Author Topic: kindersegoed uit my eposmandjie  (Read 6684 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
kindersegoed uit my eposmandjie
« on: February 09, 2012, 01:13:02 PM »
Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie,
sê die kleinding, "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels."


Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe, "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?"
"Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede."
"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.
"Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.
Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa!"

 
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem.
Hy leun oor na sy ma toe en sê, "Moenie vir my betaal nie - ek is nog onder ses!"

 
'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin.
Uiteindelik fluister sy vir haar ma, "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?"

 
Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet.
Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe, "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

 
Jack het sy ma dopgehou terwyl sy kleinsus borsvoed. Na 'n rukkie vra hy,
"Ma, hoekom het jy twee - is een vir koue en die ander een vir warm melk?"

 
Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord dat sy nou al so oud is
dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. Melanie gee toe goeie raad.
"Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne sê vyf tot ses!"

 
Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek is so lief vir mamma -
as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!"

 
Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop
"Kinderproof" is en dat sy sal moet help. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?"

 
Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik.
"Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "Dit laat my tande hoes!"
   
 :grommit:
   

 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #1 on: February 09, 2012, 02:00:09 PM »
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #2 on: February 09, 2012, 02:53:53 PM »
Ag dankie Adéle, ek het dit nou so geniet, lekker gegiggel.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #3 on: February 09, 2012, 06:56:16 PM »
Kinners kan so ongelooflik "eerlik" wees.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #4 on: February 09, 2012, 10:16:19 PM »
aaaggg dits flippen CUTE!!!! ek kannie wag om my eie kindertjies te he nie
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #5 on: February 10, 2012, 02:06:59 AM »
Kostelik  :notworthy:!! Het dit ook lankal in ons woordeboek (ook van lankal  :toothy4:) gaan bewaar. Het gou nog so paartjies gaan leen om hier ook weer te deel:

Raakgeleesde Geestelike humor:
 
*Annerine: Daniël se vriende was Sadrag, Mesag, Appel en Mego.
 
*Gerda vertel haar neef het van Dawid en Oliegat gepraat.
 
*Rianda: My seun het verwys na "Vaal-oor" (Farao)... en Adam en Tefa (Eva).
 
*Mariska: Ek is 'n Gr 2 juffrou en ons middaggebedjie gaan so: " Dankie vir U leiding teer. Voedsel, kleding en so meer." Een van die mammas kom vra my toe een middag wat ons bid, want haar dogtertjie bid elke aand: "Dankie vir U leiding teer. Voedsel, kleurlinge en so meer......"
 
*Alida: Ek het my kinders, toe 8 en 10 jaar, die Bybelboeke se name geleer. Alles gaan goed tot ek by Kronieke kom. My seun haak af en sê Koringkrieke.

*Elsabe: Vriende van ons het tweelingseuntjies, die een was baie groter as die ander een. Een aand bid hulle, die kleinste eerste: "Liewe Jesus, ek is 'n kindjie klein, maak my hartjie rein..." Toe dit die groter enetjie se beurt is, bid hy "Liewe Jesus, ek is 'n kop groter as my boetie..."
 
EN NOG: Uit die mond van suigelinge
*WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?
 Vier-en-tagtig, want dan hoef 'n mens nie meer te werk nie, en kan julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy8).

*WAT DOEN MENS OP 'N AFSPRAAK?
 Op die eerste afspraak, vertel hulle net vir mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so geinteresseerd, dat hulle maklik op 'n tweede afspraak gaan. (Mike 10)

*WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE SOEN?
 'n Mens moet nooit 'n meisie soen, tensy jy genoeg geld het om vir haar 'n groot ring en 'n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd videos van die troue hê. (Jim 10)

*DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES, OF GETROUD?
 Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar nie vir seuns nie.Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette 9)
 Dit gee my 'n kopseer om net aan sulke dinge te dink. Ek is net 'n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny 7)

*WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR?
 Niemand is seker waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild is (Jan 9 )
 Ek dink jy is veronderstel om met 'n pyl geskiet te word, maar die res daarvan is nie veronderstel om so seer te wees nie. (Harlan 9)

*HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK?
 Soos 'n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger9)
 As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7)

*HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR, HANDE VAS?
 Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie, want hulle het baie daarvoor betaal? (Dave8)

*OPINIES OOR DIE LIEFDE?
 Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl "The Simpsons" op televisie is nie. (Anita 6)
 
Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry.(Bobby8)
 
Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik genoeg.(Regina 10)

*WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM 'N GOEIE MINNAAR TE WEES?
 Een van julle moet weet hoe om 'n tjek uit te skryf. Want al het julle tonne liefde, gaan daar nog steeds hope rekeninge wees. (Ava8)

*MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK?
 Vertel hom dat jy 'n hele klomp lekkergoed winkels besit. (Del 6)

*HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS VERLIEF?
 Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet jy hy is verlief.(John 9)
 
Dit is beslis liefde as hulle een van daardie poedings wat aan die brand is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe hulle harte voel, aan die brand. (Chistine 9)

*HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?
 Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie, in plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom 7)
 
Moenie jou vrou se naam vergeet nie .............. Dit sal die liefdes storie heeltemal opmors. (Roger8)
 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #6 on: February 10, 2012, 07:43:57 AM »
Seuntjie aan ma:
"Ek wil graag 'n boetie hê vir Kersfees."
Ma: "Daar is te min tyd daarvoor my kind."
Seuntjie: "Maak dan soos Pappa en sit meer manne op die job!!!!!"
 
Seuntjie vra sy ma:
"As binne egtelike kinders deur die ooievaar gebring word waar kom buite egtelike kinders vandaan?"
 Ma antwoord:
"Rondloper voels!!!!!!!!!!! "


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #7 on: February 10, 2012, 11:30:26 AM »
Ek het nou weer feesgevier tussen die kosbare lyne.  Dankie julle, vir die aandra. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #8 on: November 10, 2015, 04:27:52 AM »
Ek bulder ons gas skoon weg  :toothy4: :hello2:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #9 on: November 10, 2015, 09:14:35 AM »
 :icon_biggrin:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #10 on: November 10, 2015, 04:35:44 PM »
ek verlang al hoe meer na 8 jaar gelee'

o ja, en ek het nou eers sooo lekker gelag, genoeg om my kruikie weer vol te laai
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #11 on: November 10, 2015, 11:00:44 PM »
Ek het gister 'n gas skoon weggebulder toe ek weer lees van die rondlopervoels  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kindersegoed uit my eposmandjie
« Reply #12 on: December 09, 2015, 09:44:17 AM »
Dit bly juweeltjies Raaitjie en is altyd lekker om weer te lees.
Om te weet is om te verstaan.