Author Topic: Insig.  (Read 7225 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Insig.
« on: May 06, 2011, 11:00:59 AM »
Insig.

Met my kierie in die hand
loop ek tot by die strand
en maak my tuis op ‘n rots
nie te ver van die kant.

Ek sien hoe mis uit die see opslaan
en oor die berge vou,
hoe die wind ruk en pluk aan my rou
as ek onthou van wolke
met Josef se droomkleed aan.

Ek proe die reuk op my tong
wat uit die wasem oor die water kom,
sien wit seeperdjies wat speels
oor die branders wip
en weer sagkens verdwyn.

As die laatmiddag se snoekgeur
die kamers van my onthou binnesluip
en met alle mag boontoe beur,
dan sien ek die vissersbootjie wieg in die water
en die houthuisie se weerkaatsing in die rimpels.

As ek per ongeluk op die kerriebos trap
en die bitter reuk van onthou klap my teen die hart,
dan probeer ek deur die golwe van duisternis gly,
by al die vrae verby,
terug na die dae,
toe ek nog kon sien.
« Last Edit: June 18, 2011, 10:18:17 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Insig.
« Reply #1 on: May 09, 2011, 11:05:43 AM »
PM

Oee ek hou hiervan en ja die wasem is beter (as ek reg onthou het jy dynserig eers gebruik).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #2 on: May 09, 2011, 12:28:25 PM »
Dankie Jeannedarc.   

Ja, ek het dyserigheid gebruik en toe wys van die ander skrywers my daarop dat mis of wasem beter sou pas en toe maak ek so.  Ek hou ook meer daarvan so.  Dit is gaaf van medeskrywers om hulle insit te gee.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Insig.
« Reply #3 on: June 17, 2011, 08:47:47 AM »
Hierdie is 'n werklik pragtige sintuiglike gedig. Trefferslot en 'n baie skerp titel.

Ek dink daar is moontlik een spelfoutjie in: vissersboodjie = vissersbootjie

Baie goed geskryf.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #4 on: June 17, 2011, 10:51:17 AM »
Ag vreeslik dankie Fransi.  Spelling en ek was nog nooit maats nie, en dit is so 'n maklike reël om te onthou.  Ek waardeer dit opreg.  Kyk nou hoe sou ek my geskaam het as dit tussen vreemdes moes gebeur!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Insig.
« Reply #5 on: June 17, 2011, 02:09:54 PM »
 :hello:

Doodreg PM, ek ruil weer baie keer die klinkers om en soos jy en die ander reeds weet is leestekens my Moses. Seker bietjie dislekties.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #6 on: June 18, 2011, 10:21:49 AM »
Ek lees weer wat jy sê oor die titel van die gedig.  Dit is my skerp manlief wat die titel voorgestel het en dit pas soos 'n handskoen.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Insig.
« Reply #7 on: June 18, 2011, 12:28:53 PM »
 :icon_biggrin: so van manliewe gepraat: Ek wys vanoggend 'n epos vir my man met vrae wat o.a. jou laterale denke toets en hy het woerts warts deur dit gegaan en slegs een vraag nie onmiddellik kon antwoord nie.

Die titel pas werklik perfek. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #8 on: June 19, 2011, 09:18:48 AM »
Dankie tog vir slim manliewe!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Insig.
« Reply #9 on: June 19, 2011, 10:14:06 AM »
dit lees goed en is vir my baaaie mooi geskryf. ek lees dit sommer weer en sien die bootjies dobber en die kleurwolke wat weerkaats.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #10 on: March 28, 2013, 12:17:18 PM »
Dankie matertjie.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Insig.
« Reply #11 on: March 30, 2013, 10:10:30 AM »
Prrragtig matertjie  :hello2: :icon_salut:

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Insig.
« Reply #12 on: October 24, 2013, 04:30:12 PM »
Pragtig, mal daaroor!

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Insig.
« Reply #13 on: October 24, 2013, 04:48:50 PM »
Ek stem mat almal saam dit is pragtig. 'n Mens leef jou in die gedig in. Pragtig PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Insig.
« Reply #14 on: October 28, 2013, 07:19:11 AM »
Dit is my gunsteling gedig.  Kyk net weereens hoe mooi het almal my gehelp om dit te verbeter.  Ek lief julle, baie dankie vir die mooi komtaartjies. 
Om te weet is om te verstaan.