Author Topic: Die bloedgroepdieet  (Read 35037 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die bloedgroepdieet
« on: March 16, 2012, 04:36:37 AM »
Weet jy wat is jou bloedgroep?
Het jy al met die bloedgroepdieet te doen gekry en indien wel, wat dink jy daarvan?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #1 on: March 16, 2012, 06:30:52 AM »
Ek het al gehoor van die dieet. Was ongelukkig nog nooit op enige dieet nie. So nee ek was nog nie op die een ook nie.

Ja ek ken my bloed groep, net oor die iets is wat ek gesmag het om te kry op skool  :icon_biggrin: A+  :evil6:

Samantha het 'n lesing by gewoon (ek dink laas Saterdag) oor juis die dieet, sal bietjie by haar hoor waaroor dit gegaan het.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #2 on: March 16, 2012, 08:10:11 AM »
My se meisiekind het vir haar pa 'n boek gegee oor die bloedgroepdieet.  Sy sukkel al jare met haar maag en 'n spastiesedikderm.  Vandat sy die dieet volg het sy al sewe kilogram verloor (onthou net sy is baie aktief) en sy sê sy voel baie gesond en het baie minder las van haar maag. Hannes is knaend siek nadat hulle sy kolon verwyder het en ons is al raadop.  Hy wag net om te hoor wat sy bloedgroep is, dan wil ons kyk of dit vir hom ook help.

 :icon_biggrin: Ja, ek sou ook graag met sulke simbole wou spog.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #3 on: March 16, 2012, 09:37:33 AM »
My bloedgroep as alkohol++. Maak nie saak wat ek eet nie dit word goed gepreserveer.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #4 on: March 16, 2012, 09:53:45 AM »
O gatta patatta! 
Naas, kom deel 'n bietjie van die inligting oor die dieet wat jy volg.  Jy het darem al van baie van daardie gepreserveerde dele ontslae geraak. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #5 on: March 16, 2012, 08:16:57 PM »
My skoondogter het 15kg verloor met die dieet. Haar personal trainer en sy het 'n lang pad saamgestap en die resultate was beslis die moeite werd.

Sample diet plan
Breakfast: Protein shake, onse-cup mango, 3 macadamia nuts.
Snack: 80mg tuna in water, grapes, watermelon and 6 almonds.
Lunch: Chicken mince, 1 and 1/4 cup of vegetables and basmati rice.
Snack: Protein powder, blueberries and 3 almonds.
Dinner: Lean red meat or fish with basmatirice and 1 and 1/4 cup of vegetables.

Weekly exercise routine:
Monday: one hour step class and 12 minutes of treadmill interval running.
Tuesday: onse hour weight training and 20 minute walk.
Wednesday: one hour aerobic class and 20 minute walk.
Thursday: 3km run.
Saturday: Intense weight training and sprints.
Sunday: 3km run.

Sy skryf: I feel amazing. I feel proud and honoured to stand next to my husband and no longer feel ashamed. I have confidence and my life back. This has been a lifestyle change.No more crash diets.



« Last Edit: March 16, 2012, 08:26:44 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #6 on: March 17, 2012, 07:08:04 AM »
Dit is wonderlik Raaitjie.  Dit verg harde werk en die antwoord lê beslis in "verandering van leefstyl".
Die woord dieet beteken ook net dit!
Weet jy in watter bloedgroep sy val?
Hannes begin nou die dieet vir O-positief om te kyk of daar nie dalk 'n verbetering in sy gesondheid kan wees nie.
Gelukkig is ek ook O-positief, so ek hoef nie spesiale kosse vir hom te maak nie. 
Dit gaan ook oor kosse wat nadelig is vir 'n sekere bloedgroep.
Rooivleis is sy gunsteling vleis.  Daarvan (behalwe vark) mag hy sommer baie eet.
Rye-brood en rys is in, maar mieliemeel- en koringprodukte is uit.
Sonneblomprodukte en grondboodjiebotter is uit. 
Oats is in, ens.
Kan jy ons sien oatspap eet in plaas van mieliepap?  :icon_biggrin:
Gelukkig mag ons nog 'n rooiwyntjie drink!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #7 on: March 18, 2012, 03:26:24 PM »
Die bloedgroep dieet kom van die Ooste af ... en dit werk vir meeste mense ... ongelukkig is daar baie goedjies waarvoor die mens nie almal kan "inbox" en se dit sal werk nie ...

byvoorbeeld - wortels is 'n gesonde ding ... jou liggaam verwerk dit - en myne verstoot dit ... dit maak nie wortels sleg nie .. dit weergee net dat ons almal so uniek geskape is.

Daar is ook die Daniel dieet wat baie goed werk ... .....


Eintlk hou ek nie van die woord dieet nie .. dit moet wees:   Bloedgroep Voeding Leefstyl (Debbie mensies wat moet gewig optel vind ook hierby baat) en die Daniel Voeding Leefstyl

dis nie iets wat jy net gou in 'n maand of twee afhandel nie - dis 'n lewenslange kommitment wat jy maak - dis al hoe en wanneer dit werk.

In 8 weke het Andre 24 kg verloor en ek 11 kg - hy het nou nog 11 om te verloor en ek 24kg - ons altwee het met 35 om te verloor begin :

  • mans verloor vinniger gewig as vrouens
  • mans tel stadiger gewig op as vrouens
  • hormone speel 'n belangrike rol in jou gewig - as oorgewig is - laat 'n mediese dokter jou ondersoek - skildklier funskies ens!
  • ken jou eie liggaam voordat jy 'n lewenstyle kies wat jy vir die res van jou lewe gaan volg
  • Moenie nuwe lewenstyl aanpak as jy nie op 'n gesonde emostionele plek is nie
  • weet wat om jou beskikbaar is in die vorm van support, kos soorte ens en pas daarby aan - in sommige lande is vleis goedkoper en sal dit makliker wees vir die O-groep om die lewenstyle te volg - in lande soos Suid Afrika is vlies nogal duur - gaan dit jou budget pas?
  • besluit wat jou doel gewig is en hoekom jy dit wil bereik en behou (vir Andre en my is Theo ons motiveering - ons wil saam hom kan boom klim en hom sien grootword

Dis nou die input van Willa Truter die Lewenstyl Consultant en nie Ah,Willa! die digter nie ha ha ha (so gratis stukkie net vir julle)  ©

Andre en ek is op Slender Wonder - dis bietjie aan die duur kant - maar dis die moeite werd en as ons kyk wat ons spaar op dit wat ons nie meer koop soos coke/chips/chocolates ect .. is dit werklik die moeite werd.  Ons kaar was klaar betaal en vir die twee van ons is dit minder as die paaiment wat ons op die kar moes betaal elke maand ... so moenie onnodig jouself in skuld gaan dompel nie ... dan gaan jy weer  eet om stress te vertroos ....


Weight Watchers en Weighless is ook baie goeie Voeding Lewenstyl programme om te volg en nie groot $$ benodig nie ...


link na Slender Wonder: http://www.slenderwonder.co.za/
[/list]
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #8 on: March 19, 2012, 09:16:13 AM »
Dit wat jy sê is heeltemal reg Willa.  Ek glo dat ons elkeen se liggaam uniek is en elke ou moet die moeite doen om vas te stel wat vir hom werk en wat nie.  Dankie vir die kosbare inligting.

Ons is mal oor swartpeper, maar volgens die slimkoppe is dit gif vir 'n sensitiewe maag en dit help net die irritasies aan. Daar is kosse wat sooibrand veroorsaak of vererger en in Hannes se geval is dit nou ook baie beter, vandat hy dit uitskakel.
Vrugte is baie gesond, maar dit veroorsaak gasse en sure indien dit saam met ander kos geëet word. (Adéle het 'n pragtige artikel aangestuur in verband daarmee.) So, 'n mens moet liewers vrugte op 'n leë maag eet.

Ek praat net saam,  :icon_biggrin: my oorgewigprobleem lê by die rooiwyn.  Nou het ek 'n groot pot groentee gemaak, dit met 'n bietjie druiwesap gemeng (ek moet darem 'n bietjie rooi druiwe in my maag kry  :icon_biggrin: ) en sal so 'n halwe glasie daarvan drink in die plek van 'n vol glasie rooiwyn.
Hoop dit help!  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #9 on: March 19, 2012, 01:04:55 PM »
Mens moet ook nie groente en vrugte in dieselfde ete eet nie.

Mens kry warm en koue vrugte .... warm vrugte is soos piesangs, lemoene, druiwe - mensies met athritis bv moet maar min hiervaan in kry, mense met asthma ook omdat dit slym vormend is - maar mens moet dit nogsteeds in kry!   Kou vrugte is soos apples, suurlemoene, waterlemoen ens ... hulle onderverdeel weer in vry vrugte en vet vrugte - waterlemoen is hoog in suikers - dus sal dit ook minder van ge-eet word, waar 'n apple 'n vry vrug is :-)

so mens moet ook die kosse leer ken :-)

Rooi wyn kan 'n gevaarlike ding wees - juis oor die suiker inhoud en die feit dat mens maklik meer as een glas wil drink ... een glasie 'n dag/aand is natuurlik nog okay ... :-)  Mens kry ligte wyne ... dis beter vir die gewig - maar nie vir die smaak nie  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #10 on: March 19, 2012, 01:35:20 PM »
Maar ek drink net een glasie per aand!  Bottels is mos van glas?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #11 on: March 20, 2012, 02:22:54 AM »
SJoe Willa BAIE geluk. Ek probeer moedig met die leefstyl ding maar dit gaan maar droewig. Lekker giggel ek nou vir jou glas/bottel PM!! Lief self my rooiwyntjie  :toothy4:
« Last Edit: March 20, 2012, 05:31:07 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die bloedgroepdieet
« Reply #12 on: March 20, 2012, 08:52:42 AM »
Ja jongie, ek skakel "ligte" aan en hou by die rooi!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.