sy oorwinningslied….
....ek lewe vir liefde want om te lewe is liefde....!!!!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #1 on: April 04, 2012, 08:34:25 PM »
Stukkie pragwerk. Sien uit na nog. Woordgebruik is pragtig. Ek gaan aan jou lippe hang vir nog Suidwes woorde en uitdrukkings.
Gooi hulle, Antie. Gooi hulle.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Suidwes

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 6
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #2 on: April 04, 2012, 11:25:55 PM »
Dankie Naas!!!!....ek sal die ou brein laat bak en brou....en wie weet wat kruip dalk daar uit!!!!!  :sign10: .....kom ons hou duimvas ek vaar hier beter as wanneer ek gepantser met 'n resepteboek die kombuis aandurf!!!!!.....mag hier minder vreesbevange gesigte wag as in my kombuis.....  :wave:
....ek lewe vir liefde want om te lewe is liefde....!!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #3 on: April 04, 2012, 11:47:44 PM »
Mooi mooi..
Bly maar uit die kombuis, gedigte is makliker om te maak as bredie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #4 on: April 05, 2012, 12:19:25 PM »
Pragtig geskryf.  Die gevoel van "wegkruip" in die nagvoue slaan lieflik deur.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #5 on: April 05, 2012, 04:44:09 PM »
ek hou ook van die swart nag se wegsteek ure - prag gedig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #6 on: May 14, 2012, 08:15:07 AM »
Prrrragtig. Ek lief dit wanneer ek 'n rymgedig lees en dit skaars agterkom so pragtig is die ABC in die woordwa ingespan. My plek beslis ook geboek ..doet voort groot asb  :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #7 on: May 14, 2012, 08:30:13 AM »
Ek wonder wat het van Suidwes geword.  Sy het so vinnig gegaan as wat sy gekom het. Een van ons het tog niks gesê wat haar kon ontstel nie.  Het ook vir haar 'n briefie geskryf sonder sukses. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #8 on: May 14, 2012, 08:56:51 AM »
Nou heers daar weer dosestilte ... en die pragtige woorddis skitter alleen hier op die erfie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #9 on: May 14, 2012, 09:02:12 AM »
Ek het net so uitgesien na nog woordskatte.  Dosestilte ja!  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #10 on: May 14, 2012, 12:53:07 PM »
Dalkies is toegang tot internet verbreek .. kom ons hoop dit sort gou uit .. want ja  - ek sien net so uit na die volgende diamant uit hierdie pen!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #11 on: November 03, 2016, 09:16:17 PM »
 :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #12 on: February 01, 2018, 07:14:17 AM »
Het gou weer hierdie prag gedig kom lees. 
Suidwes, kom kuier tog weer asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #13 on: December 21, 2019, 05:30:46 PM »
nog steeds raak hierdie gedig my rym-snare , laat dit my tone kriewel, dis so goed en die hartseer boodskap daarin laat my sonder woorde.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My vriend: Swart Nag
« Reply #14 on: March 12, 2020, 03:37:25 PM »
Hier lê nog 'n paar pêrels wat uit ons halssnoer verloor het!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.