Author Topic: Wilhelm maak vir Ouma bang  (Read 9708 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Wilhelm maak vir Ouma bang
« on: February 13, 2012, 08:11:01 PM »
Biologieklas. Die enigste klaskamer met twee deure. Een lings voor en een regs voor.
 Tussen die twee, die werksbank/lessenaar en die swartbord.
 Teen die linkerkantse muur was daar nie vensters nie maar kaste met glasdeure. Vanuit die kaste het witgebleikte gebeendere en kopbene vir jou gegrynslag. Uit een kas het rye glaspotjies gestaan waaruit fetusse, in verskillende stadiums van ontwikkelings, vir jou gewaai het.
 Die klaskamer was taamlik hoog gebou en die agterste en regterkantste mure het outydse vensters gehad. Daai houtrame wat op en af geskuif het met die klein blokkies glas.
 Agter in die klas, aan die linkerkant, was daar ‘n valdeur in die vloer.
 Soos gewoonlik het Wilhelm agter in die klas gesit. By die venster en die valdeur.
 Die Biologie onderwyser was met langverlof en is afgelos deur ‘n ouerige afgetrede dame. Om die waarheid te se, sy was al by bewe-oud verby. Jy weet mos. Daai stadium waar sy nie meer haar koffie hoef te roer nie. Sy tel net die koppie op.
Met alle nodige respekte het ons haar “Oumatjie” gedoop.
 Binne die eerste paar lesse kom ons agter dat Oumatjie ‘n senuweeagtige wese is wat ook met ‘n bietjie verstrooidheid stoei.
 Dit laat Wilhelm besluit om die water te toets.
 Hy stap eerste die klas in, sit sy tas by sy bank neer en klim dadelik deur die agterste venster. Ons besef dadelik hier kom ‘n ding en Oumatjie is vreeslik in haar skik dat ons “vandag so soet is.”
Sy het net begin klas gee toe daar ‘n klop aan die linkerkantste deur is. Ons ignoreer dit en sy moet self oopmaak.
 Dis Wilhelm. Hy verduidelik grootoog aan Oumatjie dat hy die vorige periode sy tas agter in die klas vergeet het. Sy teken heftig beswaar aan want sy het nie die vorige periode klas gehad nie. Wilhelm wys egter na die lee bank met die eensame tas daarnaas en sy laat hom maar toe om die tas te gaan haal.
 Toe Wilhelm weer uit is begin ons deur vir Oumatjie te vertel dit spook in die klas met sy baie kopbene en fetusse. Blykbaar glo sy nie in spoke nie.
 Tien minute later is daar ‘n klop aan die regter deur. Wilhelm is vreeslik jammer dat hy laat is vir die klas want hy moes eers die skoolhoof gaan sien. Hy wys haar die “briefie” van die skoolhoof. Sy frons maar laat hom in.
Terwyl sy die werking en funksies van die alveoli verduidelik verlaat Wilhelm en sy tas weereens die klas deur die agterste venster om te gaan vars lug skep.
Tien minute later.
Dringende klop aan die deur.
 Wilhelm. Vol grond en swart hande. Jammer hy kom nou eers by die skool aan, maar sy fiets se wiel het gebars en toe val hy van die fiets af.
 Maar jy was mos al in die klas?
 Nee Juffrou. Juffrou het haar seker verbeel. Vra maar die res van die klas. (wat natuurlik saam met Wilhelm stem)
Volgende biologie periode vind ons al die glasdeure is met swart papier toegemaak en Wilhelm word soos ‘n valk dopgehou. (Terwyl ons hom ignoreer soos ‘n stopstraat.)
 Oumatjie kry ‘n besoeker en terwyl sy hom by die deur afsien verdwyn Wilhelm en sy tas in die valdeur onder die vloer in.
“Waar is Wilhelm?” Wil sy dadelik weet toe sy weer terug is in die klas.
 “Hy was nog nie vandag in die skool nie Juffrou.”
 Oumatjie word wit en gaan aan met die les.
 Intussen het Wilhelm tot onder die linkerkantse deur gekruip. Hier aangeland gebruik hy sy liniaal en klop aan die houtvloer by die deur.
 Ons ignoreer die dringende geklop tot Oumatjie maar opstaan en die deur gaan oopmaak. Niemand.
 Sy kyk op en af in die gang, maak die deur toe en gaan weer aan met klasgee.
 Weer die klop. Weer maak Oumatjie oop. Weer niemand.
 Dit herhaal so drie keer voor Oumatjie besluit sy maak dalk verkeerde deur oop. Sy loop na die ander deur. Ook niemand.
 By die tyd steek Oumatjie se gesigverf al helder af teen haar bleek gesig. Blykbaar is dit net sy wat die geklop hoor.
 Weer die klop aan die deur. Weer maak Oumatjie oop. Weer niemand. Die keer maak sy die deur toe maar bly staan met die deurknop in haar hand.
Sy wag.
 Wilhelm wag.
 Sy wag.
 Wilhelm het lank genoeg gewag. Hy klop weer.
 Oumatjie ruk die deur al op die eerste klop oop. Daar staan sy by die oop deur. Niemand by die deur nie maar die geklop gaan nog so bietjie aan.
 Oumatjie storm daar uit. Reguit na die hoof se kantoor.
 Ons was vir twee weke sonder biologie onderwyser voor Mnr. Smit daar kom aflos het.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #1 on: February 14, 2012, 12:02:15 AM »
 :toothy4: dat almal in die klas hulle pose kon hou gaat my verstand te bowe  :evil6:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #2 on: February 14, 2012, 05:11:48 AM »
Julle swerkaters, om 'n arme oumens se siel so te versondig!  :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #3 on: March 28, 2012, 01:40:37 PM »
Weereens loop ek al die lekker stories mis....

Maar nou dat ek agter gekom het my unread post werk nie altyd so lekker nie, loer ek nou oral in en vind sulke lekker stories...

Welgedaan ou maat.   :love7:

 :angel12:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #4 on: January 18, 2019, 04:28:10 AM »
Hahahahaahaha, ek lag asof ek nog nooit gelees het nie  :hello2: :headbang: :icon_biggrin: :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #5 on: January 23, 2019, 09:17:58 AM »
Hierdie sluit nou mooi aan by vandag se bydrae Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wilhelm maak vir Ouma bang
« Reply #6 on: January 23, 2019, 09:50:03 AM »
 :icon_biggrin: :notworthy: :icon_salut: