Die kuierstoep > Bekgeveg

Wat is die antwoord?

(1/2) > >>

PM:
Ons jongste het 'n kontrak gekry om sonpanele met buisligte by skole te installeer.  
Hy vertel:
Eendag in die week toe kom ek daar en sien 'n paar "spokies" in een van die klaskamers.  Hulle het die buisligte uitgehaal en speel "swords and daggers", wit van die giftige poeier wat in die buisligte is.  Juffrou sit daar by die tafel en laat hulle maar begaan.  Hy sĂȘ toe vir haar die kinders moet gaan was, want dit is lewensgevaarlik.
Daar is 40 klaskamers en 40 chemiese toiltette.  Die meeste van hulle staan sommer teen die buitewande, of sit sommer buite in die gras.  

Dowwe Dolla ken ook nie die antwoord nie.  

Naas:
Toilette is vir slim mense. By ons spandeer ons tot R20 000 per kwartaal om toilette reg en skoon te maak. En dan word ons nog deur ouers by die Departement verkla oor die toilette stukkend en vuil is.
Verskoon my taal maar leerders ken nie eers toiletpapier nie. Rol nie van die rol af vir gebruik nie. Nee. Gebruik die rol net so en gooi dan hele rol in toilet met stronk en al.
Maar Die Departement het einde verlede jaar nog 'n werker op die terrein minder gemaak. Ons het nou amptelik net een Fuctuptotum en drie werkers wat die hele skoolterrein en toilette en klaskamers en sportvelde in stand moet hou agter 1200 kinders se gatte.
Moenie vir 'n leerder se om die papier wat hy neergegooi het op te tel nie... Nee. Hy sal dit nie doen nie want dan is daar nie werk vir die skoonmakers nie.



 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Oeeee ek gaan nou lelik wees - maar is sooo inniglik dankbaar dat die ouens nie diekant saam ons kamp nie, sal poepelemetie afgee  :color: Julle myse bekkie hang oop. Kan nie glo hoe dinge in 12 jaar verander het nie. Waar sal dit eindig?

PM:
Dowwe Dolla weet nie.  'n Mens probeer jou bes om hulle op te hef, maar... ag wat, dit sal tog nie help nie.  Die appel val nie ver van die boom af nie. 

AB:
so 10 jaar gelede het die munisipaliteit my gewillig verplig om badkamers vir my werkers te bou. Dit het klomp geld gekos maar ek het dit gedoen, strot, warmwater silinder, toilet en wasbak.

die milikepaliteit sou nog vir die werkers kom opleiding gee hoe om die toilette te gebruik, maar nog niks nie. Nou is dit my werk om die goed se instandhouding te betaal. ons haal gereeld vreemde goed daar uit wat nie daar hoort nie.

wag ek eerder stilbly netnou werk ek myself op en seg dinge wat liewer moes bly.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version