Author Topic: BAIE GELUK  (Read 6068 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
BAIE GELUK
« on: February 16, 2012, 05:58:04 AM »
 :wav:     :occasion13:      :occasion15:        :occasion13:      :wav:
baie geluk, liewe Petra, geniet 'n pragtige dag. mag jou nuwe lewensjaar oorloop van vreugde en genade.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: BAIE GELUK
« Reply #1 on: February 16, 2012, 07:12:38 AM »
Kom ek my AMEN in hoofletters hier vasmaak. Dankie vir die voorreg om jou ons eie 'PM te kan noem matertjie. Net die mooiste vir jou vir altyd enne biekie  :love7: :hello2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: BAIE GELUK
« Reply #2 on: February 16, 2012, 08:18:13 AM »
 :hello:

Baie baie geluk! Mag elke dag vir jou die vlinders van hoop, vrede en vreugde bring.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #3 on: February 16, 2012, 08:23:38 AM »
Baie baie dankie my liewe maatjies.  Ek lief julle katswink!   :love7:
Dit is 'n groot voorreg om sulke matertjies soos julle te hê.   :hello2:
Ek voel soos die koning se eerste vrou vandag!


Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: BAIE GELUK
« Reply #4 on: February 16, 2012, 09:24:06 AM »
Eindelik verjaar sy. Ek het nog nooit iemand teegekom vat so reikhalsend uitsien daarna om ouer te word nie. Mag die volgende honderd jaar net so lekker wees Pee Emtjie.   :hello2: :hello2: :hello2:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #5 on: February 16, 2012, 11:15:22 AM »
 :bootyshake:  It's my birthday!  :bootyshake:
Dankie Naas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: BAIE GELUK
« Reply #6 on: February 16, 2012, 11:18:01 AM »
baie geluk, hoop julle hou lekker party daar bo in die hemel verdieping van jou woonstel

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #7 on: February 16, 2012, 11:42:38 AM »
Baie dankie Louis, wens jy was ook hier.  Sien ons jou darem more aand?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #8 on: February 17, 2012, 12:17:06 AM »
Dit is nou 'n paar minute voor twaalf.  Almal het nou gegroet en huistoe gegaan.  Party slaap oor en het nag gesê want more is nog 'n dag. 
Die groot dag! Vertel hulle vir my, die dag wat ons boek bekend gestel gaan word hier in die Kaap.  My brein steek nog vas aan hierdie wonderlike dag wat ek my "sewentigste" verjaardag gevier het.  Ek wens dat almal wat ek ken hier kon wees.  Hier in die Kaap. Hier waar die wonderlikste vriende woon.  Hier waar almal opgetrek het om hierdie dag vir my spesiaal te maak.  Ons moes vinnig ekstra disse opgetower het om vir elkeen 'n ietsie te ete aan te bied, want toe ons ons ogies uitvee, was hier mense wat ons nie eers geken het nie.  Ek voel soooo spesiaal! So bevoorreg!
Aan al my Kaapse vriende wil ek  baie dankie sê.  In my hele lewe het ek nog nooit so spesiaal gevoel nie.  Naas, Trappies, WW, Ellé wat van nou af bekend sal wees as EL, en Ouma Naas, my eie Magret wat ek van die Transvaal af saambegring het wat my met hand en tand bedien asof ek Queen Elisabeth is, al die ander siele, baie dankie, ek het 'n wonderlike spesiale dag gehad. 
As ek een wens kon hê, sou dit wees, dat elkeen van julle, kon besef, hoe lief ek julle het.  Hoeveel julle vir my beteken! Mense, my liewe mense, ek lief julle elkeen in die besonder.  Ek doen opreg! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: BAIE GELUK
« Reply #9 on: February 17, 2012, 01:36:23 AM »
Ek voel jou liefde en deel jou opgewondenheid. Nou sit ekke diekant en wag op die klikbekkies se bewyse van presies HOE julle nou gedoen en maak het  :hello2: :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: BAIE GELUK
« Reply #10 on: February 17, 2012, 08:57:30 AM »
Ons het die klikbekkies weggesteek want wat in die Kaap gebeur bly in die Kaap. (Ek kan darem se: "Daar was drank betrokke."
Dankie PM vir jou gasvryheid.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #11 on: February 17, 2012, 11:33:04 AM »
Shuuut Raaitjie, Hannes het so skelmpies 'n paar klikkies geklik.  As ons tuis is sal ek dit soetjies hier kom neersit waar die Kapenaars nie sal sien nie.   :icon_biggrin:

Naas, julle is sulke spesiale mense en met so min tevrede, dit is net 'n voorreg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #12 on: February 17, 2012, 12:21:56 PM »
en 'n mooi praatjie van 'n maatjie:

Reisende verjaardagmaatjies

Dis nie PM se skuld dat sy verjaar nie.  Dis haar ouers se skuld.  Maar dit maak nog nie dat sy dit nie mag geniet nie.
 
Sodra PM terug is in Sodom en Gamorra na haar kaapse draai, sal sy skielik agterkom, haar maatjies hier sal baie bly wees dat sy teruggekom het.
 
Geniet die laaste stukkie reis
 
Stowwerig die uwe
 
Luis

Dankie Stoffie, ek gaan met 'n swaar hart afskeid neem, maar die vooruitsig om julle almal weer te sien sal dit makliker maak.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: BAIE GELUK
« Reply #13 on: February 17, 2012, 12:29:23 PM »
Wil darem ook nou net bylas dat Kaapstad deesdae 'hemel' heet en Pretoria 'Suid Afrika'.
Maw, Kaapstad is in 'n klas van haar eie.  Heeltemal afgestig van die res van SA.
Ons doen dinge maar net anders, so op 'n laid back manier.
EN AS ONS PARTY, DAN DRINK EN SING ONS.
Nie dat ons heeltemal kop verloor het nie.  PM kon darem nog 'n stukkie hier op die Forum neertik.
As daar wel 'n ou woordjie ingesluip het wat jou hare laat regop staan, dit is haar lang naels se skuld. Die het sy darem intussen afgeknip dat so 'n ou foutjie nie weer sal insluip nie.
(Hoop nou nie haar naels het gegroei deur die dag dat daar wel weer so 'n foutjie kan insluip na die funksie vanaand. Miskien moet ek 'n ou naelknippertjie saamvat vir die wis en die onwis).
elle