Author Topic: My Pa se Bad  (Read 4486 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
My Pa se Bad
« on: April 12, 2012, 07:53:42 PM »
Daar in die dorp waar ek grootgeword het, het die Mislike Paliteit baie moeite gedoen met die menslike afval. Dit is in groot damme gepomp waar dit deur ‘n skoonmaakproses gegaan het. Van die eerste dam, wat nog baie vol stro..oi was, tot die laaste waar die water amper drinkbaar skoon was. Die hele plek het na Dettol geruik.
Tussen die damme het hulle voetpaadjies gemaak, en pragtige bome geplant. Treurwilgers en ander bome. Die gras en bome was praggroen en het getier in die aarde se sappe. Paradyslike omstandighede. Self die treurwilgers het geglimlag.
En hier kon jy Sondae verniet gaan piekniek hou.
My pa moes vir sy firma iets daar gaan installeer en het so die plek ontdek. (Uit die aard van die saak was die plek, ten spyte van die pragtige omgewing, nie ‘n gewilde piekniekplek nie.)
So gaan ons die Sondag daar piekniek hou. Oupa en Ouma gaan saam. Ek was so vyf en my boetie so twee jaar oud.
Die kombers word op die mooiste, groenste gras oopgegooi en die dikkefrelletjies en eierbroodjies uitgepak. Jannie verjaarkoeldrank gegooi vir die kinders en vaaljapie vir die grootmense. (My pa het nooit baie betaal om dronk te word nie.)
Ek loop saam met Pa en Oupa om die plek te verken. So ‘n entjie van die kombers af is daar ‘n eilandjie in die dam, so ‘n meter van die wal af. ‘n Pelikaan het daarop nes gemaak in die gras. So drie of vier eiers in die nes. (Kan nie meer lekker die detail onthou nie). Oupa vertel my hoe lekker pelikaaneiers smaak en my pa besluit net daar dat die eiers uit die nes gehaal moet word sodat sy oudste kan proe hoe dit smaak.
Hy staan so ‘n paar tree terug om ‘n lekker aanloop te kry, hardloop en spring op die eilandjie.
Groot fout. Dit is die eerste dam en die eiland is nie geanker nie. Dis ook nie so solied soos dit lyk nie. Dit dryf.
My pa sak in slow-motion dwarsdeur die eiland. Gelukkig vir hom is die dam maar vlak en toe die eiland sy armholtes kielie tref sy voete grond. Daar loop hy toe wal toe, omring deur ‘n stro..oi-eiland.
Dit was die diepste wat ek my pa ooit in die stro...oi gesien het. Tot vandag toe dink ek aan daai toneeltjie as ek in die poef is en dan glimlag ek maar en gaan weer aan.
Die einde van die saak... My ma moes inderhaas die piekniektafel afdek terwyl my pa van sy stro...oi-deurtrekte klere ontslae raak en homself poedelnakend in ‘n stroompie afspoel.
Sy klere het ons net daar gelos. Hy het homself in die piekniekkombers toegedraai en oupa moes huis toe bestuur.
My tweejarige boetie se woorde toe ons by die huis afklim. “Mamma, Bokka het darem lekker in die kak geval nê.”
Ons was tot vandag toe nooit weer by daai plek waar my pa die stro..oibad gevat het nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: My Pa se Bad
« Reply #1 on: April 13, 2012, 01:16:50 AM »
:sign10: Mmmmm net toe ek weer 'n keer die geur van die dikkefrelletjies en broodjies wou inasem kom daar 'n asemrowende  :icon_bigsmurf: klankie deur toe jou pa so in slow-motion begin afsak. Jou boetie het met sy tweejarige wysheid dit pragtig gepas opgesom  :toothy4:
« Last Edit: April 16, 2012, 12:03:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My Pa se Bad
« Reply #2 on: April 13, 2012, 07:16:11 AM »
Ai jai jai, wat 'n ervaring!  Goed geskryf Naas. Dalk moet jy maar eendag gaan kyk of daar nie vars eiers is nie.  Vat liewers net jou visstok saam.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: My Pa se Bad
« Reply #3 on: April 14, 2012, 03:50:22 AM »
Ek eet nooit weer pelikaaneiers nie.
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: My Pa se Bad
« Reply #4 on: May 09, 2012, 01:01:02 PM »
Het ek nou lekker gelag terwyl ek die toneel in my oog gewaar waar vader so spring, en in die intrapslag sien, o hel hier is, bollie  ha ha ha ha ja Vader letterlik ha ha ha ha...  :toothy4:


 :angel12: