Author Topic: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)  (Read 14162 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« on: March 26, 2012, 01:40:02 AM »


Hier is die resep wat Outoppie getrou gevolg het:

Brou jou gemmerbierplantjie so: Week Een
 Halwe teelepel gedroogde gis (dried yeast)
 1 lekkerrond teelepel gemaalde gemmer
 1 (weereens lekkerrond) teelepel suiker
 1 koppie louwarm warm
 
 Plaas alles hierbo in 'n houer wat omtrent 4 koppies vloeistof sal kan baasraak. Skud sy sake goed! Maak hom toe met vadoekie enne rekkie. MOENIE deksel opsit- Toppie maan dit maak dan BANG!!!

 Terwyl hierdie plantjie aan die groei is moet jy of water vir 'n vale drink of lee koeldrankbotteltjies bymekaar maak of dit uit die mode raak om te drink want jy is besig om 14 liter gemmerbier te brou.  

Week Twee:
 Om jou brousel behoorlik aan die gang te sit moet jy twee koppies warm water - (nie verbrand warm nie want dan pleeg jy gismoord!)byvoeg. Nou moet jy elke dag getrou twee teelepels gemmer en twee teelepels suiker by jou plantjie voeg. Roer goed. Hierdie stappe herhaal jy vir nog een week! Maak seker dat jy aan die einde van hierdie week genoeg skoon bottels het :)

Week drie:
Nou raak dit tyd om te bottel :) Eerstens het jy 'n 20 liter houer nodig om alles te meng en 'n tregter. Skoon lap om alles deur te suig/suiwer. Meng 48 koppies warm water, 1 koppie suurlemoen sap en 8 koppies suiker - roer tot alles opgelos is (maak seker jy het nie van die vorige mengsel geproe voor jy begin tel nie). Gooi die plantjie deur muslinlappie.

Die oorskiet word jou volgende plantjie of maak 'n nuwe een. Gooi die gesuiwerde plantjie in die warm suikerwatermengsel. Roer tot alles opgelos is. Gooi in bottels. Outop maak bottels net driekwart vol om toe te laat vir gis. Laat bottels staan vir een week in koel plek. Hoe langer dit staan - hoe harder gesels dit met jou innerlike LOL!

Jy kan nou ys byvoeg of so lekseltjie gin/vodka/lime of net so kaal (skiesie vir die naakte voorstel, ek wou amper ook mooi advertensie maak vir Toppie se gemmerbrousel, maar myse magoed hou nog steeds haar oog oor my doen en late!)
« Last Edit: March 26, 2012, 02:50:27 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #1 on: March 26, 2012, 06:29:49 AM »
Dankie, Raaitjie,  pure perd wat jy hier brou.
Ek is seker daai klomp by die Universiteit van Pennsylvanie gaan op hulle koppe loop, voete innie lug.
Dis nou die naakte waarheid, jy het 'n treffer hier beet het.
Bottel en ontwerp 'n paar labels soos die Mev Ds vir haar man se wyn gedoen het. (Julle ry net nie bloots in die strate nadat julle die gedrink het nie!!)
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #2 on: March 26, 2012, 08:30:13 AM »
Ek het 'n naam vir hierdie resep!  Pittige gemmerbier!   :icon_biggrin:
Dankie vir die prettige beskrywing Raaitjie.  Ek gaan dit sommer vir ons oudste aanstuur, hy is mal oor gemmerbier.
Nou sien ek darem baie prentjies op daai "label"!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #3 on: March 27, 2012, 04:06:33 AM »
Giggel ek nou lekker vir julle woordspel  :`ip2: :notworthy: Laat weet hoe dit gegaan het met die brouery :toothy4:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #4 on: December 02, 2012, 12:23:52 AM »
Nou nie gemmerbier nie, maar wel ook 'n keelnatmaak-resep of vier vir jou resepteboek PM :notworthy:

Meraai vannie baai: TUISGEMAAKTE LIKEUR:
Die resep vandag by Moederlief in SA oor die telefoon gekry - 20 000km aan die anderkant van die aardbol. Hoe bekend of bemind hy is wis ek nie maar my ma wat gewoonlik niks sterker as 'n soet Kaapse wyntjie inkry nie sweer hoog en laag by die mengseltjie net so voor slapenstyd.

2 Blikke Idealmelk
1 Blik Kondensmelk
3/4 Koppie (of meer) Whiskey *Spesiaal vir jou Annie hie hie hie
1teelepel Vanilje
Klits Idealmelk tot effens styf
Voeg kondensmelk en vanilje by
Verdun met coke indien verkies en geniet!

Anselize:
Tuisgemaakte Likeur (Karin)
1. Koffieroomlikeur (lewer 500 ml)
1 blikkie kondensmelk
170g blikkie ingedampte melk
7 ml vanielje geursel
10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)
12,5 ml gliserien
250 ml Whisky

* Meng bestanddele, gooi in 'n bottel en verseël.
* Laat staan minstens 7 dae lank.
* Skud gereeld.

2. Roomlikeur (lewer 750 ml)
1 blik kondensmelk
250 ml vars room
125 ml Whisky
125 ml Brandewyn
2 eiergele
10 g donker sjokolade gesmelt
12,5 ml vanielje geursel

* Meng die bestanddele saam in 'n menger of versapper.
* Klits vir ongeveer 15 minute.
* Hou koel en bedien.
_______________________________________

3. Koffielikeur (lewer 1,7 l)
500 ml water
500 g wit suiker
250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)
375 ml vodka
375 ml rietspiritus (Cane)
200 ml desertwyn
25 ml vanielje geursel
* Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng. Laat afkoel.
* Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by. Laat koud word.
* Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 - 4 weke voor gebruik.

Meraai vannie baai:
Snik snik en eina pyn
Gatkant het nie cane!

Naas:
Meraai jy kan die cane met brandewyn of whiskey vervang.
Dit hang af waarna jy mik.

Onthou altyd die volgende formule:
Cane vir die pyn
whiskey makes you frisky
and brandy makes you randy.

©
bertha badprop:
hoe groter die glas
hoe ligter die las
En bb lig haar glas: Op goeie drank en slegte gewoontes!
©




Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #5 on: May 18, 2020, 06:23:26 PM »
Soek ek toe nou 'n gemmerbierresep, want hier raak dit nou geweldig dors,  toe gooi die internet my hierheen.  Wonderlike oudae, toe ons net so 'n jaartjie oud was!
  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #6 on: May 19, 2020, 12:05:16 AM »
Dinge het erg verkeerd geloop toe ek hierdie brousel van Outop skelm wou proe hoor.  Moes agterna verduidelik hoekom die een bottel so gesak het en ek kon nie vertel hoe dit geproe het nie. Daai tuisgemaakte brousel het soos Vaaldam se wal na geelperske-reen gelyk en klink en pure sjebien geruik!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #7 on: May 19, 2020, 11:44:21 AM »
 :angel12:   Ek sal myne more aan die gang sit.  Het gister eers boontjies ge-oes en maak nou gou kerriebone. 
Ek sal eers die een resep met suurdeeg begin, en dan my eie plantjie begin maak.  Soos jy beskryf het.


Ek wag vir die maroelas volgende jaar vir 'n lekker likeurtjie.  :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #8 on: May 21, 2020, 03:18:22 AM »
Deel groot asb jou kerriebone resep lief PM  :book1: :notworthy: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #9 on: May 21, 2020, 03:17:30 PM »
Kerrieboontjies


2 kg groenbone gekerf
1 kg uie gekerf  (ek sny die ui in die helfte deur en kerf dit dan)
Voeg 1 liter wat by en kook tot sag.  O  gaats, ek dink dit moet water wees.  :icon_biggrin: (As daar water oorbly gebruik ek dit vir groenteaftreksel in my ander kos)


Kook saam


750 ml wit asyn
750 ml suiker  (Ek gebruik altyd bruinsuiker, maar moes maar met witsuiker tevrede wees vir nou)
2 eetlepels sout
60 ml kerrie
30 ml borrie
1 teelepel gemmer
2 teelepels swart peper
7 heel naeltjies
Ek plaas so 3 heel gedroogde risies by, want ekke hy hou hom van die sterreke warm kos.
10 ml mosterdpoeier (of een eetlepel aangemaakte mosterd)
As jy "pickling spice" het kan jy so 'n handjievol bygooi. Gooi jou sous deur 'n sif as jy nie van die heel speserye in jou boontjies hou nie.


So maak mens
Voeg die sous by die gaar boontjies en kook so 10 minute op hoog.
Maak pasta aan van plus minus 3 eetlepels mielieblom met 'n bietjie water. (maizena) Voeg by en kook tot dit gaar is.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels. Ek sterilseer my bottels in die mikrogolf. 


Ek hoop jy sal dit maak en geniet.   :love7:
« Last Edit: May 21, 2020, 03:20:18 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #10 on: May 22, 2020, 06:38:42 AM »
Duisend en tien dankies PM. Sal beslis probeer en laat weet hoe dit uitgekom het  :notworthy: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #11 on: May 22, 2020, 11:15:32 AM »
Goed so sustertjie.  As jy nou geloer het sou jy sien dat ek gou Outoppie se gemmerbier resep uitgedruk het.  Nou gaan die poppe dans!   :angel4:


Dalk gee dit inspirasie vir 'n paar stoute lyne.   :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #12 on: May 22, 2020, 12:04:53 PM »
 :`ip2: Ek wag vir terugvoering  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #13 on: May 22, 2020, 12:15:46 PM »
Ek sal jou op hoogte hou.  As ek nie nou aanstaltes maak nie sal dit nog lank vat.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gemmerbier (Op aanvraag van Elsabe)
« Reply #14 on: May 24, 2020, 08:10:15 AM »
Ek wag nog, dit is nou twee dae, maar plantjie lyk my kry koud.  Geduld was nog nooit my forte nie. 
Om te weet is om te verstaan.