Author Topic: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb  (Read 7348 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« on: April 03, 2012, 09:27:43 AM »
Ek het hierdie gedig vanoggend gedig ...
dis iets helemal anders as wat ek normal weg doen en dis JULLE SKULD!
nou voel ek dom want ek verstaan nie eens mooi hoekom ek dit so doen ...

julle bytels en hammers sal nou BAIE waardeer word   :wav:

Geloof


Onwillig,
                tog;
                          verstoot
ongeloof
                my geloof
wat weier
                 om 'n mosterdsaad
                                                  te wees!

Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
                    Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!

Genade
Groot
            wag,   ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
                         verruil dit
                         met U geloof,
                         sodat ek U
                         getrou kan volg.

Meer nog;

                  'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.

© Ah,Willa!

 :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #1 on: April 03, 2012, 03:52:12 PM »
Ek hou sommer baie van jou gedig Willa.  
Nou sit ek op hete kole om te hoor wat Raaitjie gaan sê.  Sy is 'n meester op die gebied en sal gou vir jou raat kan gee.  
Kom julle ander ook asseblief, Willa vra so mooi!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #2 on: April 03, 2012, 04:42:55 PM »
Sorry Madim, ma die plaashaas vista hubba vannie oep spasies ie. Hie wa ekke blei is totdi Ka'se vlak volgeplak.
As daar hu oep space is slat hul nes-op.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #3 on: April 03, 2012, 05:05:17 PM »
Naas, my baas, ek verstaan ook nog nie veel van die wit spasies nie .. ek is nie eens seker wat ek vanoggend gedoen het nie ... maar dit lees net soveel beter,
as alles op mekaar in 'n hoek ... maar ekke ook maar net 'n blond under cover ...

Dankie PM ...

sal ook graag wil hoor wat se Raaitjie en die ander ...

is al die los vas en die vas los waar dit moet wees ... ek kan mos nie spel nie  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #4 on: April 03, 2012, 11:07:49 PM »
Willa dit is voorwaar 'n unieke gedigsuiteensetting. Die doel van witspasies in 'n gedig word meestal ingespan sonder die gebruik van leestekens, want die stem rus waar daar nes opgeslaan sou worre - in Naas se omgewing :)

Die witspasies was hier jou boustene waarmee jy 'n verfrissende gedig gekonstruktueer het. Welgedaan matertjie  :notworthy:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #5 on: April 03, 2012, 11:13:22 PM »
Meraai dis julle wat my so beinvloed  :toothy4:

ek was ook skoon stom geslaan oor die gedig ... was nie eens seker self wat ek doen nie ...

een ding weet ek baie mooi - hier is 'n plek om te leer en te groei .. dankie julle - PM as jy hier in die Kaap aanland gaan jy een groot vet druk van my kry .. jy weet ek deel nie maklik sulke dinge uit nie ...  :coffee2:  Raaitjie ek sal joune moet pos ... PM sal die res van julle names my drukkies gee  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #6 on: April 04, 2012, 03:07:02 AM »
Ek sê nooit nee dankie vir 'n drukkie nie, al het jy die drukkie verdien.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #7 on: April 04, 2012, 05:40:05 AM »


Geloof


Onwillig,
                tog;
                          verstoot
ongeloof
                my geloof
wat weier
                 om 'n mosterdsaad
                                                  te wees!

Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
                    Maar nee;
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!

Genade
Groot
            wag,   ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
                         verruil dit
                         met U geloof,
                         sodat ek U
                         getrou kan volg.

Meer nog;

                  'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.


jou woorde gee vir my 'n groot wondergevoel van geloof, van "luister na Hom"
'n pennie in die poel.....
as jy jou eerste woorde in een reel sou plaas, so

Onwillig,                 tog;                          verstoot
ongeloof                my geloof
wat weier                 om 'n mosterdsaad.....

dan sal ek die ; na 'tog' weglaat want die spasie gee reeds die idee van "wat nou?"
ek bedoel nie jy moet die woorde nou in een reel plaas nie, dis net om die ; uit te wys. die plasing in meer reels
versterk juis die gedagte wat jou woorde wil gee.

dieselfde by

Meer nog;

die volgende is dan die verduideliking van "Meer nog;" en sou 'n : beter wees maar ek sou dit ook weglaat, die spasie gee reeds die gedagte van "wag bietjie, hier volg mos iets"
[maar onthou, dit is jou gedig en jy wat besluit oor die leestekens]

die hele gevoel wat ek kry is een van ongeloof wat geloof verstoot, is dit reg?
dan klink dit of jou geloof eintlik weier om "te glo", terwyl geloof mos juis moet beteken jy glo.

en dan kom die besef weer dat daardie kleinste mosterdsaadjie se geloof al is wat ek nodig het want Sy genade is vir my genoeg, VAT dit net, Hy hou heeltyd Sy hand daarmee uit na my.

dankie dat jy hierdie wonderlike genade met ons deel   :love7: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #8 on: April 04, 2012, 05:53:53 AM »
Dankie vir jou inset Adelé, ai dit is lekker om jou raak te lees.  Ek mis jou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #9 on: April 04, 2012, 07:41:03 AM »
Dankie Adele - ek WAARDEER dit so baie

Yip - dis nie ware ongeloof soos in een wat sê daar is nie 'n God nie, meer soos in, dit voel of ek nie genoegsaam glo nie - maar dan besef jy - geloof so groot soos 'n mostertsaad is al wat jy nodig het, en as dit nie eens so groot wil groei nie - is daar gebed en mag ons dit afsmeek van God :-)

veranderinge so aangepas

Geloof


Onwillig,
                tog
                          verstoot
ongeloof
                my geloof
wat weier
                 om 'n mosterdsaad
                                                  te wees!

Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
                    Maar nee
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!

Genade
Groot
            wag,   ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
                         verruil dit
                         met U geloof,
                         sodat ek U
                         getrou kan volg.

Meer nog

                  'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.

© Ah,Willa!


Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #10 on: April 04, 2012, 07:58:00 AM »
Wils, ek sou die komma na "onwillig" ook wegneem.  As jy die komma by "wag, ek het mos..." wil hou, moet jy die spasie wegneem, of die komma wegneem en die spasie hou.  Die wit spasies dui juis die rusperiode aan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #11 on: April 04, 2012, 08:01:23 AM »
Dankie PM

Geloof


Onwillig
                tog
                          verstoot
ongeloof
                my geloof
wat weier
                 om 'n mosterdsaad
                                                  te wees!

Jou dwaas!
Jy kan
berge versit!
                    Maar nee
jy weier
om te glo!
Jou onwillige
dwaas!

Genade
Groot
            wag   ek het mos knieë!
Vader
verwyder
my ongeloof -
                         verruil dit
                         met U geloof,
                         sodat ek U
                         getrou kan volg.

Meer nog

                  'n stukkende wêreld KAN weet
U is juis,
U kom gou.

© Ah,Willa!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #12 on: April 04, 2012, 08:03:10 AM »
Daar slat jy hom met 'n plank!  Pragtig Willa.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: PM, Raaitjie, Naas, Adele, Trappies ... ALMAL kom help asb
« Reply #13 on: April 04, 2012, 08:06:23 AM »
 :love7: ek lief die forum maaitjies en ek lief jou stukke meer (skies maatjies maar dis die waarheid - dis PM en Hannes se skuld!)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w