Author Topic: Die boek is gedoop  (Read 8108 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die boek is gedoop
« on: February 18, 2012, 02:08:55 AM »
Dit was nou 'n funksie wat vir niks geskrik het nie.  Almal het gehelp, meer as hulle deel gedoen en alles het seepglad verloop.
 
Baie dankie aan Hannes, jy weet mos wat jy gedoen het en baie dankie daarvoor, ook vir die op en af ry om alles bymekaar te kry,  ek lief jou uit my hart uit. Geen ander mens op hierdie aarde sal soveel geduld met my hê nie.   

Die klankstelsel was uitstekend. Baie dankie aan Kassie en Jaque wat dit so pragtig hanteer het.  Kassie het toe sommer in 'n fotograaf ook verander, ons klikbek was moeg en het geweier om "uit te praat" natuurlik uit die Kaap uit! Dankie Kassie. 

Arend het vir ons kom sing en almal het aan sy lippe gehang.  Dit was so spesiaal!

Naas, ons seremoniemonster, het hom uitstekend gekwyt van sy taak.  Ek is so bly ek het sulke vriende in hogere plekke!

Trappies het 'n borg gekry vir die wyn en dit was uitstekend.  Dankie aan Ouma Trappies vir die moeite om dit te gaan haal, ons waardeer. Trappies se vleisborde was nie net 'n fees vir die oog nie, dit het verdwyn soos mis voor die son! 

Die kaas en wyn, met heerlike druiwe en vye uit Lox se tuin, was 'n treffer in die oortreffende trap en die maalvleisbolletjies op stokkies met kaas en uitjies uit die hand van ons eie Ouma Naas was 'n treffer.  Dan het sy nog die soet tuisgebak vir die koffie/teetafel ook voorsien en orals gehelp, tot laatnag. 

Die saal wat Naas vir ons gereel het, het soos 'n handskoen gepas.  Dit was ruim en "cosy" in dieselfde sin.  Moeder Naas het vir ons die mooiste spierwit tafeldoeke voorsien en orals handjie bygesit.  Baie dankie Moeder Naas.  Baie dankie Vader Naas vir die glase en teekoppies wat jy gaan haal en weer more vandag, moet terug neem. 

Elle het ook kaas voorsien en gesorg vir die neute met rosyne. Die pragtige gedagte om 'n kaartjie te koop en almal te vra om dit vir my te teken, die mooiste bos proteas, keurig verpak in mooipienk en ligte pienk sypapier, met die mooiste pienk raffia strikkies om,  'n stukkie van "die Kaap" wat ek kan huistoe neem om my aan hulle te laat dink, EN nog iets wat ek ongelooflik waardeer van haar,  'n geskenkie vir Magret, die werkesel. Dankie Elle, jy is 'n besonderse mens. 
Sammy, ons klein Trappies, baie dankie vir die gevulde eiers en hulp.  Dankie vir die uitnodigings en al die moeite wat jy gedoen het.  Ek waardeer opreg.  As ek nou nog 'n seun gehad het vir wie ek 'n skoondogter kon kies, sou dit beslis jy gewees het.
Vader Trappies, jy is so diep in my hart, Chris Barnard sou jou nie eers daar kon uitkry nie.  Baie dankie vir al jou hulp en ondersteuning, ek waardeer.   

Magret, wat alles moes inpak, afdra, uitpak, opdra, was en skoonmaak, tafels help skuif en tafels dek en jy noem dit en sy het dit gedoen.   Magret, ek waardeer jou hulp geweldig baie. Almal wat onse Magret ontmoet het, weet hoekom ons so lief is vir haar.
Dankie, 'n groot dankie, aan al ons gaste.  Sonder gaste kan 'n mens nie 'n byeenkoms hou nie.
Swak gedrag kan enige byeenkoms in 'n nagmerrie verander, maar ons het die pragtigste gaste gehad.  Almal was stil, stemmig en rustig.  Elkeen het my verseker dat hulle die aand geweldig baie geniet het en dat die kos uit die boonste rakke was. 

Raaitjie, ongelukkig sal ek jou briefie, die een wat Naas voorgelees het, weer self moet lees.  Halfpad deur het my hartsnare so geraas, ek het nie alles mooi ingeneem nie.  Later weer meer kommentaar hieroor, maar wat ek baie duidelik onthou is dat Naas die mikrofoon aan Hannes oorhandig het met die woorde: Jy kan maar 'n paar woorde sê terwyl ek jou vrou gaan druk!
Sumier stap hy baie braaf tussen die tafels deur, tot daar heel agter waar ek gesit het, gryp my op en swaai my deur die lug en druk amper my ribbes af. 

As daar iemand is wat ek gemis het om dankie te sê, skop ek my eie alie vol ou skoene! 

Vir my was die aand baie spesiaal en volmaak.  Dit was nog 'n groot vreugde om vir WW en Willa as gaste te hê.

Ek is gelukkig en het vrede in my hart. 
Nou kan ek lekker gaan slaap. Kyk wat is die tyd!  Die Kaap is nie vir sissies nie!

Vrede

jy is nou gedoop my kind
die geel slang langs Blouberg se strand
skitter in die nag
die branders wat so gedruis het
die wind wat so troosteloos gehuil het
het tot bedaring gekom
daar is vrede in my hart
stil     my gemoed
hier sit ek
in die vroeë oggendure
en ek tel hulle
op my vingers
so een vir een

As 'n mens, uit die 12de verdieping, wanneer dit donker geword het,  oor die hele strandpad uitkyk, lê die straatligte soos 'n geel slang, al kronkelend langs die kus.
Van onder af slaan die klank op en die gedruis van die see is intens.  Hier bo kan die wind jou maklik van die balkon af waai as jy nie die "agterdeur" toe maak, voordat jy die "voordeur" oopmaak nie.
Soms is 'n mens se gemoed so weerbarstig soos die rowwe see en jy kerm en kla en skop teen die prikkels, soos die geloei van die wind.  Dan, skielik, val alles in plek, en jy besef dat jy werklik geseend is en wat kry jy?
Vrede. 

 
« Last Edit: February 18, 2012, 02:59:19 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die boek is gedoop
« Reply #1 on: February 18, 2012, 05:05:06 AM »
Ek lees en lees, en die prentjies speel af voor my op die tikker se skermpie.  :book1: :headbang: Ek word deel van die gewerskaf, die opgewondenheid en stilletjies druk ek elkeen teen my vas soos die name liefdevol uit PM se vingers voor my verskyn. Dankie dankie dankie dat julle hierdie aand moontlik gemaak het, en dat ekke so in die gees kon deel. Oeeee Naas my held, ekke het saam met jou gestap ... en daar voor die vrou van die jaar, worre ek alweer so droewig lat ek net daar vries.  :icon_bigsmurf: Gelukkig het Naas sooooo moooi gebelo' hy sal drukkie gaan gee vir onse eie PM en man van sy woord siet ek nou hy het jou van jou voete gelig  :love7: :notworthy: :icon_salut: Viva onse boekie. Jy's gedoop!!!!

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #2 on: February 18, 2012, 06:26:32 AM »
O jittetjie, grens ek ook sommer nou hier vroegmore oor die liefhe vir mekaar wat so swoesh oor, deur en om ons almal.
Ek voel skatryk.
Dankie aan almal wat dit vir my moontlik gemaak om tot gisteraand se funksie te kon stap sonder om halfpad te wou afdwaal.  Maar dit was maklik, want ons hou mekaar se hande vas. 
Ek is begeester vir meer van die gevoel.  Ek wil weer sulke geleenthede he waar omgee met liefde bymekaarkom.
PM, my deeltjie was min en klein, nogtans het dit baie goed gevoel om my bydrae te maak.

Yip, Arend...  hy kan maar elke dag vir my sing.
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die boek is gedoop
« Reply #3 on: February 18, 2012, 08:57:00 AM »
 :hello:

Ek is so bly dat dit 'n aand van vreugde en werklike samesyn kon wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #4 on: February 18, 2012, 09:42:36 AM »
Ek wou so graag dat julle almal hier kon wees Fransi. 

My nog 'n  groot wens is om die lotto te wen.  Dan vlieg ek julle almal "in" en  DAN  gaan die harre waai!  :headbang:

Elle, dit wat jy gegee en gedoen het was dubbel en dwars meer as jou deel. Dan is daar die dinge wat geld nie kan koop nie.  EK is die persoon wat hier wegstap, skatryk, my siel is so dikgevreet aan julle liefde en omgee, dit sal my hou tot ek weer kan kom draai. 
Ek sit met die kaartjie wat jy gekoop het en ek lees julle boodskappies daarin, elkeen met die hand geskryf. Ek verruil dit vir niks in die hele wêreld nie. 
Sodra ek tuis is, neem ek 'n foto daarvan en kom wys vir almal.  Die prentjie voorop is soooo "cute" en soooo gepas!

Julle hier in die Kaap moet nou nie hande los as ek ry nie! MAAK  TYD  om gereeld in mekaar se "hitte" te skuil. 




Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die boek is gedoop
« Reply #5 on: February 18, 2012, 11:12:21 AM »
Om nou haaslip die waarheid te praat, was dit vir my 'n ongelooflike voorreg om so kuier kuier saam met geliefdes te wees. Ja! Geliefdes. Met 'n groot GEE, want net vriende is hulle lankal nie meer nie.
Ek is net oor ding spyt en dit is dat die ouderdom ons dwing om vroeg te gaan. Dit voel of die kuier nog net begin het dan moet ons al weer loop.
Hoe se mens dankie...?
Hierdie dankie is 'n "res van my lewe proses" van liefde vir al my vriende.
 :hello2: Ek applousieleer julle.  :hello2:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #6 on: February 18, 2012, 11:57:20 AM »
Laat ek verduidelik:  Naas het ons vermaak met sy haaslipstories.  Ons was almal in steke.  (Stitches)  :icon_biggrin:

Naas, haaslip die waarheid praat? Jy lieg mos nou Karel, ons was eerste daar en ons is laaste weg, net so teen pampoentyd.  Ek lig my hoed vir jou dat jy met die geweldige rugpyn en al, volgehou het en jou so goed van jou taak gekwyt het.   :notworthy:

Oor daardie liefde kan ek saampraat, ek voel presies net so!  :love7:

(Chips, hier kom 007 met haar mandjie.)  :icon_biggrin:

Nog 'n groot versoek Naas, (net toe jy gedink het jy is nou ontslae van my  :icon_biggrin: )
kan jy asseblief 007 se briefie wat jy voorgelees het kom plaas, ek wil dit so graag met ons ander matertjies deel en my vingers jeuk om my sê te sê.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die boek is gedoop
« Reply #7 on: February 18, 2012, 03:12:32 PM »
Ta'Raatjie se versoek.

Geagte meneer die seremoniemeester
 
007 stoot net gou die versoek hier onder jou toespraak en die mikrofoon deur. Ek het my mooiste pienkstrik om die woordbesem geplooi en met al 26 letters van die abc in my mandjie, padgevat oor die waters.

Terwyl almal slaap het ek solank een van die stewigste stoele vir my nadergesleep - reg voor die verhoog, dat ek niks mis nie. Nou is ek so droewig van opgewondenheid laat ek nie self 'n woord kan uitkry nie en daarom kom bedel die uwe dat jy tog vir die mense se dat hulle styf vas moet hou aan hulle woorde - vir die wis en onwis vanaand, want in die gees is die woorddief daar.

En terwyl jy hulle waarsku moet jy vir onse PM laat opstaan en haar drukkie gee. Jou beste ooit hoor! Dan se jy dit kom van Gatkantland af, oor ek so dankbaar is vir die voorreg om deel van julle te wees en dat daar van my gegriffels ook bewaar is in daardie kosbare geskenk van PM aan ons almal - ek lig my glas met sy borreltjies hoooooog op Kaggelvuur en Vers.
 
Dankbaar vir iewig enne biekie stuur ek liefde in die kringetjie enne drukkie vir ieder en elk teenwoordig.

 Geteken: 007 die woorddief.



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: March 09, 2012, 05:36:51 PM by PM »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #8 on: February 18, 2012, 04:03:16 PM »
Dankie Raaitjie, dankie dat jy daar was, al was dit net in gees.  Ek hoop om genoeg foto's uit alle bronne te ontvang om iets te plaas sodat julle daarin kan deel. 

Dit was 'n groot verrassing!  Naas vra so ewe of ek iets van sy Ta'Raaitjie gehoor het en nee, seg ek, hoekom? Lossit maar en ek los, want dit is 'n gedoente om alles betyds gereed te kry vir die groot doop.  Toe almal rustig was en die "nodige goed" afgehandel is, seg ons seremoniemonster dat daar 'n briefie van die poskoets afgeval het en sumier trek ek my asem in sodat almal naby my net vir my kyk, toe hoor ek maar ek luister niks! My luister het eers weer hier ingeskop: Dankbaar vir iewig enne biekie stuur ek liefde in die kringetjie enne drukkie vir ieder en elk teenwoordig. en vir die duisendste keer bedank ek weer my sterre omdat ek sooo gelukkig is. 

Dankie Raaitjie, dit beteken geweldig baie vir ons aan hierdie kant van die aardbol.  Ons is viskikkik bevoorreg om iemand soos jy, iemand met so 'n oorweldigende liefde vir ons taal, in ons kringetjie te mag hê.  Jy is werklik vir ons goud werd en elke liewe "ieder en elk" hier op die forum, is vir my kosbaar.  Ons boek sou nooit dieselfde waarde hê, sonder een van julle se bydraes nie.  'n Geskenk van ieder en elk van julle aan  MY!

 :love7:
 :bootyshake:

NS  Mag boek twee net so suksesvol wees. 
« Last Edit: February 18, 2012, 04:06:09 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die boek is gedoop
« Reply #9 on: February 19, 2012, 06:30:27 AM »
Oi joi joi, om ook nou haaslip die waarheid te praat: ek het nou viskiklik bevoorreg en lekker saamgekuier - tot pampoentyd diekant en die woordmandjie staan boeppensie en grinnik  :notworthy: :icon_salut: :icon_biggrin:  :book1: My plek geboek vir die sneppies  :love7: I'll be back!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #10 on: March 09, 2012, 10:08:46 PM »
En daar doen ons dit weer!  Ek moes nou wel die meneer die seremoniemonster na mevrou die seremoniemoster verander het, maar ek het dit gedoen en vir Natalie, wat vanaand ons seremoniemoeder was, het weer jou hartlike briefie voorgelees, want weet jy Raaitjie, 'n boekbekendstelling sonder jou, kan net nie 'n boekbekendstelling wees nie. 
Dit is nou 'n minuut voor middernag en ons laaste gaste het nou vertrek en ek wil net graag met julle deel dat dit 'n wonderlike aand was. 
Johan en sy twee seuns het vir ons kom musiek maak en dit was uit die boeke uit.  Ons het 'n paar "videos" geneem en hoop van harte dat ons dit met julle kan deel.
Ongelukkig het ons "klankopnemer" die pad duister geraak, maar ek dink tog dat ons die "operasie" een of ander tyd gered sal kry.  Ons was almal een vanaand, dat ons hierdie aand sal oor doen en al die nodige kundiges in plek sal kry om klank en videomateriaal vas te lê.
Ek weet net een ding en dit is dat ek dit enige tyd weer sal doen.  Ek het soveel pret gehad en Natalie het haar so goed gekwyt van haar taak as seremoniemoeder. Dankie matertjie, ek lief jou stinkend!
Ek wens net een ding en dit is dat ek julle almal saam by so 'n aand bymekaar kan bring.
Nou gaan ek slaap.  Flip, ek dink dit is tyd.  Lief julle en slaap lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die boek is gedoop
« Reply #11 on: March 10, 2012, 11:11:36 AM »
Julle het alles so mooi gese, ek is vir die eerste keer in 'n ewigheid spraakloos, sal my beterhelfde nie bly wees nie... :icon_biggrin:

Baie dankie aan almal. Dit was 'n wonderlike aand.

Net vroegtydig vir ons hier laat weet wanneer die een gaan wees by julle dan kan ek kyk wat ons kan doen. Ek kan ongelukkig nie af kry nie, maar sal alles wat ek kan doen 'n draai te gooi... :toothy4:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die boek is gedoop
« Reply #12 on: March 11, 2012, 01:48:10 PM »
Die Pretoria-boekbekendstelling was die 9de Maart.  Natalie was ons seremoniemoeder en sy het weer Raaitjie se brief voorgelees.  Met die afbene-e-pos en die gesukkel om die forum weer op die lug te kry, is die kommunikasie (die kommunistiese hasie) sleg in die wiele gery.  Ongelukkig is dit nou maar so, maar ons het nogtans 'n mooi opkoms gehad en dit was 'n heerlike byeenkoms.
Dalk, by ons volgende Rooiwyn-Kaggelvuur&Vers-aand, doen ons dit weer, want ons kon geen klankopnames maak nie, want ons klankman het ons in die steek gelaat.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Die boek is gedoop
« Reply #13 on: March 12, 2012, 03:17:03 PM »
stoute klankman!   Hoop daar is foto's - het jy al fotos van Kaapstad se aand - ai dit was darem heerlik!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die boek is gedoop
« Reply #14 on: March 13, 2012, 07:52:00 AM »
Ag nee, gemis. Gelukkig was dit 'n lekker aandjie vir julle.

 :hello:

 :angel12: