Author Topic: Die gebruik van leestekens in gedigte  (Read 9677 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Die gebruik van leestekens in gedigte
« on: April 04, 2012, 01:49:37 PM »
'n Artikel deur Susan Grobler

Die gebruik of weglaat van leestekens in digkuns laat baie digters dikwels kopkrap.

PUNT . Ons leer lees. Gebruik die punt by afkortings: bv. ens.
KOMMA , Hy gaan nie saam nie, want hy wil leer.
KOMMAPUNT ; Ek gaan nie saam nie; ek wil eerder leer.
DUBBELPUNT : Die volgende leerlinge gaan leer: Elizma, Hendrik en Sarel.
AANHALINGSTEKENS “ “Julle moet nou leer!” het juffrou geraas.
VRAAGTEKEN ? Hoe laat?
UITROEPTEKEN ! Ai tog!
HAKIES ( ) Die leerwerk is opgesom (bl. 12).
AANDAGSTREEP - Dit was chaoties – so het ons gedink.
AKSENTTEKENS ` (i) gravisteken ` bv. appèl; (ii) akkuutteken ´ bv. ék
DEELTEKEN ¨ geleë
KOPPELTEKEN - oud-skolier
AFKAPPINGSTEKEN ´ foto’s
KAPPIE ^ skêr

Ons vroeëre digters het die gebruik van leestekens noukeurig gebruik. Elke komma, kommapunt, punt, aandagstreep, uitroepteken en vraagteken is sorgvuldig oorweeg en gebruik. Die taal was nog in wording en dit was dus nodig om ‘n goeie voorbeeld aan lesers te stel.

Aan die einde van die vorige eeu het dit mode geword om van leestekens ontslae te raak. ‘n Mens sou dink dat dit die skryf van ‘n gedig vergemaklik het, maar dit het juis probleme veroorsaak deurdat lesers hulle eie leestekens (veral ruspunte) op verkeerde plekke ingelees het en die oorspronklike bedoeling van die digter dikwels daardeur verydel is. Digters wat hulle werk korrek vertolk wil hê, is nou verplig om op subtiele wyse leiding aan lesers te verskaf en is die gebruik tans (2011) om op minimalistiese wyse met leestekens te werk te gaan.

Wanneer ‘n gedig voltooi is en dit deur die digter nagesien word, lyk leestekens baie keer skielik oorbodig en begin twyfel ontstaan of dit gebruik moet word of nie. Die rede hiervoor is dat ons aan bovermelde twee uiterste pole blootgestel is: die noukeurige gebruik daarvan en die algehele weglaat daarvan. Wat nou gemaak? Ons sit behoorlik in die middel daarvan en weet nie wat om te gebruik en wat om te los nie.

Punte:
‘n Punt dui die einde van ‘n volsin aan. ‘n Goeie gedig het ‘n bepaalde ritme en die leser sal self by elke natuurlike ruspunt stop, sou die gedig ‘n goeie, sterk ritme het. Ruspunte kom normaalweg voor aan die einde van ‘n reël (of elke tweede reël) of strofe – hang af van die styl. Sou die ruspunt nie op ‘n logiese plek voorkom nie, moet die digter ‘n punt gebruik om verwarring te voorkom. Indien elke strofe met ‘n punt eindig, moet dit verder eenvormig gebruik word. Moenie een strofe afsluit met ‘n punt en die res van die strofes se punte weglaat nie.

Kommas:
‘n Komma skei verskillende gedagtes in ‘n sin en verteenwoordig ‘n korter pouse as ‘n punt. ‘n Komma op die verkeerde plek in ‘n sin kan ‘n heeltemal ander betekenis aan die bedoeling van die digter heg. Dit is dus noodsaaklik om seker te maak dat die ritme en metrum van ‘n gedig so ‘n aard is dat die leser die weggelate kommas self korrek sal inlees. Bestaan die gevaar egter dat hulle dit nie gaan doen nie en gevolglik op die verkeerde plekke gaan inlees, moet die komma liefs deur die digter gebruik word.

Hoe bepaal ‘n mens of die leser dit self sal kan doen? Lees die gedig hardop. As die sin verder oorloop as wat normaalweg verwag word (bv. in die geval van ‘n enjambement) moet die komma beslis gebruik word.

   Uitroeptekens:
Pasop vir die oormatige gebruik van die uitroepteken. Meer as drie uitroeptekens per gedig vra dringende hersiening van die woordgebruik, want sodra teks uitroeptekens benodig, beteken dit dat ander woorde ingespan moet word om ‘n sterker effek te bewerkstellig. Waar ‘n uitroepteken wel gebruik word, word net een teken gebruik. Die slegte gewoonte van sommige skrywers en digters om drie of meer uitroeptekens langs mekaar te gebruik, versterk nie ‘n uitroep nie, maar dui eerder op die digter se onkunde.

Hoofletters:
Hoofletters kom meesal voor aan die begin van sinne en wanneer eiename (Sarie, Kaapstad, Coca-Cola) gebruik word. Pasop vir rekenaars wat die begin van elke sin outomatiese ‘n hoofletter gee - dit is irriterend vir lesers om in die middel van 'n sikliese golf skielik met 'n oorbodige hoofletter gekonfronteer te word.

God se naam word altyd met 'n hoofletter gespel. Eiename (behalwe as die digter die persoon of plek doelbewus wil degradeer) word ook met hoofletters gespel, al is dit ‘n gedig wat in kleinlettertjies geskryf word.

Indien die digter ‘n gedagte wil beklemtoon of ‘n persoon opgradeer/ophemel, kan ‘n hoofletter gebruik word. Indien ‘n persoon in ‘n negatiewe konteks voorgestel word, kan die naam doelbewus met ‘n klein lettertjie geskryf word. Vermy dit om groot gedeeltes van die teks in hoofletters weer te gee, of nog erger, die hele gedig in hoofletters te skryf.

Ander leestekens:
Gebruik leestekens net wanneer hulle ‘n besliste doel het. Moenie byvoorbeeld elke sin of strofe met ‘n aandagstreep of nagedagtenis (…) eindig nie. Sê vir die leser wat jy wil sê, dit is jou gedig.

Opsomming:
Leestekens gee orde aan 'n gedig. Om jouself te vergewis of jy leestekens moet gebruik of nie, is dit raadsaam om die gedig hardop te lees en te let op die ritme. Sou jou gedig se sinne 'n egalige ritme het en natuurlike ruspunte aan die einde van elke sin voorkom, kan 'n mens die kommas en punte gerus weglaat. Sou 'n sin egter oorspoel na die volgende reël en die leser pertinent na daardie nuwe asemhalingspunt gelei moet word om 'n moontlike verkeerde interpretasie van die teks te vermy, moet 'n leesteken soos ‘n komma of punt liefs gebruik word. Gebruik uitroeptekens spaarsamig en vermy aandagstrepe sover moontlik. Hoofletters kan orals weggelaat word, maar nie in geval van God se naam en eiename nie.

Vandag sal ‘n digter eerder die weglaat van ‘n leesteken as die verkeerde gebruik daarvan vergewe word. Wees dus waaksaam en maak seker jy weet wat elke leesteken beteken.

Voorbeeld van gedig met minimale gebruik van leestekens:

Holly
(Girl of the Playboy Mansions)

in die duurte van beierende klokke
het jy jou korset stuk vir stuk uitgeryg
die rondings van jou versugtinge
in en oor Playboy vasgestrik

die perkamentreuk van hoë mure
met duur parfuum probeer versoen
met ingetrekte naels oor die intiemheid
van vergeelde mufheid gestryk

jou blik vol oënskynlikhede
in 'n duisend prismas versplinterd
maar in die naklank het jy gemerk

hoe twee spierwit poue
hul verslete vere afskud...
en jy het, nakend, die galery uitgestap


'n Voorbeeld van degradering met behulp van kleinletters, kom in my gedig "Parthenon" (verkrygbaar op woes) voor.


Susan Grobler
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #1 on: April 05, 2012, 04:40:51 PM »
dankie  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #2 on: March 29, 2013, 11:48:14 AM »
Ek het nou gou weer hier kom komtaartjie plak sodat ons weer na die pragtige werkstukkie van Susan Grobler kan kyk.  Let asseblief op die gebruik van die uitroepteken, dit is belangrik. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #3 on: March 30, 2013, 09:59:02 AM »
Ek baie skuldig aan die herhaalde uitroepteken  :crybaby2: maar is versigtig in skryfstukke wat ek nie so oorboord gaan soos wanneer ek tussen die lyntjies kuier met vriende nie!!  :color:

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1613
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #4 on: May 18, 2013, 09:15:23 AM »
'n Artikel deur Susan Grobler

Aan die einde van die vorige eeu het dit mode geword om van leestekens ontslae te raak. ‘n Mens sou dink dat dit die skryf van ‘n gedig vergemaklik het, maar dit het juis probleme veroorsaak deurdat lesers hulle eie leestekens (veral ruspunte) op verkeerde plekke ingelees het en die oorspronklike bedoeling van die digter dikwels daardeur verydel is. Digters wat hulle werk korrek vertolk wil hê, is nou verplig om op subtiele wyse leiding aan lesers te verskaf en is die gebruik tans (2011) om op minimalistiese wyse met leestekens te werk te gaan.

Omdat hierdie so baie verwarring kan veroorsaak, soos Susan ook noem ... lees haar hele skrywe sorgvuldig deur... wil ek hierdie noem:

Ek leen Ans se woorde van haar mooi gedig Vier Seisoene

met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winter kou
staar sy voor haar uit

met oë wagtend gerig op stofpad
elke beweging laat haar
oë opgewonde blink
verlangend opkyk na geslote hek


Hierdie is heeltemal reg, ek wil nie iets verander nie, maar dit net as voorbeelde gebruik omdat iemand my gevra het hoekom ons woorde sus of so skryf en hierdie voorbeeld dit daartoe leen:
soos dit hier staan, lees ek dit as volg

met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene in winterkou   [hier haal ek asem]
staar sy voor haar uit

met oë wagtend gerig op stofpad  [en dan lees ek die twee reëls as een sin]
.....

of dit kan as volg wees

met kromgetrekte hande
wag sy met blokkieskombers
oor haar bene, in winterkou   [of   'oor haar bene    in winterkou']
staar sy voor haar uit

of

oor haar bene in winterkou,
sy staar voor haar uit

met oë wagtend gerig op die stofpad
.......


Die volgende kwatryn het ek geskryf en vra jul kommentaar.
Daar is geen leestekens in nie, maar ek kry ook nie woorde om by te voeg nie. Ek het met 'n hoofletter begin en aaneen gegriffel. Moet ek met 'n punt eindig? Kan ek dit sonder die eindpunt los as ek die 1ste reël met 'n kleinletter begin?

Die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks deur ’n stukkende wolkkombers
na my halfleë gemoed wat dringend soek
na ’n omgeekuier om my hart te heel

 :grommit:

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #5 on: May 19, 2013, 05:56:37 PM »
Eers wil ek vir jou sê hoe ek dit gelees het en dit is dan ook hoe ek dit sou geskryf het, aangesien jy nie van leestekens gebruik gemaak het nie.  Dan sou ek ook nie met 'n hoofletter begin het nie.

die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks     deur ’n stukkende wolkkombers   (ek wil klem lê op "skalks", wil hê jy moet dink oor "skalks" die prentjie sien)
na my halfleë gemoed      wat dringend soek   (halfleë gemoed)
na ’n omgeekuier     om my hart te heel  (Waarna soek die skrywer? 'n Omgeekuier.)

Met leestekens:
Die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks, deur 'n stukkende wolkkombers
na my halfleë gemoed, wat dringend soek,
na 'n omgeekuier, om my hart te heel.

As jy nie van die "en" gebruik gemaak het nie, maar van "dit" sou ek dit anders gedoen het, want die goue taalreël sê dat daar nie 'n komma voor en kom nie. 
Die maan is amper halfvol vanaand,
dit loer skalks,  deur 'n stukkende wolkkombers,
na my halfleë gemoed, wat dringend soek,
na 'n omgeekuier, om my hart te heel. 

Nou is dit presies hier waar Susan se raad aan die skrywer inkom.  Jy as skrywer moet vir my wys waar jy wil hê ek moet rus. 
Soms, deur die leestekens op die verkeerde plek "in te lees" kan dit die bedoeling van wat die skrywer wil sê, of die hele atmosfeer of ritme van die gedig verander. 
Hier kon die skrywer ook bedoel het om enjambemente te gebruik met die doel om die gedig vloeiend te maak en ek as leser het dalk die hele pot mis gesit. 

Adéle, ek hou van die inset wat jy gelewer het by Ans se gedig.  Ek sou dit graag so verander het as sy toestem. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1613
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #6 on: May 19, 2013, 07:09:14 PM »
hier leer ek nou iets waaraan ek nooit gedink het nie:
om 'n skrywe/gedig te skryf, dan die kern uit te haal, en dan weer in te kleur

Die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks deur ’n stukkende wolkkombers
na my halfleë gemoed wat dringend soek
na ’n omgeekuier om my hart te heel

                               Die maan
                               loer skalks
                               na my gemoed wat soek
                               na ’n omgeekuier om my hart te heel

dit was my gedagte ....

nou wil ek dit voltooi om die oorspronklike idee dieselfde te probeer hou, eishhh, waarin begewe ek my?

die maan is amper halfvol vanaand
en loer skalks    deur ’n stukkende wolkkombers,
na my halfleë gemoed    wat dringend soek
na ’n omgeekuier    om my hart te heel

 :grommit: 



« Last Edit: May 20, 2013, 10:15:49 AM by PM »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #7 on: May 20, 2013, 10:12:40 AM »
Dit is puik gedoen.   :hello2:  Ek sal 'n plekkie gaan soek waar ons dit kan invoeg op een van jou bladsye in die boek, of jy kan self sê waar jy dit wil hê.   :love7:  Het jy 'n titel daarvoor?

Skuus, daar druk ek die verkeerde koevertjie.  Ek wou kom vra of dit by "Skemerstil" se blaadjie sal inpas. 
« Last Edit: May 20, 2013, 10:16:36 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1613
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #8 on: May 20, 2013, 03:01:09 PM »
jy kan dit daar plaas want daar is mos plek omdat die skrif kleiner gemaak word. moontlike titel ... ??eishhh, weet nie.

hierdie is nou 'n 2'erlei vormgedig... wit spasies tegniek en ook 'n voorbeeld van 'n   :icon_scratch: 
??paradoks??   :dontknow:    waar ek van teenoorgesteldes gebruik wou maak. ek wil leer van oksimorone en paradokse ... het julle dit al hier beskryf?

 :grommit:

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #9 on: May 20, 2013, 03:44:39 PM »
Ja ons het al.  Laat ek gaan soek vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9144
  • Gender: Female
Re: Die gebruik van leestekens in gedigte
« Reply #10 on: May 20, 2013, 04:59:42 PM »
Oksimoron – ok-si-mo’ron - Stylfiguur waarby twee teengestelde begrippe met mekaar verbind word.
Onnosele slimkop
Arme ryke
Dit is ou nuus.
Siende blind.
ʼn Oop geheim.

As jy "home" klik en jy "soek" bo in die soekhoek, dan kry jy al die onderwerpe waaroor daar gesels is op die forum.
Tik oksimoron in en kyk wat is daar nog.  Raaitjie het ook iets daaroor geskryf. 
Om te weet is om te verstaan.