Author Topic: Flippen-mens  (Read 5837 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Flippen-mens
« on: February 10, 2012, 01:56:08 PM »
Nou het ek wragtag 'n klontjie oppie skouer.
Die oom weet my te vertel dat ek nie woorde kan gebruik wat nie in die woordeboek is nie. Hy is gekant daarteen want hy is 'n "taalpurist".
Nou kyk, ek is vreeslik bly iemand be-ywer hom nog vir die skoon en suiwer hou van my taal en drie goue sterretjies vir hom. Ek wens net hy het nie so 'n lelike vieslike anglisistiese woord soos "taalpurist" gebruik om homself mee uit te skel nie. (wonder of dit al in die nuutste woordeboek is? Weet wel dit word in Nederlands gebruik en aanvaar, maar dit het nog steeds 'n Engelse herkoms.)
"Wat is in elk geval verkeerd met die woord "olikrokkenosterstruiswyfkuiken of Steekjouneusiniemandanderssesake?"
Wonder waar sou die woordeboek gewees het as niemand nuwe woorde uitgedink het nie. Die woordeboek sou nie eers 'n naam of 'n buiteblad gehad het nie. :book1:
"TAALPURIST... ghu... kan jy dit nou oorvertel aan dowe mense?    :pottytrain2: :pottytrain5:



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: February 10, 2012, 02:05:27 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Flippen-mens
« Reply #1 on: February 10, 2012, 03:29:29 PM »
Ek glo solank daar nuwe woorde uitgedink word of gebruik word, lewe en groei ons Taal darem nog. Neologisme/nuutskepping. So ek hou van nuwe woorde. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Flippen-mens
« Reply #2 on: February 11, 2012, 07:30:06 AM »
Ag siestog vir hom Naas.  Ek dink nie nuwe woorde skep het iets met  suiwer taalgebruik te doen nie.  Ek lief nuwe woorde.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Flippen-mens
« Reply #3 on: February 11, 2012, 01:10:43 PM »
Ag tog, so 'n ou stuk steenkool!!  En daar gee ek sommer aan steenkool 'n nuwe betekenis.
Skop hom sommer onner sy jis.
Ek het 'n Afrikaanse woordeboekie by die werk. Die dingetjie is in 1954 uitgegee en is so dun soos 'n Gr 2 se wiskunde handboek.  Sowat van ongebruikte woorde het ek nog nie gesien nie. Nee, nie ongebruik, maar min gebruik. Jy vind net nie waarna jy soek daarin nie.  Nou hoe op dees aarde moet ons taal groei as ons nie olikrokkenosterstruiswyfkuiken 'n woord kan maak nie.  Woorde bestaan tog uit letters, enige letter en as dit betekenis het, dan is dit mos 'n woord.
Taalpuris !!!  Mfff... skop hom onder sy olifantihonnesemislikskommeljis    :bootyshake:.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Flippen-mens
« Reply #4 on: February 13, 2012, 02:02:52 PM »
Goeie genade!  Dink jy sy "dinges" sal ook werk?   :sign10:
In Pharos se Tesourus van Afrikaans is daar dikwels woorde wat jy nie in die HAT kry nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Flippen-mens
« Reply #5 on: February 19, 2012, 09:20:15 PM »
Die gomgat!  TAALPURIST nogal se hy?  eerder Laatmytaalstaanis
ek hoop jy het hom wakker geruk met mooi nuwe woorde Naas! :wave:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Flippen-mens
« Reply #6 on: February 19, 2012, 09:25:16 PM »
En 'n paar oues. Maar ek is mos nou nie eintlik 'n agressiewe tipe mens nie so ek het die maar saggies in sy oor geskreeu.
Die is heerlik om weer jou woorde op die forum te vang. Hier moet jy nou bly. Dit kan net lekkerder word.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Flippen-mens
« Reply #7 on: February 19, 2012, 09:31:04 PM »
die laaste twee jaar was maar  :sign10:   

maar nou is Vadertjie Tyd weer vriendelik met my ;-)

dis ook lekker om weer met jou te gesels - en so tussen hakkies - jy lyk goed hoor!  Mooi vir jou - Andre vorder ook vinnig ... ek verloor maar stadig aan die extra Willa's

Ek het jou grap so geniet Vrydag aand - ek moet dit vir my man vertel ha ha ha

en jou voorleesings ... ek dink ons moet Dig aande hou - met dieselfde atmosfeer as die boek launch ... dit was nou ongelooflik lekker - sksies vir die rooi woorde tussen in - ek is opgewonde ...

sksies ... is eksuus en sies sommer vir myself :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Flippen-mens
« Reply #8 on: February 19, 2012, 09:36:13 PM »
Ek dink seersekerlik ook so. Dit gaan dalk net nie ons sakke goed doen nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Flippen-mens
« Reply #9 on: February 19, 2012, 10:11:34 PM »
 :triplets:  mmm mens kan lekker aande reel sonder dat dit ons sakke ruk ...

koffie en tee en 'n happie kan altyd gou tussen almal gereel word :-)
en winter is voor die deur - dan kan ons val vir sop en tuisgebakte brood :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Flippen-mens
« Reply #10 on: February 20, 2012, 06:28:16 AM »
 :hello2:
Ons hou dit so elke ses weke en dit is baie lekker.  Elke ou bring maar net wat hy self by die huis sou eet.  Niks snaaks nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Flippen-mens
« Reply #11 on: February 20, 2012, 09:24:59 AM »
Ja en mens kan 'n klub kittie stig - waaruit mens die koffie/tee voorraad aan koop ...
en as elkeen 'n bordjie kougoed bring vir almal om van te smul - is alles gesort in 'n japtrap  :love7:

Ons moet net besluit op die lokaal - dalk kan ons daar in jouse nessie van Vrydag aand vergader Naas?

of as ons weet hoeveel - kan ons in iemand se huisie vergader - julle is welkom hier by ons as julle kan saam leef met 7 K9-kids   :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w