Author Topic: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?  (Read 7923 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« on: February 08, 2012, 11:24:30 AM »
Ek het laas jaar besluit die jaar wil ek iets doen, iets wat my kop skoon gaan kry. Iets wat ek op kan konsentreer dalk sal al die apies wyk wat nooit wil wyk nie.   :munky2:

Ek het lank oor dit getop en het op 'n hele paar goed afgekom.

Ek kon besig bly met studies (nie dat ek leeglêtyd het nie  :evil6: ) Elkgeval toe kom die groot besluit WAT?

Ek kan 'n 4de taal aan leer. Frans, het 'n vriendin wat Frans en Italians praat. Duits, het baie vriend wat daarmee kon help en so gaan ek deur 'n hele spul verskillende tale. MMmmm Nee weet nie.

Ek kom van 'n baie musikale familie, dalk moet ek verder gaan in dit. Ek kan dalk kitaar lesse neem, daai een wat die man se vingers vir gin oomblik stil staan op die snare nie. Eish dis mooi. MMm weet nie.

Toe dink ek nee wat, dalk moet ek weer begin met Perd-ry en verder gaan in my Dressaging. So dis hoe dinge vir my lyk die jaar, ek gaan kyk of ek dit verder kan vat, maar soos die noodlot dit wil hê gaan dit blykbaar nie 'n maklike taak wees nie.  :munky2:

Is daar dalk iets wat jy wou doen, maar nog nooit die tyd of geld of geleentheid daarvoor gehad het nie?

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #1 on: February 08, 2012, 12:54:36 PM »
Ek wil vir 'n maand lank in die Hel gaan bly en net skilder.
Ek wil al die passe in die drakensberg gaan ry, en fotos neem om te skilder.

FFFFFFFFFvelskoen... Smaak my ek moet die Lotto wen.
Ek wil Aprilmaand my boek klaar gedruk he.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #2 on: February 08, 2012, 12:57:23 PM »
So baie baie baie dinge! Ek begin gereeld met iets nuuts, maar dan kom daar 'n nuwe idee en wil ek eers daaraan werk en op die ou end het ek net klomp halfklaar goeters en net 'n klein bietjie kennis. :-) Miskien my M in KRM of dalk selfs aangaan in Sielkunde. Beeldhou-werk, sweis, landscaping beslis lg. sodat ek my greenman in die tuin kan maak en waterval-poel. O, en om nie net te loodglas nie, maar verskillende kleure glas te kan sny in vorms en saam te smelt. Pottebakker te kan wees. Miskien iets heeltemal anders swot soos bv. om kunswerke te kan restoureer. Hoe om op 3DMax te kan werk, viool te kan speel, hoe om my humeur te beheer, regtig onvoorwaardelik lief te kan hê en... en... en...  :icon_biggrin:

Regtig 'n briljante kunstenaar word.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #3 on: February 08, 2012, 01:01:30 PM »
Sorry.
Sien nou eers ek moet iets leer.
Sal graag wil leer lees.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #4 on: February 08, 2012, 01:04:40 PM »
Amper verstaan ek verkeerd!  :icon_biggrin:
Al pas wat ek in die Drakensberge ken is die Sanipas.  
Lesotho het ook pragtige passe.  

Trappies, dit klink my jy sal ook nog 'n paar jaar nodig hê om alles te doen wat jy graag wil doen.
Ek wil nie meer gebonde wees aan tyd en afsprake nie en my ou kop is al so vol allerhande goeters, ek weet nie of daar nog plek op my hardeskyf is nie, maar teen die tempo wat ek dinge vergeet, kan daar dalk nog baie plek wees.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #5 on: February 08, 2012, 01:18:46 PM »
Sorry.
Sien nou eers ek moet iets leer.
Sal graag wil leer lees.




 :icon_bigsmurf:

Oi jy het die gawe om my altyd te laat lag. Moenie laat jou kêners dit hoor nie. Dan gaan jy eers 'n probleem hê.  :icon_biggrin:

Ek dink soms ek het die selfde probleem PM, dis hoekom ek nou op iets wil fokus dalk plak die grys gom die ander goed vas waar dit hoort.  :munky2:

O Fransie, so bly om te hoor ek is nie al een wat dit doen nie. Altyd gedink ek is verstrooid verby. Mense tuis het my maar laat gaan nou het ek omtrent 'n kamer nodig vir al my goete.  :color:

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #6 on: February 08, 2012, 01:37:54 PM »
 :icon_biggrin:

Ek het ook nou al 'n kamer of twee vol van my verskillende fase "projekte"  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #7 on: February 08, 2012, 03:34:08 PM »
Fransi, jy is dan al klaar 'n briljante kunstenaar! Jou sketse in die boek is van uitstaande gehalte, as ek maar net helfte so goed kon wees.  Jy toor ook met woorde. 
Ons is gelukkig om 'n paar uitmuntende kunstenaars hier op die forum te hê.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #8 on: February 08, 2012, 05:59:14 PM »
Baie dankie PM.

Veral met my verfwerk is daar egter nog ruim kans op verbetering- hoop ek. ;-) Ek sal regtig so goed soos die ou Meesters of Carder wil word. Ek sal maar nog baie moet oefen. :-)

Ons is beslis. Dit is altyd baie lekker om almal se kunswerke te sien, of dit nou woorde, foto's of prentjies ens. is.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #9 on: February 08, 2012, 07:00:08 PM »
sal ek dit ooooit regkry om my tyd beter te gebruik?
ek sal net tyd wil maak om meer te skryf.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #10 on: February 08, 2012, 07:42:37 PM »
Fransi,  loodglaswerk is heerlik. Ek het klasse geloop in 2000 net nadat ek ophou werk het. Het gedink om vensters en deure te maak.  Maar die ou wat die klasse aangebied het, wou my ander goedjies leer. Toe hou ek maar op.
Die glas is baie duur, vernaam die rooi.  Elk geval, ek het toe nooit weer dit gedoen nie.
Wat ek nog wil leer....   :dontknow:  Ek dink op hierdie stadium is my kop te voos om enigsins iets te wil leer.
Dalk hervat ek my rekenaarklasse. Dalk skakel ek my oond aan, verjaag die kokkerotte en leer hoe om cupcakes te maak en versier.  Mal oor 'n mooi cupcake.
Eendag as ek ryk is, gaan ek 'n koffiewinkel erens in Groenpunt besit en ek gaan aan julle cupcakes, selfgebak en versier, bedien. Maar julle sal moet uithaal en wys, daai note, bloues. My cupcakes gaan nie cheap wees nie.
Dis dalk wat ek nog gaan leer.
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #11 on: February 09, 2012, 05:03:51 AM »
Koekversiering is 'n kuns op sy eie.  As jy eers begin gaan jy by troukoeke opeindig of dalk suikerbeeldhouwerk.   :icon_biggrin:
As jy jou koffiekafee het, laat weet waar, ons sal jou kom ondersteun.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #12 on: February 09, 2012, 08:19:47 AM »
Beslis ja! My beste vriendin (wat ek ongelukkig so bitter selde fisies sien) hou ook daarvan om koeke te versier. Die wat ek al gesien het lyk pragtig. Amper te mooi om te eet.

Angelica as jy wortel- cupcakes maak, dink ek sal selfs van hier doer af jou beste klant wees. :-)

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #13 on: February 09, 2012, 10:29:13 PM »
ekke dink ek nog in die begin fase van leer, tans doen ek my nagraadse kwalifikasie in gespesialiseerde skoonheid, en ek leer russies.

In die toekoms sal ek daarvan hou om 'n koek kurses te doen, soos daai wat jy dan troukoeke en ek weet nie, 'n barbie princess fairy troukoek bak, ooo en ek wil gaan vir 'n sushi maak kurses, en ek dink ek sal daarvan hou om weer te gaan vir 'n paar kuns klasse.

Mamma het laasjaar vir my 'n BERNINA gegee, apparently is diet die Rolls Royce van naaldwerk masjiene, ek wil klasse loop om die ding ook te maak werk. Want ek weet nog net waar om hom in te plug, en so paar klein goedjies.
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wat sou jy graag in die toekoms nog wou leer?
« Reply #14 on: February 10, 2012, 11:37:04 AM »
Vat die masjien na Bernina toe Chichi, hulle sal jou gou touwys maak. 
Om te weet is om te verstaan.