Digkuns > Kom ons help mekaar

PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb

(1/3) > >>

Ah Willa:
Ek het hierdie gedig vanoggend gedig ...
dis iets helemal anders as wat ek normal weg doen en dis JULLE SKULD!
nou voel ek dom want ek verstaan nie eens mooi hoekom ek dit so doen ...

julle bytels en hammers sal nou BAIE waardeer word   :wav:

Geloof


Onwillig,
                tog;
                          verstoot
ongeloof
                my geloof
wat weier
                 om 'n mosterdsaad
                                                  te wees!

Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
                    Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!

Genade
Groot
            wag,   ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
                         verruil dit
                         met U geloof,
                         sodat ek U
                         getrou kan volg.

Meer nog;

                  'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.

© Ah,Willa!

 :notworthy:

PM:
Ek hou sommer baie van jou gedig Willa.  
Nou sit ek op hete kole om te hoor wat Raaitjie gaan sê.  Sy is 'n meester op die gebied en sal gou vir jou raat kan gee.  
Kom julle ander ook asseblief, Willa vra so mooi!

Naas:
Sorry Madim, ma die plaashaas vista hubba vannie oep spasies ie. Hie wa ekke blei is totdi Ka'se vlak volgeplak.
As daar hu oep space is slat hul nes-op.





 :icon_bigsmurf:

Ah Willa:
Naas, my baas, ek verstaan ook nog nie veel van die wit spasies nie .. ek is nie eens seker wat ek vanoggend gedoen het nie ... maar dit lees net soveel beter,
as alles op mekaar in 'n hoek ... maar ekke ook maar net 'n blond under cover ...

Dankie PM ...

sal ook graag wil hoor wat se Raaitjie en die ander ...

is al die los vas en die vas los waar dit moet wees ... ek kan mos nie spel nie  :love7:

Meraai vannie Baai:
Willa dit is voorwaar 'n unieke gedigsuiteensetting. Die doel van witspasies in 'n gedig word meestal ingespan sonder die gebruik van leestekens, want die stem rus waar daar nes opgeslaan sou worre - in Naas se omgewing :)

Die witspasies was hier jou boustene waarmee jy 'n verfrissende gedig gekonstruktueer het. Welgedaan matertjie  :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version