Author Topic: Hamsterkonfyt  (Read 15384 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Hamsterkonfyt
« on: April 01, 2012, 01:29:52 PM »
Ek onthou desjare toe my ma so geboer het met tulpe. Sy't my altyd aangemoedig om met hamsters te boer en as die goedjies te veel geraak het het sy hulle uitgeslag en konfyt gekook van hulle. Sy wou ons nooit van die konfyt laat proe nie.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #1 on: April 01, 2012, 02:07:59 PM »
O die sône!   :icon_biggrin:  Het sy ooit 'n rede verskaf?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #2 on: April 01, 2012, 05:03:22 PM »
Ja. Blykbaar was daar destyds 'n liedjie "Tulips from hamsterjam."



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #3 on: April 01, 2012, 07:25:40 PM »
Jetetjie, Naas, maar jy kan met die snaakste goed vorendag kom.
Wat se Ouma Naas as jy so tjol praat?
elle

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #4 on: April 01, 2012, 07:33:16 PM »
HEY! Wie praat tjol? Vra my broer as jy my nie glo nie. Hy't gehelp hamsters voer. (en slag)

Onthou julle die liedjie?

TULIPS FROM HAMSTERJAM
Max Bygraves


When it's Spring again I'll bring again
Tulips from hamsterjam
With a heart thats true I'll give to you
Tulips from hamsterjam
I can't wait until the day you fill
These eager arms of mine
Like the windmill keeps on turning
That's how my heart keeps on yearning
For the day I know we can share those
Tulips from hamsterjam




 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: April 01, 2012, 07:40:17 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #5 on: April 02, 2012, 07:09:46 AM »
 :icon_biggrin: O hallie ha!  Daar vang jy my met 'n slap riem!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #6 on: April 02, 2012, 07:56:04 AM »
 :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #7 on: April 03, 2012, 09:33:44 AM »
dankie tog julle het nie geproe nie ... arme hamsterjam  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #8 on: April 03, 2012, 10:20:11 AM »
Ai! Waar was die internet daai dae?
Gaan doen ek nou bietjie navorsing op die net. Ons het heeltyd die liedjie verkeerd gehoor. Dis eintlik "Tulips from Amsterdam."
Ai Ai Ai. Nou weet ek hoekom my ma se tulpe nie in daai taai rond wou groei nie.

       En al die hamsters...     

 :triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets: :triplets:
                         Ai toggie toggie toggie... !!!      :icon_scratch:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #9 on: April 03, 2012, 11:43:41 AM »
dis nie julle skuld hulle het die liedjie in die rooi taal gesing nie  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #10 on: August 26, 2018, 03:22:19 AM »
Val ek pantoffels en al in die hamsterjam  :snorting: Naas. Naas. Naas.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #11 on: August 26, 2018, 04:49:41 AM »
Ai! Ta Raaitjie. En ek kan nou nog die hartseer voel vir die arme hamsters wat so onnodiglik aan hul einde gekom het.
My pa het mos sy mond nie aan hoender gesit nie. Het geglo hy sal opslag sterwe.
So boer ek met konyne. Kom een middag na skool by die Huis en my ma het die lekkerste hoenderpasty gemaak. Toe ek na ete my konyne gaan voer is die helfte skoonveld. Pastyhemel toe.
My pa het die konynpasty so geniet dat hy lank nadat al die konyne op was nog heerlik "konynpasty" geëet het. Ek en my broer die aakligste dood voor oë gesweer as ons sou uitlap dat dit lankal hoender ipv konyn in die pasty is.
O allie haa!!! Die sonde...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #12 on: August 26, 2018, 06:56:21 AM »
Bid jou aan! Ek stem saam.... die sonde  :angel4: My ouma het haaspastei gemaak wat vir ons voorgesit was hoenderpasteie. Smaak my die sonde met pasteie se hoofbestanddeel is kultuurgebonde!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #13 on: August 26, 2018, 11:21:59 AM »
Ons het haaspasty ge-eet of honger gely.  Vir ons was dit dood normaal.  My ma het daardie haasvleis gekook totdat dit in repies was en het ons lekker ge-eet.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Hamsterkonfyt
« Reply #14 on: September 11, 2021, 08:02:31 AM »
Sjoe Oom Naas. Konyne en hase wat soos hoender smaak...
Met vleipryse wat deesdae so duur is kyk en nou met ander oe na die bojane teen die berg...

 :mumum: