Die kuierstoep > Die Gorrel plek

kindersegoed uit my eposmandjie

(1/3) > >>

adele:
Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie,
sê die kleinding, "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels."


Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe, "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?"
"Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede."
"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.
"Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.
Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa!"

 
Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem.
Hy leun oor na sy ma toe en sê, "Moenie vir my betaal nie - ek is nog onder ses!"

 
'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin.
Uiteindelik fluister sy vir haar ma, "As ons nou vir hom die geldtjies gee - sal hy ons dan laat gaan?"

 
Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet.
Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe, "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

 
Jack het sy ma dopgehou terwyl sy kleinsus borsvoed. Na 'n rukkie vra hy,
"Ma, hoekom het jy twee - is een vir koue en die ander een vir warm melk?"

 
Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord dat sy nou al so oud is
dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. Melanie gee toe goeie raad.
"Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne sê vyf tot ses!"

 
Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek is so lief vir mamma -
as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!"

 
Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop
"Kinderproof" is en dat sy sal moet help. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?"

 
Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik.
"Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "Dit laat my tande hoes!"
   
 :grommit:
   

 

Fransi:
 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Trapsoetjie:
Ag dankie Adéle, ek het dit nou so geniet, lekker gegiggel.

 :angel12:

Naas:
Kinners kan so ongelooflik "eerlik" wees.




 :icon_bigsmurf:

Chichi:
aaaggg dits flippen CUTE!!!! ek kannie wag om my eie kindertjies te he nie

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version