Author Topic: Die wind.  (Read 2723 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die wind.
« on: May 05, 2011, 02:03:35 PM »
Die wind.

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;
klappende perdepote
deur die wind aangejaag.

Dit is donker dowwe grys grou wolke
wat die aarde  in skemer  omvou;
in die verte trek die weerlig wit flitse
teen  die liglose blou.

Dit is ‘n woeste  wind wat so mistroostig
om die huis se hoeke loei,
wat die reën rukkend in vlae
oor die dorre aarde gooi.

Dit slaan die reëndruppels stukkend
teen die vensters aan;
net biggelende trane
wat traag teen die ruit afgaan.

Die wind wig deur die ou venster
wat nog net aan sy skarniere hang;
dit dawwer teen die dak se ou sinkplate
wat ook al  besig is om op te lig.
‘n  Waterval swoeg  met ‘n gedruis deur die geute,
om met ‘n swierige boog
‘n bek vol reënwater  uit te spoeg.

Al wat oorbly
is  die laaste paar stroompies
wat deur die geute sing,
die vars reuk
van ‘n aarde skoon gewas van stof
en die laaste paar druppels 
wat uit die blare
op die grond
neer plof. 
Dan is dit stil.

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die wind.
« Reply #1 on: September 28, 2018, 07:00:18 AM »
Hier onder op bladsy drie is 'n gedig wat ek sewe jaar gelede geplaas het.  Niemand het hier geantwoord nie maar dit is al amper 700 keer gelees en nou kry ek hierdie briefie in die pos.  Ek plaas dit sodat julle kan sien dat die forum gelees word. 


Good day

Macmillan Education South Africa is preparing a new publication titled Woordwys Intermediêre Fase – Letterkunde and wishes to include a shortened version the following poem:

Die wind

Daar woed ‘n woeste wind
wat aan die bome ruk en pluk
en die blare met sweepslag
van die takke los ruk.
Dit kletterklink die straat af;
klappende perdepote
deur die wind aangejaag. . . .

This poem appears on Die Afrikaanse Forum at this link: http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=148.0

I am in need of the author’s contact details as I need to request their permission to use the poem in our textbook. Do you know who the author of this poem is, and if so, could you please provide an email address for them? Your assistance on this matter would be highly appreciated.

I look forward to hearing from you.

Thank you and kind regards,
Saira 
 
Saira Lortan
[size=0pt]Permissions Specialist[/size]
Om te weet is om te verstaan.