Author Topic: Die wind.  (Read 14875 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Bestuur

  • Guest
Die wind.
« on: May 05, 2011, 02:07:42 PM »
PM is besig om 'n artikel te skryf oor alliterasie en assonansie en sy vra dat julle haar help om hierdie gedig reg te ruk sodat sy dit kan gebruik as 'n voorbeeld.  Groot seblief. 

Die wind.

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;
klappende perdepote
deur die wind aangejaag.

Dit is donker dowwe grys grou wolke
wat die aarde  in skemer  omvou;
in die verte trek die weerlig wit flitse
teen  die liglose blou.

Dit is ‘n woeste  wind wat so mistroostig
om die huis se hoeke loei,
wat die reën rukkend in vlae
oor die dorre aarde gooi.

Dit slaan die reëndruppels stukkend
teen die vensters aan;
net biggelende trane
wat traag teen die ruit afgaan.

Die wind wig deur die ou venster
wat nog net aan sy skarniere hang;
dit dawwer teen die dak se ou sinkplate
wat ook al  besig is om op te lig.
‘n  Waterval swoeg  met ‘n gedruis deur die geute,
om met ‘n swierige boog
‘n bek vol reënwater  uit te spoeg.

Al wat oorbly
is  die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die vars reuk
van ‘n aarde skoon gewas van stof
en die laaste paar druppels
wat uit die blare
op die grond
neer plof.
Dan is dit stil.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die wind.
« Reply #1 on: July 14, 2011, 02:15:26 PM »
PM is besig om 'n artikel te skryf oor alliterasie en assonansie en sy vra dat julle haar help om hierdie gedig reg te ruk sodat sy dit kan gebruik as 'n voorbeeld.  Groot seblief. 

Die wind.

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;               wat van "dit rommelrol" of dalk "rammelrol"
klappende perdepote                         "trillende tromme doem doem"
deur die wind aangejaag.

Dit is donker dowwe grys grou wolke
wat die aarde  in skemer  omvou;
in die verte trek die weerlig wit flitse
teen  die liglose blou.

Dit is ‘n woeste  wind wat so mistroostig
om die huis se hoeke loei,
wat die reën rukkend in vlae
oor die dorre aarde gooi.

Dit slaan die reëndruppels stukkend
teen die vensters aan;
net biggelende trane
wat traag teen die ruit afgaan.

Die wind wig deur die ou venster
wat nog net aan sy skarniere hang;
dit dawwer teen die dak se ou sinkplate                   "dawerkreun teen oudakplate aan
wat ook al  besig is om op te lig.
‘n  Waterval swoeg  met ‘n gedruis deur die geute,
om met ‘n swierige boog
‘n bek vol reënwater  uit te spoeg.

Al wat oorbly
is  die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die vars reuk
van ‘n aarde skoon gewas van stof
en die laaste paar druppels
wat uit die blare
op die grond
neer plof.
Dan is dit stil.

PM   dis maar wat ek sou gebruik

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die wind.
« Reply #2 on: July 14, 2011, 02:33:37 PM »
MMmmmmm...
Jy het dit uitstekend reggekry om die alliterasie en assonansie te verduidelik... miskien, net miskien, te goed.
Laat ek verduidelik. Daar is baie mense wat mal gaan wees oor jou gedig en met reg so. Persoonlike smaak slaan my egter hier neer teen die teer omdat daar vir MY, persoonlik, te veel van alles in is. Dit proe dan op die ou end (net vir my) of ek 'n koppie koffie drink met twaalf eetlepels suiker in.
Dis nie net jou gedig nie, daar is ander groot skrywers wat ook partykeer die gevoel by my laat daarom moet jy my kommentaar asb nie negatief ervaar nie. Ek gee maar net my eie, eerlike, persoonlike gevoel.  :dontknow: Partykeer hou ek nie van myself nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #3 on: April 06, 2012, 08:13:26 AM »
100 jaar later kom ek weer hier uit.  Noudat dit 'n bietjie rustiger gaan en ek hier in die bos kuier, glip ek deur 'n paar afgeskeepte onderwerpe en sowaar, hier is nog een wat ek gemis het.

Dankie Natalie, ek sal beslis van jou voorstel gebruik maak.

Naas, ek waardeer jou inset en ek stem met jou saam.  Ek het dit 'n "bietjie" oordryf!  :icon_biggrin:
Sou ek nie jou eerlike opinie wou hê nie, sou ek nie gevra het nie.   :nono:
Weet ek ook uit ondervinding dat jy  MY  nie kritiseer nie, maar net jou mening oor die gedig gee, dus, ek aanvaar jou opinie soos dit kom, uit jou liefdevolle hart!  :love7:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die wind.
« Reply #4 on: April 06, 2012, 09:44:37 AM »
As 'n mens na die gedig kyk in diekonteks van "so lyk alleterasie" maw as leermiddel slaag dit in sy doel.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die wind.
« Reply #5 on: April 06, 2012, 05:21:26 PM »
Ek's te blond vir die groot woorde en Naas ek hou altyd van jou en ek lief PM stukkend!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #6 on: April 07, 2012, 06:11:52 AM »
Ek het probeer om dit te verbeter maar dit lyk nie vir my of ek juis daarin geslaag het nie. Op plekke is dit nou nog erger!  :icon_biggrin:
Help gerus om te skuur en skaaf. Ek het deurgaans probeer om ses lettergrepe toe te pas, maar die laaste strofe het handuit geruk en ek wou nie 'n klomp byvoeglike naamwoorde gebruik nie. 

Die wind.

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan bome ruk en pluk
om ou blare met sweepslag
van die takke los te ruk.
Dit rammelrol strate af;   
trillend-tromme doem-doem,
fel en meedoënloos
deur die wind aangejaag.

Dit is donker wolke
wat grou-aarde omvou;
weerlig trek wit flitse
teen die liglose blou.

Woeswind wat mistroostig
om die huishoeke loei,
reën     rukkend in vlae
oor dorre aarde gooi.
Dit slaan die reëndruppels
stukkend teen die vensters;
biggelende trane
loop traag teen die ruit af.

Wind wig deur die vensters
wat aan skarniere hang;
dit klap teen dakplate
reeds lankal opgelig.
Water stort deur geute,
om met swierige boog
bekke vol reënwater 
rukkerig uit te spoeg.

Al wat oorbly is 
die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die welriekende reuk
van ‘n stoflose aarde,
net ‘n  laaste paar druppels
wat uit die skoon blare
op die grond, neer plof...

dan is dit stil.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die wind.
« Reply #7 on: May 05, 2012, 06:31:55 PM »
Die wind.

Daar woed 'n woeste wind
wat aan bome ruk en pluk
om ou blare met sweepslag       [sweepslae ?]
van die takke los te ruk.
Dit rammelrol strate af;           [hier moet ons iets anders bedink, blare raas nie so hard nie]
trillend-tromme doem-doem,
fel en meedoënloos
deur die wind aangejaag.

[[..........
Hul dans rukkend-rollend
so holderstebolder,
meedoënloos straataf
aangejaag deur die wind.
]]

Dit is donker wolke
wat grou-aarde omvou;
weerlig trek wit flitse
teen die liglose blou. 

[[
Om die grou aarde vou
donker wolke dreigend,
sny wit weerligflitse
flardes deur die lugruim /   hemelruim.
]]

'n pennie uit my gedagtes
ek werk nog aan die res.......dis sowaar minder maklik

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #8 on: May 06, 2012, 02:26:39 AM »
Baie dankie Adéle, jy is dierbaar. 

Daar waar ons gewoon het, waar jy die eerste keer kom kuier het, was ons mos omring met die groot akkerbome.  Daardie blare word so droog en dit is so hard, as die wind dit ruk en die strate af rol dan klink dit so:
Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;           
klappende perdepote                         
deur die wind aangejaag.

 Natalie stel toe voor:  wat van "dit rommelrol" of dalk "rammelrol"
                                                "trillende tromme doem doem"

Jy slaag pragtig daarin om die ses lettergrepe toe te pas. 
Ek wag in spanning vir die res.
Baie dankie vir jou moeite, ek lief jou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die wind.
« Reply #9 on: May 07, 2012, 07:39:59 PM »
enige van daardie woordbeelde sal by die akkerblare pas. ek kan hulle omtrent hoor rol. ek verstaan nou jou beskrywing. die kletter en rammel het in die begin eers vir my na blikke geklink.


Woeswind wat mistroostig
om die huishoeke loei,
reën     rukkend in vlae
oor dorre aarde gooi.
Dit slaan die reëndruppels     [[Die reëndruppels pletter
stukkend teen die vensters;  [[teen die plat ruite vas;
biggelende trane                   [[biggel soos blink trane
loop traag teen die ruit af.     [[teen wasemruite af

Wind wig deur die vensters   [[deur halfgeskarnierde
wat aan skarniere hang;       [[vensters     wig wind woedend,
dit klap teen dakplate           [[klap teen klipgeduikte
reeds lankal opgelig.            [[dakplate     opgebuig.
Water stort deur geute,        [[Water giet deur geute
om met swierige boog
bekke vol reënwater 
rukkerig uit te spoeg.      [[stotterend ? uit te spoeg...om met die 's' van spoeg maats te maak ]]

Al wat oorbly is
die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die welriekende reuk
van ‘n stoflose aarde,
net ‘n  laaste paar druppels
wat uit die skoon blare
op die grond, neer plof...

[[Al wat oorbly is                   
die laaste paar stroompies
wat vrolik geut-af sing,
die welriekende reuk
van stoflose bodem,
'n  laaste paar druppels
wat vanaf blaarpunte
teen die grond neerplof...

dan is dit stil.

sommer net my paar gedagtes, sommige uit die woordeboek, wat ek opgediep het terwyl ek die werk hardop gelees het.



adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die wind.
« Reply #10 on: May 08, 2012, 12:46:13 AM »
Dit is 'n pragtige gedig PM en met Adele se voorstelle voorwaar 'n pronkstuk as voorbeeld.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #11 on: May 08, 2012, 03:57:32 AM »
Ek dink ook so Raaitjie.
Baie dankie Adéle.

Ek kou nog aan die tweede strofe.  Sal mooi kyk na jou voorstel daar. 
Vandag ry ons huistoe.  Vandag gaan ek my nuwe kleinkind ontmoet.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die wind.
« Reply #12 on: May 08, 2012, 04:22:48 AM »
Oeeeeee sneppie sneppie sebliefie en mooi ry. Wonder ek waar trek julle nou want ek sien jou dakliggie brand  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #13 on: May 08, 2012, 04:39:44 AM »
Ek sal 'n sneppie kom plaas sodra ons terug is in die beskawing.
Sit nog hier voor die rekenaar en sien al die gevinde gedigte wuif vir jou.  Kyk by jou eie skryfgoed ook hoor. 
Hannes slaap nog die slaap van die onskuldige.  Slaap het my lankal afgesê.  :icon_biggrin:
Wens ek kon al die seer en teleurstellings in die lewe met die swaai van 'n stokkie regmaak.   :crybaby2:
Geld, die wortel van alle kwaad seg hulle, maar daarsonder gaan dit maar beroerd. 
Om te weet is om te verstaan.