Author Topic: Verlossing  (Read 2945 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Verlossing
« on: May 07, 2011, 09:01:33 AM »
Verlossing

Hamer, draad en pen
buig ek ‘n kamp te maak.
‘n Kamp van doringdraad.

Al my wilde hert
wil ek in daardie kamp.
‘n Kamp om mak te maak.

Dan wil ek met ‘n beker
agteroor op die stoep gaan sit.
‘n Beker gevul met verlossing.

Soos ‘n drenkeling
verlos uit onstuimig water.
Verlos van al my wilde hert.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verlossing
« Reply #1 on: October 24, 2018, 01:22:47 PM »
Ongehenderd op die stoep
Wil ek graag bly sit
Maar wilde hert bly wild
En breek die kamp se draad.

Miskien as ek die hert
Weer terug het in die kraal
Moet ek ophou hul te voer.
Dan kry ek dalk vrede in hul dood.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verlossing
« Reply #2 on: October 24, 2018, 10:48:29 PM »
960 Keer gelees en ek kom vandag eers hier op af  :crybaby2:  Hoop jy vind die vrede waarna jy verlang mater.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verlossing
« Reply #3 on: October 24, 2018, 11:48:57 PM »
Dankie Ta Raaitjie. Ek is jammer om te hoor die steekse herte wil ook nie jou suster met rus laat nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verlossing
« Reply #4 on: November 12, 2018, 12:43:29 AM »
Ek wil ook 'n kamp maak vir my wilde herte ...  :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Verlossing
« Reply #5 on: November 12, 2018, 06:38:35 AM »
Aai Ta Raaitjie, as mens net daai verdomde wilde herte uit jou skedel kan verban dat hulle ophou om blikaspaai in jou grysmassa speel. Maar sodra die donker jou gedagtes bekruip dan wil die blessit goed mos hulle pond aandag he.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Verlossing
« Reply #6 on: November 12, 2018, 07:16:06 AM »
Hoekom dit moet gebeur die oomblik as mens se kop kussing raak kan ek net nie 'klein' kry nie Naas  :dontknow: Outop slaap binne minute dan le ek nog vir drie tot vier ure wakker en stoei met die spoke. Staan dan maar later op en loer wat is in die yskas. GROOT fout  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Verlossing
« Reply #7 on: November 12, 2018, 08:44:13 AM »
Wilde herte . . .  mooi gedoen Naas.
Om te weet is om te verstaan.