Die kuierstoep > Helpmekaar

Hoe om 'n pad te verduidelik

(1/5) > >>

PM:
Ek moet hierdie met julle deel en dit kan net hier gebeur by "kom ons help mekaar".
Ouens, ek kan nou nie die straatname en goete gee nie, want ek wil nou nie hê iemand moet onse Engeltjie gaan "stalk" nie.
Hannes het gevra of ek al die aanwysings gekry het om vir Ellé te gaan oplaai en ek het 'n paar keer gevra of hy dit regtig wil hoor en ja hy wou.  Ek het gelag dat die trane rol, want terwyl ek gelees het, het ek onderlangs sy liggaamstaal dopgegou.  Toe hy naderhand terug sit, arms gevou en sy kop so skeef draai, toe skater ek van die lag. 

Hier is hoe 'n mens 'n pad verduidelik. 

Daar by Trappies se sirkel stuur julle die voertuig se neus links en ry al langs die veldjie noord met die raffinadery aan jou linkerkant.  Oppas net daar by die sirkel as jy links gaan, want die hooligans ry soos maniakke. Vat dit maar rustig.
Hou nou aan met die paadjie en moet nooit jou flicker aansit nie, want dit is nie nodig nie. Erens langs die pad sal jy ‘n afdraai aan jou linkerkant kry wat sê ‘Contermanskloof’. Jy gaan nêrens daarlangs nie, maar net straight al met die pad. Oppas vir fietsryers, daars hope en hulle ry soos  padvarke. Nou is jy in ons Durbanville Hills area. Jy kry dit sommer ook net hier aan jou regterkant.  Hou verby, jy kan later gaan proe.  Net daar onder in die dippie, aan jou linkerkant, is Klein Rosetuin, of so iets. Die bome se stamme is baie rooi daar en soms hang ‘n blou stoel aan ‘n tak.
Hou verby. Hulle verbou NIE rose daar nie, al sê die plaas se naam so.  Ry versigtig, want daar naby voor jou , aan jou regterkant, is La Farge.  Moenie indraai nie, want jy sal nie eens weet jy het sement geword nie.  Hulle hou ook volstruise daar aan. Sommer net daar langs die pad. 
Aan jou linkerkant is Antikes.  Weet werklik nie wat ‘Antikes’ is, maar ek bly al vir ‘n lang tyd nuuskierig daaroor.  Miskien eendag sal ek oor die nuuskierigheid kom.  Moenie te vinnig ry nie, die pad is maar draaierig.  Nog so ‘n klein entjie en jy het  Law & Ingils aan jou linkerkant en ‘n klein hoogtetjie voor jou.  Trap maar die petrol so effens. Nie te veel, want daar voor waar die pad ‘n draai maak, is jou volgende klomp fietsryers.  Hulle sny voor L by Nitida sommer deur die wingerde vir die peace and quiet.  Jy wil soms na jou asem snak as die Heuwels so mooi onder die kombers lê.  Nou moet jy briek trap, want die draai is skerp en steil af.
Hou maar so bietjie op die briek, want  Bloemendal lê in al sy glorie links en regs van jou.  Links bo op die kop is ‘n helse toring en as jy met daardie nou sementspoortjie opry daar waar die bord vir jou wys ‘Bloemendal’ en die landsvlag waai, dan kry jy die restaurant daar bo.  Die uitsig is asemrowend.  Die oseaan lê wyd in byna alle rigtings en Robben Eiland rus soos ‘n moeë walvis in die water. (Net voor D'Aria, is 'n oop stuk veld met wilde bokke).
‘n Entjie verder is D’Aria met die baie gewilde Poplars restaurant aan jou regterkant.  Die bougainvillea links van die pad en op die rand van die donkergroen wingerde is vol in die blom.  ‘n Prentjie.  Donkergroen wingerde klou aan die heuwels en die rustigheid wil jou omvou.  Hou maar die voet op die briek, want anders gaan die geel boksie jou kiekie neem.  Ry rustig.  Daar is plaaswerkershuise langs die pad en kinders mag dalk net oor die pad handloop.
Voor jou lê die pad nog al die pad.  Tot jy die massiewe Blue Gums laan sien maak.  Voor jou is ‘n robot.  Die bord sê Tyger Valley Road – Durbanville reguit aan.  Die laan is saans pragtig as die flou ligte brand.  Dit is in hierdie laan met die jonkgroen wingerde hier langs  die pad, dat ‘Season of Sauvignon’ in Elle se kop kom val het.
Die pad maak ‘n lang draai na links.  Die Durbanville Racecourse lê so ‘n bietjie dieper in.  Nou kan jy begin konsentreer op die pad tot jy die afdraai aan jou hierdiekant sien.  Daai Street. Dit is op ‘n kort draaitjie. Draai sommer weer anderkant toe net daarna.  As jy gedraai het, is ‘n dubbel verdieping aan jou hierdie kant en anderkant is daai annerplek.  Jy is nou in Mystraat.  Ry net so ‘n entjie af tot jy aan jou hierdiekant woonstelblokke kry, die anderkantste een is waar ek woon. 
Maar voor julle verdwaal, skakel my.  Ek weet darem waar ek bly.
 
Mooi ry.

 :bootyshake:
 :love7:

Naas:
Ek weet waar haar buurvrou bly so ek sal die plek maklik kry. (maar fot 'n nok nie van daai kant se dinges af nie.)
Dis nou hoe mens mooi verduidelik Engeltjie.



 :icon_bigsmurf:

PM:
Ek lag vir Hannes, hy sê ek moet vir Engeltjie sê sy moet ons maar kom haal en vir ons gaan wys waar dit is. 
Nee man, seg ek, sy het mos gesê jy het nie nodig om jou flikkerligte te gebruik nie.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Nes 'n movie was die beduie nou  :sign10: Hiehie... dankie dat jy met ons deel PM.  Ekke het effens vasgehak by 'handloop' en wou net my flikker aansit om te wys ek gaat eers aftrek en die spulletjie bekyk; toe onthou ek mens hoef nie, want toe weet ek nie of die kindertjies soos apies oor die pad gaan kruip vier-by-vier-styl hier vlak voor my nie. Wou sneppie neem  :icon_biggrin: Elle moet help want die woord moet bewaar worre  :book1: :notworthy:

Angelica:
More julle, bloos ek al die pad vir die aanwysings.
Maar dit is maar goed so, Hannes, ek loop somme tot daar waar jy my nie kry nie.
Ek moet net vir julle se dat ek hierdie geskryf het terwyl ek 'n migraine gehad het.  Die wereld was een grys massa en my oge amper toe geswel. Gister oggend was ek nog bietjie bewerig en taamlik ge-disorienteerd.  Maar nietemin, my woorde het die Forum gehaal.
Nou daar waar ek se Law & Ingels, daar weet ek darem nie of dit so is nie.
Daar moet eintlik staan 'Hillcrest Estate'.  Hillcrest Estate het 'n restaurant sommer net daar anderkant die draad tussen die bome en as jy daar jou sit gekry het, staan jy nie maklik weer op nie.  Die uitsig is asemrowend na die weste toe.  Ek weet nou nie hoe die sonsondergang van daar af is nie, maar ek kan my indink.
As ek enige 'stalkers' na dese het, sal hulle beslis by My Street verdwaal.
Groete to volgende keer.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version