Die Afrikaanse Forum
October 23, 2014, 03:46:08 PM *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

 
   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic: Alliterasie, assonansie en hoe pas ons dit toe.  (Read 7311 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
PM
Administrator
Meester

Offline Offline

Posts: 7273


« on: May 06, 2011, 11:35:18 AM »

Die funksie van rym is om kernwoorde te beklemtoon en/of versreëls saam te bind.  Rym skep nie net ‘n sekere stemming nie,  dit beinvloed ook die metrum van ‘n gedig.  Alliterasie en assonansie is halfrym en ‘n uitmuntende diginstrument om die gevoel en metrum van ‘n gedig te skep. 


Alliterasie

Halfrym of ook stafrym. 

Alliterasie is die herhaling van konsonante (medeklinkers) in dieselfde versreël – die gelykheid van beginklanke. 

Assonansie

Gelykheid van klinkers of ook klinkerrym.
Die herhaling van dieselfde vokale in ‘n versreël.

In hierdie voorbeeld het ek oordrewe gebruik gemaak van alliterasien en assonansie om die funksie van hierdie ryminstrument uit te lig. 

Die wind.

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;
klappende perdepote
deur die wind aangejaag.

Dit is donker dowwe grys grou wolke
wat die aarde  in skemer  omvou;
in die verte trek die weerlig wit flitse
teen  die liglose blou.

Dit is ‘n woeste  wind wat so mistroostig
om die huis se hoeke loei,
wat die reën rukkend in vlae
oor die dorre aarde gooi.

Dit slaan die reëndruppels stukkend
teen die vensters aan;
net biggelende trane
wat traag teen die ruit afgaan.

Die wind wig deur die ou venster
wat nog net aan sy skarniere hang;
dit dawwer teen die dak se ou sinkplate
wat ook al  besig is om op te lig.
‘n  Waterval swoeg  met ‘n gedruis deur die geute,
om met ‘n swierige boog
‘n bek vol reënwater  uit te spoeg.

Al wat oorbly
is  die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die vars reuk
van ‘n aarde skoon gewas van stof
en die laaste paar druppels 
wat uit die blare
op die grond
neer plof. 

Dan is dit stil.
Logged

Om te weet is om te verstaan.
Naas
Global Moderator
Melkbaard

Offline Offline

Gender: Male
Posts: 1030


K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)


« Reply #1 on: May 12, 2011, 09:58:05 AM »

Steenbokkie

Daar waar pers papawers
pragtige poue pamperlang,
deur tergende tulpe trippel sy.
Na waar roeserige rooi rosies wink
dwaal die brose steenbokkie.
Soos twee tingerige takkies
staan die skerp horinkies astrant
bo die bonkige bokkoppie op.
Tussen grasgroen geil grassies
staan die statige steenbokkie.
Loer sy skugtertjies vir my.
©


 icon_bigsmurf
Logged

Ek is maar net een, maar ek ís een.
PM
Administrator
Meester

Offline Offline

Posts: 7273


« Reply #2 on: May 12, 2011, 10:09:58 AM »

Dankie Naas,  dit is 'n mooi voorbeeld.   hello2
Logged

Om te weet is om te verstaan.
Meraai vannie Baai
Guest
« Reply #3 on: June 23, 2011, 04:12:01 AM »

Dis is so pragtig uiteengesit en die voorbeelde PUIK!!!
Logged
Meraai vannie Baai
Guest
« Reply #4 on: July 15, 2011, 04:10:16 AM »

Ek het hierdie woorde en beeld gebruik vir my en Outoppie se nuwe ekphrasis bundel, en ek dink dit vul jou plasing hier aan as 'n soort 'opsomming'  bootyshake

Alliterasie en assonansie is vir my persoonlik die rymende klankbeitel waarmee ons woordskatte, ritmies tussen lyne en spasies 'poëties formeer'. Deur die gebruik van herhaalde klanke is ons doel dan ook om daarmee aan die ontwikkeling van die strofes te timmer. Woorde en gedagtes saam te heg/bind, sodat ons as eindproduk - 'n gedig het.
 
Met die alliterasiebeitel kap ons herhaaldelik dieselfde konsonante uit die abc.
 
Wanneer ons die assonansiekant van die beitel gebruik, kap ons dieselfde vokale of diftonge op kort afstand van mekaar, in ons skepping uit, om byvoorbeeld emosie oor te dra.
 
Lang klanke om 'n stadiger ritme aan te dui. 'n Pragtige voorbeeld is die 'ee' en 'aa' assonansie in 'Winter'  (NP van Wyk Louw). So gebruik ons dan ook die kort klanke om 'n gevoel oor te dra van opgewondenheid of angs.
 
Dit is ook ons towermiddel waarmee ons klanknabootsing kan toepas.
 
********************************************************



Skuinsgestrekte silhoeëtstrepe in monotoon;
só kom versier die somerson, se skaterlag
soggens, guitig deur die kantgordyn
my goudgeel kamermuur.
 
©Meraai vannie baai
 


« Last Edit: July 15, 2011, 08:46:09 AM by Meraai vannie Baai » Logged
PM
Administrator
Meester

Offline Offline

Posts: 7273


« Reply #5 on: July 15, 2011, 07:42:10 AM »

Raaitjie,  jy het dit sooo mooi gestel,  as ek mag wil ek graag vra dat hierdie deeltjie in ons boek moet verskyn.  Dus, by ons inhoudsopgawe, sal ons ook 'n afdeling hê vir hierdie "woordbeiteltjies".  Wat sê jy?
Logged

Om te weet is om te verstaan.
Meraai vannie Baai
Guest
« Reply #6 on: July 15, 2011, 07:56:27 AM »

Jy maak my dag matertjie!!! Daar is so baie pragtige voorbeelde wat ons kan gebruik. Ek sien juis twee hierbo wat my hart gesteel het  love7
« Last Edit: July 15, 2011, 08:44:46 AM by Meraai vannie Baai » Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
 
Jump to:  

Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.13 | SMF © 2006-2011, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!