Author Topic: Insig.  (Read 6968 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #15 on: December 18, 2015, 06:21:50 PM »
Ek het die komtare by Woes gespoeg en hier kom plak.  Dit was vir my 'n oorwinning en ek sal dit nie graag wil verloor nie.
As julle dit ook wil doen om dit te behou of net om dit om op nog 'n plekkie te bewaar, voel vry.

Insig.

Met my kierie in die hand
loop ek tot by die strand
en maak my tuis op ‘n rots
nie te ver van die kant.

Ek sien hoe wasem uit die see opslaan
en oor die berge vou,
hoe die wind ruk en pluk aan my rou
as ek onthou van wolke
met Josef se droomkleed aan.

Ek proe die reuk op my tong
wat uit die mis oor die water kom.
Sien wit seeperdjies wat speels
oor die branders wip
en weer sagkens verdwyn.

As die laatmiddag se snoekgeur
die kamers van my onthou binnesluip
en met alle mag boontoe beur,
dan sien ek die vissersboodjie wieg in die water
en die houthuisie se weerkaatsing in die rimpels.

As ek per ongeluk op die kerriebos trap
en die bitter reuk van onthou klap my teen die hart,
dan probeer ek deur die golwe van duisternis gly,
by al die vrae verby,
terug na die dae,
toe ek nog kon sien.
E-pos 6 jaar 3 weke 4 dae 8 ure oud

Fefifofam
Sjoe.....nee wat, ek is beslis n amateur in hierdie soort geselskap. Skitterend. As ek eendag groot word wil ek ook graag so skryf. Skitterend weereens!!!
E-pos 6 jaar 3 weke 5 dae 6 ure oud

Ah, Willa!
vriending
hie hie .. na amper 15 dae van niks slaap nie, skep ek sommer nuwe woorde ... maar jy's geen ding nie .. jy's pragtig!
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 5 ure oud

Ah, Willa!
Nie oor 'n gebrek aan insig nie
maar woorde, sit Willa nou met 'n stil bek wat oophang en wonder hoe om haar binniste uit te spoeg sodat jy mag weet hoe ek oor hierdie besonderse gedig voel!

As die woord op my tong sit om uit te spring dan sluk ek hom dadelik weer in want alles lyk net so onvantoepaslik -

PM - ek stem saam met wat iemand hier onder gese het .. ek wil nooit weer minder van jou sien nie ... mensig vriending - jy mag maar!

Ek sal beslis ook vir hom stem.
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 5 ure oud

Aurora
Insig
PM, hierdie is lag lag een van die beste gedigte wat ek nog op woes raakgelees het. Dis stunning.

Ek sien en lees dat dit oor iemand handel wat nostalgies terugdink en terugverlang na 'n tyd toe hy/sy kon sien, voordat blindheid ingetree het

Maar ek lees ook dieper, dat dit 'n geestelike? blindheid is, ek lei dit uit die titel af, en ook in die trant van die gedig? Dat die 'blindheid' veel dieper as net fisies is?

Ek stem saam met 'n vorige kommentaar laer af, dat die woord 'dynserigheid' dalk liefs vervang moet word met 'n korter woord soos mis? Ter wille van die ritme?

Jy maak wow gebruik van binnerym en enjambemente. Dit vloei natuurlik, mens kry rerig die idee dat die gedig sommer net uit jou uit gevloei het, niks is geforseerd nie.

En dan perongeluk. Vir 'n rede een woord, en nie die gebruiklike per ongeluk nie?

Hierdie een gaan ek weer en weer voor kom kuier.
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 8 ure oud


Hercules

Hercules
ASEMROWENDE WOORDE......
......wat mens laat sien!

Jy mag maar inskryf, en ek sal vir jou stem!

grOEtnIs
hErcULeS sOEthArt
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 1 dag 5 ure oud

annelie
goeie genugtig
waarom vra jy my mening of jy hierdie hoort in te skryf vir die digkompetisie?
ek sou dink 61 antwoorde tot hier praat reeds oordonderend hard en duidelik???!!!
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 1 dag 6 ure oud

Barend Steenkamp
Bliksem! en nie omdat Mac nie kan spel nie, maar ek het nog nooit soveel kommentaar gesien nie! Ek dink dit is nie 'n blinde persoon nie, net een wat al vergeet het om goed te kan raaksien en waardeer. 'n Ware kunswerk!
E-pos 6 jaar 1 maand 1 week 1 dag 16 ure oud

BoomBas
Insig!
Ek verwag in die toekoms nks minder as dit nie.

Die verwagtinge is nou geskep en die druk is aan... hehehehehe grappie!

Baie mooi, hou so aan!!!!!!
E-pos 6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud

BERG
insig
die kamers van onthou ! pragtig ,waar ons gedagtes dwaal , ons moet maar altyd n sif gebruik om die lelikes uit te soek , mooi ,groete , BERG
E-pos 6 jaar 9 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud

Asid
Insig
die bitter reuk van onthou - sterk woorde sjoe!!
E-pos 6 jaar 10 maande 3 dae 19 ure oud

Mefri
Totaal gestroop van woorde staar ek in verwondering en verlustig ek my in die grootsheid van hierdie meesterstuk. Dankie vir die vreugde.
E-pos 6 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud

ANTJIE
Piet Magriet
Hier kom lees ek een van die mooiste gediggies raak !!
En jou kommentare op die gediggie spreek boekdele!!
Puik werk, puik !
E-pos 6 jaar 11 maande 3 weke 7 ure oud

Meraai vannie baai
Skaam skaam sluip ek weer in ..
Onse Piet Magrietjie ... ek sluip so skaam-skaam weer hier in net om hierdie PUIK lyne van jou opnuut te geniet!!! Net die aller mooiste altyd en altyd deur vir julle tweetjies doer ver.
Verlangende ekke diekant.
E-pos 6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 12 ure oud

Luanda
Insig
Sjoe PM! As dit is wat uit wat jou pen doen, moet jy sorg dat hy NOOIT opdroog nie. Pragtig!
E-pos 7 jaar 3 dae 4 ure oud

Lentulus
Nr 52
Puik!
E-pos 7 jaar 4 dae 6 ure oud

Meraai vannie baai
Onse heigente hertes in die vertes!!!
Piet Magriet hierdie ene MOET gaan pronk in ons boekie van woorde. Dit is ABSOLUUT ongelooflik en 'n koninklike kniebuig vir die 50 kommentare wat hierdie pragstuk deur en deur verdien!!!

TROTS op jou.

Oorloop seeninge
dankbare ekke.
E-pos 7 jaar 4 dae 9 ure oud

marcie
Pieta Magrieta!!! Ek gil 'n klipharde marcie-JIPPIE vir jou met hierdie meesterstuk!
E-pos 7 jaar 5 dae 18 ure oud

Jo'e-Lo
Insig
Dis as mens sulke lekker Afrikaans met diepte en karakter lees, dat mens 'n 'Trots-Afrikaans' plakker op alles wil plak. En tong uitsteek aan almal wat maak of ons eenvoudig is.

Hier op Woes word hulle almal verkeerd bewys ! Jy verryk ons denke, jy deel ons emosies, jy streel ons leeslus...

Ek is bly jou naam is op my lysie !
E-pos 7 jaar 6 dae 1 uur oud

annie
van Rudi se *********** tot my eie trane is jou gedig net pragtig. dankie jy laat weet het.
a.
E-pos 7 jaar 1 week 1 dag 6 ure oud

Kremetart
Ek is siende blind, maar die gedig het my oe laat oopgaan.
Baie mooi.
Dankie vir die deel van jou werk met ons.
E-pos 7 jaar 1 week 1 dag 16 ure oud

Fleur
insig
Jou pen is beslis ver van droog :-) Knap stukkie werk - jou woorde laat my sien en dis pragtig want dit tower die mooiste prentjies op!
E-pos 7 jaar 1 week 1 dag 21 ure oud

Briggie
insig
piet magriet dit oulike een as mens dit herinneringe sien maar jy vertel 'n storie hier ,dit begin wegbeweeg van dig af maar dit is mooi idee wat jy uitgebeeld het
groete
Briggie
E-pos 7 jaar 1 week 1 dag 23 ure oud

Willemien WB
Insig
Wat 'n pragtige metafoor van 'n blinde! Vir my is dit besonders omdat ek in die blindheidsektor werk. Ek hou baie van die manier wat jy die metafoor deur die hele gedig saamtrek deur na die kierie te verwys in die eerste strofe en dan na die sig in die laaste strofe. Ook deur die verytellings van alles wat die waarnemer deur sy sintuie ervaar.

Ons het 'n gesegde dat niemand so blind is soos die een wat nie visie het nie. Ek dink ek hou meer van jou gedig se boodskap: Niemand is so blind soos die een wat nie insig het nie.
Baie mooi gedig!
E-pos 7 jaar 1 week 1 dag 23 ure oud

Delene de Wet
beelde so duidelik
Jou beelde skilder 'n portret van eensaamheid, rou, verdriet, verlang, dinge wat vergange is, hartseer en alleenheid, maar so ontsettend helder dat dit voel of ek die verf riffeltjies onder my vingerpunte kan ervaar. Pragtig gedoen, my liewe PM, stunning. Hierdie een is vir besonderlik mooi

Delene
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae oud

Dereck Botha
insig
Hi PM,

Soos ek in my epos gese het voer jy my weg na \'n soete heimwee, so duidelik geskilder ek wens ek was daar.

Regtig \'n fantastiese stukkie werk wat waarlik jou kennis van die digkuns absoluut komplimenteer!

Groete,
Dereck.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 1 uur oud

Mcfarlan
Jibsem! sus dit is die eerste keer wat ek soveel kommentaar by 'n gedig sien. Maar ek kan verstaan hoekom. Die gedig is 'n treffer! Puik geskryf en die einde is verassing. Jy moet woeker met jou talent, jy het bewys jy kan skryf, so laat jou gedigte instroom.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 3 ure oud

'ek is ook'
Ek proe en voel jou prentjie!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 3 ure oud

Liza-Marie
Insig
Piet Magriet wat kan die insiglose met te veel vrae en te min antwoorde byvoeg by die gedig. Ons kyk sonder om te sien, ons luister sonder om te hoor - en op \'n dag breek \'n openbaring deur. Wat kan ek meer vir jou se. Ek is nog nie daar nie - maar een van die dae.
Liefde LM
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 5 ure oud

Magriet Vermaak
Insig
Ek as leser loop 'n pad met jou deur die gedig, uitstekend!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 5 ure oud

Mayrie Roodt
Insig
PM jou beskrywing pragtig, veral jou slot, gister se herinnering en vandag se insig, of is ons dalk blind - dit laat my verder dink. Oor en oor gelees dit is pragtig! Wag vir nog!
Geniet jou dagie.
Mayrie Roodt


E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 6 ure oud

Dané
bylas
daar sny die PC die res van my kommentaar af....

Jou gedig is net betyds vir somer. Ons kyk so maklik vas aan die klein probleempies en sien nie al die "blessings" nie. God smeek ons elke dag opnuut om ons oë en Oë oop te maak en nuwe insig en "beauty" te find.

Is dit nie wonderlik dat ons elke dat 'n nuwe kans kry om dankbaar te wees nie.

Dankie Grieta!!!! Mag jou pen nooit ooit opdroog nie. Geseënde Kersfees & Christus fees vir jou! Groete, Lucia
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 6 ure oud

Dané
Grieta, mooi!
Jou gedig is net betyds vir somer
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 6 ure oud

Ruby Jane
Insig...
Insig...die regte naam vir jou gediggie...dit gee mens bietjie insig oor hoe jy die lewe en jou herinneringe ervaar...
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 7 ure oud

Mel
Wat kan ek sê wat nie reeds gesê is nie? 30 kommentare!!!! Dit sê al reeds BAIE! Ek het destyds gesê ek is 'n fan van jou werk en hierdie een stel BESLIS nie teleur nie, PM! Groete Mel
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 7 ure oud

Wolwekind
Insig
PM wat 'n lieflike gedig...vir my het dit meer as een betekenis, die gedig het soveel ritme. Mag jou pen noooooit opdroog nie!!!
Liefde
WK
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 7 ure oud

Gert Strydom
Wat 'n wonderlike gedig met pragtige beelde, wat mens laat voel of mens dit saam met jou beleef
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 8 ure oud

Christal
Insig
Baie mooi geskryf met 'n treffende einde wat die leser tot sy sinne ruk met diebesef die persoon wat jy in die prent skilder is blind. Goed geskryf.
Ek hou daarvan en die opskrif is perfek.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 14 ure oud

S Erasmus
insig
Sjoe, PM, wat meer kan ek nog byvoeg? Pragtig beskrywende gedig, kragtig en effektief om emosie en beelde op te tower in my geestesoog. Die ritme eggo vir my die branders se breek, en dis of ek daar is, daar naby waar die aksie plaasvind... Baie goed geskryf met meesterlike woordkeuse en styl. Pragtig! -S
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 17 ure oud

bismarck
Yes yes!
Is goed gedoen en mynsinsiens bewys jou gedig twee dinge.
Jy hoef nie fisies blind te wees om die wondere van jou omgewing in al sy prag te beleef en te herken nie.
Tweedens. Dit is duidelik dat Bloubergstrand 'n inspirerende plek kan wees.
Maar dan kan die bosveld en die Kalahari ook wees. Is net 'n kwessie van om jou sintuie te gebruik. Om die wondere van die wêreld en die werklikhede rondom jou, te waardeer en te geniet.
daasietytie!
b
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 18 ure oud

Linnie
Manjifiek -
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 18 ure oud

Gypsy
Wonderlike insig die!
Ek dink nie daar is woorde wat hierdie gedig van jou genoeg sal kan prys nie, ek sien mos wat skryf almal en ek moet saam met die hele spul Woesters wat hier kommentaar gelewer het stem! Briljant geskryf, jy moet dit tog kan sien en glo wat ons vir jou se of hoe dan?.....jy is baie meer as baie goed!
Luvies
Gypsy
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 18 ure oud

Waldor
Ja nee, die slot vereffen die mistieke wat jy so uitlokkend voorhou deur loop van die pragtige gedig. Dit is 'n slot soos hierdie, wat die reeds pragtige woordspeling finaal regmatig komplimenteer.

Briljant!

Groete
Waldor.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud

Charmain*
Baie baie mooi gedig!!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud

LG
Insig
Mooi, beter as mooi
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud

Susan Smith
Insig
Hello mede digteres

Jy het my hartsnare geroer! Dit is nie nodig om fisies blind te wees om toe oë deur die lewe te gaan nie. Ek is volgende maand 60 en jy het my diep laat dink! Hoe baie begin ek nie terug dink op hierdie tydstip van my lewe nie. Soveel vrae wat nog antwoorde soek! Soveel herinneringe wat my siel nou verkwik! Woorde ontbreek om te sê watter gevoelens jou gedig wakker gemaak het in my eie siel! Dis 'n gedig om oor en oor te lees en elke keer iets ander te voel en ter ervaar! Dis pragtig!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud

Rohan Stadler
Die beelde, die gevoel - alles is so briljant uitgebeeld! Dis werklik 'n meesterstuk!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud

weskusvrou
Ek het jou pragtige gedig stadig gelees - ek is verras deur die slot van die gedig!!! Hoeveel keer sit ons, wat naby die see woon, nie REG langs die see, maar neem nie meer die mooi in nie!! Dan is ons ook maar blind. Mooi PM!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud

l.u.n.
Jy het hier met soveel deernis en lieflike beelde 'n blinde persoon uitgebeeld wat nou slegs na binne(herinneringe) kan kyk en op sy/haar ander sintuie moet staatmaak om te sien. Die frustrasie,vrae en bitterheid wat soms tog deur hom/haar ervaar word.Jou titel versterk so mooi die inhoud van die gedig. Regtig pragtig gedoen.
Groete
F
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud

Estelle Fenwick
Ek het hierdie gedig nou 4 keer gelees en sal dit nog 20 keer lees voor die son gaan sak vandag.
Jy het my die ene hoendervleis lat uitslat
Meeste van die kere het ek heeltemal te veel om te se, maar een ding wat Woes my geleer het - hoe om partymaal net toe te laat dat mooi woorde insink sonder om te bodder met 'n regte/verkeerde/grand antwoord of so iets....
Dis 'n stunning, amazing (my pa sal nou horries kry oor
lat ek my taal so nek-omdraai) awesome gedig, en ek ken nog nie die regte woorde in Afrikaans hiervoor nie.....
x
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud

Sooziewhoozie
baie mooi geskryf PM! thanks hiervoor!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Melonx
Met jou seerkry van onthou
Mag die Heer sy arms om jou vou!
...en mag Hy jou gedagtes vul met vreugde en kennis van alles wat mooi en reg is wanneer herinneringe wil-wil pynsnaar speel met jou hart.

Mooi geskryf, dankie PM!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Juenka
Kyk ek het nou omtrent gejaag om by die huis te kom sodat ek hier kan kom loer of jy jou gedig geplaas het. Ek wou eerste wees met die kommentaar maar hoe kon ek dit verwag met so stunning gedig.

Suster dit is WOW, amazing mooi. Nee kyk jy moet maar Valhalla oppak en in die Kaap jouself gaan vestig. Hierdie gedig is verseker uit die invloed van jou omgewing. Ek is crazy mal oor die gedig.

Jy het my uitgebowl met die einde. Ek moes dit weer lees om die gemiste leidraade op te tel. Tog is dit ook maar so dat ons wat nie blind is nie geneig om hierdie dinge mis te sien en nie te waardeer nie.

Jy moet meer gereeld gedigte plaas. Jy hou te veel terug. Glo in jouself! Jy kan.

Jy rock vriendin!

Liefies
Juenka

E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Markus
Hy't my mooi verras, PM. Goeie gedig!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Stanley
dynserigheid
ek sou hierdie woord met 'mistig' 'wasem'vervang.....
dynserig klink bietjie lank, maar die gedig is regtig wonderlik om te lees...
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Bigfoot
Insig
Jy slaan my groot voete onder my uit met hierdie een. Graag sou ek een of twee reëls wou uitlig. Ek kan eenvoudig nie, ek sou die hele gedig netso moes aanhaal. Die sien, die onthou, die reuk op die tong, die emosie, wroeging, die snoekgeur en dan die treffende slot. Fisies blind of geestelik blind?

Wonderskone woorde wat my verstom. Dis asemrowend pragtig. Glo my gerus as ek sê dat ek hoendervleis is van kop tot tone. Hierdie gedig neem my gedagtes op ver paaie. Paaie van onthou, van dankbaarheid, van nederigheid en van deernis.

Dankie vir die voorreg om hierdie gedig te kon kon lees. Jy het al my fyn snaartjies laat oortyd werk. Dis 'n pragstuk!!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 21 ure oud

Blues man
insig
jy laat ons kniel op ons kniee om dankie te se vir hoe bevoorreg ons is. great einde.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud

Trapsoetjie
Regtig baie mooi my vriendin, ek kon die prentjie sien in my gees oog, by die rots. Baie mooi woorde, ek het dit geniet.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud

Ya'acov
ek is blind
eina
ek is blind
ek kan sien
maar kan niks vind

hoe kan ek so iets lees
sonder om te sien in die gees
dat ander se wêreld verskil van my
en ander anders gedy

dankie PM, dit laat 'n mens net weer besef dat daar ander is wat SWAAR kry en dat dit 'n mens ontgaan omdat jy nie sensitief is nie.

dankie
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud

Blikkies
Blikkies wou nog gasê het dat die einde is moi omlat mens eers aan die einde agterkom dat jy oor 'n blinde persoon skrywe. Dis hoekom die einde vir ou blikkies so mooi is.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud

Elizabeth Kendall
Mooi, vertel 'n hele storie!!
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud

Blikkies
Blikkies sê dit is 'n moi poem die, en hou van die einde.
E-pos 7 jaar 1 week 2 dae 23 ure oud

RUDI COETZER
asemsnak beautiful en stunning gedig.Groots.Vir die een kry jy **********
E-pos
« Last Edit: December 24, 2015, 08:22:04 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Insig.
« Reply #16 on: December 23, 2015, 08:00:45 PM »
Ek sien Rudi het ook van jou gedig gehou. Ek het nogal waardering vir sy kommentare. Moet self ook beken dit is mooi